Hoëveld kry ’n nuwe span leiers

Kyk ook:

Die Hoëveldsinode is pas verby en André Bartlett is verkies tot die nuwe moderator.

Bartlett is een van die groot gay kampvegters in die NG Kerk.

‘n Mens was onder die indruk dat die deursnit NG lidmaat homoseksualiteit as sonde sien en dat hulle geskrik het na die 2015-besluit oor SGV.

Dit is duidelik:

  • Óf die leiers van die NG gemeentes in die Hoëveldsinode is salig onbewus wat in die NG kerk aangaan in terme van die gay-kwessie,
  • óf die gay-kwessie is nie vir hulle belangrik genoeg nie,
  • óf hulle is progay.

As die NG Kerk leiers sulke dinge toelaat, gaan die 2015-besluit baie vinnig herhaal word…

********

Hoëveld kry ’n nuwe span leiers | Kerkbode

18 Oktober 2018, Neels Jackson

Dr André Bartlett is deur die NG Kerk se Hoëveldsinode tot nuwe moderator verkies. Hy het die vorige termyn as assessor van die sinode gedien.

Bartlett is predikant van die gemeente Johannesburg, ’n middestadsgemeente wat hy as “die armste gemeente in die sinode” bestempel. Tog, sê hy, is dit ’n lewenskragtige gemeente waarin ’n Bybelstudie op ’n Saterdagmiddag deur 70 mense bygewoon kan word.

Die meeste lidmate is nie wit nie, en benewens die lidmate is daar ook nog mense van lande reg oor Suider-Afrika wat die eredienste bywoon.

Bartlett is ook hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Bedieningsontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria. Daarby behartig hy ook Kerkbode se rubriek “Kerk en kuns”. Hy is die skrywer van die boek Weerlose weerstand oor die verloop van die gesprek in die NG Kerk oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Bartlett is van die sterkste stemme in die NG Kerk ten gunste van die volledige erkenning van gay verbintenisse deur die kerk.

Hy volg dr Hugo van der Linde op wat aangedui het dat hy nie nog ’n termyn wil dien nie.

Die nuwe assessor (ondervoorsitter) is ds Hannes Windell van die gemeente Sonhoogte in Germiston. Hy het voorheen 8 jaar lank as Hoëveld se aktuarius gedien, en maak nou na ’n afwesigheid van ’n paar jaar weer ’n terugkeer tot die moderatuur.

Dr Bertus Koorts, ouderling van die gemeente Primrose-Oos is herkies as skriba van die sinode, ’n pos waarin hy reeds 6 jaar lank dien. Hy is ook die algemene kantoorbestuurder van die Hoëveldsinode.

Dr Johan Botha van die gemeente Edleen in Kemptonpark is verkies tot aktuarius (kerkregkundige). Botha was verras met sy verskiesing omdat hy nie voorheen op die terrein van kerkreg gewerk het nie.

Hy was in die vorige termyn die leier van die sinode se diensgroep Diensgetuienis. Die missionale diakonaat is eintlik sy terrein. Hy het na sy verskiesing geskerts dat hy dalk met dié agtergrond ’n sagte kant na die kerkreg sal bring.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui