UP Fakulteit Teologie stel godsdienste gelyk

Kyk ook:

Soos die Universiteit van die Vrystaat, stel die Universiteit van Pretoria nou lyk my godsdienste gelyk. Die volgende nuwe logo is bekend gestel:

Hier volg die bewoording:

Dear Students

The evolution of House Theology and Religion

It is with great pleasure to announce a new logo for House Theology and Religion.

A description of the new logo and what it means: The open book represents the sacred scriptures that form the foundation/roots of all religions, Christian or not. The “T” shape represents half of the cross, in remembrance of the fact that we started as a Christian only faculty and that, although we are gradually expanding to include other religions, the Christian tradition will still be a prominent part of the faculty’s teaching. This is the reason for the different branches growing out of the cross – they are a symbol of these new beginnings and expanding opportunities for more religions to also flourish in the faculty, especially in terms of postgraduate studies and research.

We would like to thank Stefni Jacobs for developing the initial idea for the logo, which brought all our different ideas together into one image. We should also like to thank the Kocojelly design team for assisting us with the formal logo design process.

Sommiges sal probeer verdedig met argumente soos:

Die Universiteit kan nie spesifieke gelowe voortrek nie.

Goed, maar gaan die NG Kerk se teologiese fakulteit dit bloot net so aanvaar? En wat van die NG Kerk self? Gaan die NG Kerk voortgaan om voornemende predikante daarheen te stuur vir opleiding?

Christene kan nie hulself uit die wêreld onttrek nie.

Dit is waar, maar die Bybel sê dat ons nie gelyk moet word met hierdie wêreld nie. Dit is duidelik dat gelowe gelyk gestel word, ten spyte van die feit dat “die Christelike tradisie ’n prominent deel van die opleiding wees.”

Opdatering, 7 November 2019

Chris Saayman het die volgende op Facebook geplaas:

Ek was nou telefonies in gesprek met die vise-dekaan van die Fakulteit Teologie en Religie by UP – Prof Ernest van Eck. Die nuwe logo behoort tot die Studentekomitee en die verduideliking van die simboliek kom ook van hulle af en was onderling tussen die lede versprei. Dit is dus nie ’n hoax nie. Dit is egter nie die logo van die Fakulteit nie. Prof van Eck reken dat dit onskuldig bedoeld was, maar hy is bekommerd oor die verwarring wat dit op sosiale media veroorsaak het en die Dekaan sal met die Komitee daaroor in gesprek gaan. MY GEVOLGTREKKING: Wat wel betekenisvol is, is die feit dat dit die tipe denke is wat sonder twyfel by die studente leef en wat so volkome in lyn is met die klanke wat op ander plekke in die NG Kerk opklink – tot so ver suid as Stellenbosch en die Kaapse middestad!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui