Wie is Andries van Aarde?

Andries van Aarde is ’n teoloog van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Hy was ook betrokke by die Jesus Seminaar.

Andries van Aarde (8 May 2022, Ferdie Mulder)

Hier volg ’n opsomming van sy teologiese sieninge:

  • Hy glo nie in Jesus se Godheid nie (maagdelike geboorte, wonderwerke en opstanding)
  • Glo nie in Jesus se versoeningsdood nie.
  • Voorstaander van selfdegeslagverhoudings

In sy boek Fatherless in Galilee, spekuleer hy onder andere oor die volgende:

  1. Wie Jesus se ma was.
  2. Jesus was ‘n buite-egtelike kind. Dus was Jesus nie maagdelik verwek nie.
  3. Die moontlikheid dat haar man haar gelos het pas nadat Jesus gebore is (dus het Jesus sonder ’n vader groot geword).
  4. Die rede vir Jesus se kruisiging was heel moontlik agv konfrontasie met die owerhede.
  5. Bevraagteken Jesus se wonderwerke.
  6. Jesus se Godheid.

(Kyk Kommentaar op Jurie le Roux se artikel “Andries van Aarde se vaderlose Jesus”.)

Op Sondag 3 Mei 2015 sê Jurie van den Heever op die radioprogram, Hoe verklaar jy dit? van RSG die volgende:

Dan moet ’n mens die goed lees van internasionaalbekende teoloë soos Andries van Aarde van die Hervormde kerk wat die boek geskryf het Fatherless in Galilee, waar hy op grond van konteks, van hermeneutiese uitleg, op grond van die kultuuromgewing van die tyd op ’n baie oortuigende manier aangetoon het dat Jesus ’n buite-egtelike kind was. Hy was ’n mens en hy was ’n buite-egtelike kind en Hy het gepreek vanuit daardie konteks uit vir die armes en vir die kinders.

In The cradle of the church skryf Andries van Aarde onder andere:

“The establishment of the church is, therefore, not to be traced back to a foundational event in the life of the historical Jesus. After Jesus’ brutally maltreated body had not been laid in a family tomb, Jesus arose in the kerygma. In other words, Jesus lived on through the retelling of his cause”

Hier volg nog artikels wat meer oor Andries van Aarde vertel:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui