NG Kerk aanvaar voorstel: ‘Kerkrade moet self besluit oor gay verhoudings’

Kyk ook:

Die NG Kerk het amptelik die homoseksuele sonde genormaliseer in die kerk. Nou is daar geen omdraaikans meer nie.

************

NG Kerk aanvaar voorstel: ‘Kerkrade moet self besluit oor gay verhoudings’

08 Oktober 2015 07:37

Die debat oor die status van eengeslagverhoudings in die NG Kerk sal Donderdagoggend tydens dié kerk se algemene sinode gevoer word. Netwerk24 se Claudi Mailovich berig regstreeks hieroor.

Die NG Kerk se algemene sinode het gekies om vorentoe te beweeg in die kerk se standpunt rondom selfdegeslag verhoudinge.

Voorstel twee van dr. André Bartlett is aanvaar met 102 stemme teenoor die 88 stemme wat dr. Chris van Wyk se voorstel aanvaar het.

Voorstel 2 is dat die besluit oor gay verhoudings in die kerk aan die onderskeie kerkrade oorgelaat word.

Bartlett se voorstel wat as substantiewe voorstel aanvaar is, sal die hart van die pad vorentoe wees, al kan dit steeds geamendeer word deur die voorstellers en hul sekondante.

Die finale voorstel sal met ’n tweede ronde stemme gefinaliseer word.

In effek het die NG Kerk se algemene sinode besluit die tyd om net aan te hou met navorsing en nie ’n besluit te neem nie, is verby.

“Ek is oorbluf, maar ek dink dis ’n groot stap vorentoe vir die herstel van die gelykwaardigheid van al ons kerk se gay-lidmate,” het Bartlett direk ná die bekendmaking van die stemme gesê.

Bartlett se voorstel vra in die stadium dat daar verklaar word dat hetero- en homoseksuele paartjies wat in ’n verhouding van “persoonlike geloofsgehoorsaamheid met die Here leef” ten volle moet kan deelneem aan al die voorregte van die kerk.

Hulle herbevestig dat ’n huwelik tussen een man en een vrou is, maar dat burgerlike verbintenisse tussen gay mense in die kerk bevestig kan word deur predikante wat “hulle weg oopsien” om dit te doen.

Verder word daar nie addisionele voorwaardes, soos die selibaatsklousule, aan gay-lidmate gestel nie.

Diskresie word aan die kerkrade gegee om hul eie standpunte en praktyke hieroor te formuleer en te reël, juis sodat niemand gedwing moet word nie, omdat daar so ’n diverse hoeveelheid standpunte in die kerk hieroor is.

“Dit gaan nie net oor ’n interessante veld van studie soos die wetenskap nie.

Dis ’n saak wat mense se lewens reeds raak. Dis ’n saak waar die menswaardigheid van lidmate reeds geraak word,” sê dr. André Bartlett.

Dis ’n saak van Bybelse geregtigheid, volgens Bartlett wat vra dat mense menswaardig en gelykwaardig hanteer word.

“Oor jare het ons reeds studies gedoen, nou word daar weer gevra vir verdere studie oor ’n saak wat ons reeds oor weet.

“In ’n groot mate mate kry ek die gevoel, ’n groot deel van ons huiwering word bepaal deur die vraag of ons gemeentes reg is of nie? Wat sal die reaksie wees. Daar is sprake oor vrese van skeuring.”

Bartlett wil nie hê die kerk moet skeur nie.

Hy gaan voort deur te sê daar is derduisende lidmate, hul ouers, van hul vriende, wat oor jare heen van die kerk vervreem geraak.

“Mense wat oor baie jare die prys betaal het, moet nou die reg gegee word.”

Daar is gestem oor albei voorstelle. Die stemme is gemaak. Oomblikke nadat die stemme op die papiertjies neergeskryf word, lig die atmosfeer in Affies se skoolsaal.

Wat die resultaat egter is, wis ek in die stadium nie.

Ds. Nelis Janse van Rensburg sê die voorstel wat aanvaar word, is oop vir amendemente mits dit nie die hart daarvan raak nie.

Dit kan aangepas word deur die voorstellers en hul sekondante.

Dr. André Bartlett wil nie sy standpunt motiveer nie.

Hy sê hy wil net die sinode inlig oor wat die voorstel behels. Hulle vra dat daar verklaar word dat hetero- en homoseksuele paartjies wat in ’n verhouding van “persoonlike geloofsgehoorsaamheid met die Here leef” ten volle moet kan deelneem aan al die voorregte van die kerk.

Hulle herbevestig dat ’n huwelik tussen een man en een vrou is, maar dat burgerlike verbintenisse tussen gay mense in die kerk bevestig kan word deur predikante wat “hulle weg oopsien” om dit te doen.

Verder word daar nie addisionele voorwaardes, soos die selibaatsklousule, aan gay-geligitimeerdes gestel nie.

Diskresie word aan die kerkrade gegee om hul eie standpunte en praktyke hieroor te formuleer en te reël, juis sodat niemand gedwing moet word nie, omdat daar so ’n diverse hoeveelheid standpunte in die kerk hieroor is.

Daar is ’n meerderheid van stemme teen die beskrywingspunt en dit word nie aanvaar nie.

Dr. Chris van Wyk is nou aan die woord oor voorstel 1, wat breedweg vra dat:

Daar voortgegaan moet word met die proses wat in 2013 deur die opdrag van die algemene sinode van stapel gestuur is.

Die voorstel vra onder meer dat die taakspan uitgebrei moet word sodat daar ekumeniese en teologiese vennote kan bykom om meer op die status van selfdegeslagverhoudings in die lig van die Skrif te fokus.

Middagete is verby.

Dr. Frederick Marais, wat die gesprek tussen die twee voorstellers en hul sekondante fasiliteer het, sê dit blyk dat daar tussen die twee voorstelle ’n verskeidenheid van voorstelle is wat tussen die twee kan werk.

Hy vra nou of hulle die sinode kan toets om te hoor of hulle gereed is om nou beleidsbesluite te wil neem, en of die sinode eers verdere studie voor die beleidsbesluit wil doen.

“Ons voel ons is by ’n Kairos-oomblik,” sê André Bartlett.

Die Oostelike Sinode se diensraad se beskrywingspunt, wat vra dat die besluite van 2007 herbevestig moet word, gaan nou hanteer word.

Die sinode breek nou vir middagete nadat ds. Nelis Janse van Rensburg voorgestel het die voorstellers en hul sekondante moet oor middagete praat en sien of daar êrens ruimte is tussen die twee voorstelle wat bespreek is.

Ná middagete gaan drie posises gestel word:

Die Oostelike Sinode se beskrywingspunt wat vra dat die besluite van 2007 herbevestig word. Daarna gaan dr. Chris van Wyk die eerste voorstel wat vandag bespreek is, motiveer, waarna dr. André Bartlett hul standpunt gaan motiveer.

Daar gaan met geslote stembriefies gestem word en die stemme sal dan getel word.

Buiten vir die stemproses aangaande die moderatuur, was daar sover nog net met rooi, groen en geel papiere wat in die lug gehou word, gestem.

Sien julle 14:00.

Johan Smook, voorsitter van Moreletapark se kerkraad sê hulle stem saam dat die kerk vir onperfekte mense is.

“Ons sien die seer wat hierdie mense het. En ons wil mense insluit.”

Hy beklemtoon egter dat hulle nie ’n leraar wil hê wat gay is nie.

Hierdie besluit kan verdelend wees. Die gemeente is nog nie reg hiervoor nie. Daar is nog rou emosie by die mense.”

Hy voel die kerk gaan mense verloor.

“Regtig, ons moet baie versigtig wees.”

‘n Ouderling vertel:

“By ons in die blanke gemeente in die dorp is daar twee pare , ’n manlike paar en ’n vroulike paar. Die een paar is al oor die 30 jaar in ons boeke. Maar vir meer as 30 jaar toe hulle uit die kas geklim het, is hulle verbied om kerk toe gegaan. Hulle voel verwerp.”

Net so het die manlike paartjie, wat jonk is, gevoel.

Eendag hou ’n voertuig stil en daar kom vier mense aangestap.

“Daardie vier mense. En ek vra ‘Here, wat nou?’ En die Here sê: ‘Liefde!'”

Hy het hulle gevra hoekom gaan hulle nie na die dorpkerk toe nie.

Toe kom die antwoord.

“Ons is nie welkom daar nie.

“Wat maak jou seker dat jy hier welkom gaan wees?”

“Broer, ons ken jou hart. Ons ken die hart van jou gemeente.”

Hy vra dat daar nie verder met mense se menswaardigheid gespeel word nie.

Ds. Magdeleen Sadie vra: Hoekom mag ek, sondige mens, in diens van God staan net soos wat ek is?

“Hoekom kan ons dit nie vir mekaar gee en wees nie?”

“Ek wil vra – stem net die wat nie sonde het nie, vir voorstel een.”

Prof. Nelus Niemandt sê dat hy nie dink dat dit lidmate sulke “popo’s” is soos wat hulle uitgemaak word nie.

“Ek het ’n paar keer gehoor, mense sê, maar die lidmate sal nie verstaan nie.”

Hy meen die lidmate verstaan, hulle wéét waaroor dit gaan.

“Liefde wen altyd. Ons lidmate weet dit. Ons kan maar besluite neem – hulle sal saam met ons wees.”

Prof. Malan Nel, wat voor Constand Viljoen gepraat het, sê die voorstel is om vandag “in die hart van priesters ’n profetiese tree te neem”.

Hy steun voorstel 2. Hy wonder hoekom die afgevaardigdes, met hul kennis van hermeneutiek, lidmate nie gehelp het om minstens deel te wees van die worsteling nie.

“Ons verbintenis van die Here gaan ons bymekaar hou. Nie ons saamstem oor goed nie.”

Dr. Willem Pretorius vra eerstens: “Watter tipe huwelik praat ons van? Daar’s 49 huwelike in die Bybel.”

Hy meen voorstel 1 gaan die kerk net laat stilstaan.

■ Voorstel 1 is dat daar verdere navorsing gedoen moet word.

■ Voorstel 2 is dat die besluit oor gay verhoudings in die kerk aan die onderskeie kerkrade oorgelaat word.

Oud.genl. Constand Viljoen wil ook hê daar moet meer gedink word.

Hy sê as die afgevaardigdes dan so deurmekaar is, hoe gaan die mense buite die vergadering nie dan voel nie.

“Dan gaan ons nie sit met ’n probleem soos kerkskeuring nie.”

‘n Afgevaardigde vra mooi: “Kom ons dink nog ’n bietjie langer, ons gesels langer en reis langer voor ons ’n besluit neem.”

Hy sê dit is dieselfde sinode wat eens op ’n tyd die AGS-kerk ’n sekte genoem het, waarvoor daar toe om verskoning gevra moes word.

“Kom ons huiwer tog maar. “

Chris de Beer vertel die verhaal van ’n gemeentelid wat uit die kerk as lidmaat bedank het oor seksualiteit.

Hy vra die oordeel moet aan God gelos word.

“Ek vra dat ons die tweede opsie sterk sal oorweeg. Want God is baie groter as die bietjie wat ons van Hom weet en wat ons probeer verdedig.”

Prof. Fanie Snyman, van die fakulteit teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, sê die besluit oor selibaatheid moes nooit in die NG Kerk geneem gewees het nie.

“Dit is ’n besluit wat by hierdie sinode reggestel moet word.

“Daarom my pleidooi, asseblief, kom ons aanvaar voorstel 2.

“Gee daarmee ’n tree vorentoe. Spaar onsself ’n groot verleentheid en die kerk wen geloofwaardigheid.”

“Ek dink dis flippen onregverdig dat ons vandag hier ’n besluit moet neem. Ons moet nooit vergeet wie ons is nie. Ons is ’n klomp flippen sondaars,” sê ’n afgevaardigde.

Hy meen daar word ’n fout gemaak met Romeine 1 en dat dit nie oor gay mense gaan nie, maar oor “ons”.

Dus gooi hy sy steun by voorstel 2 en weet “die Here sal dit hanteer”.

Nadia Marais sê om te dreig met kerkskeuring is manipulering.

Sy vra: “Neem vandag ’n besluit.”

Dr. Ben du Toit vra dat daar nie ’n verdere proses is nie.

“Ons staan hier in swart vandag – vir geweld teen vroue en kinders. Maar as ons mense se menswaardigheid aantas deur hulle nie dieselfde regte te gee nie, is dit ook ’n vorm van geweld.

“Ek wil mooi vra, kom ons gee die volgende tree.”

Carel van der Merwe het T-hemp waarop geskryf staan “Liefde is liefde” aan.

Die Here sê vir my, wat ek vanoggend op my Facebookblad geskryf het: “Ek wil die Here help deur Sy wil uit te voer om almal in die kerk te verwelkom – met volle regte.

Teetyd is verby en die debat gaan voort.

Prof. Dirk Human sê almal interpreteer die Bybel anders. Hy sê daar is nie een teks in die Ou en Nuwe Testament wat wat iets sê oor selfdegeslagverhoudings soos wat dit vandag geken word nie.

“Dit handel oor verkeerde homoseksuele dade, net soos daar in die teks verwys word na verkeerde heteroseksuele dade.”

Hy meen dalk moet daar ’n analogie uit die boek Job gekry word.

“Ek dink ons moet ’n analogie kry in ’n teks soos Job waar daar na ’n volstruis gekyk word.

“Die volstruis wat vlerke het, en wat jy verwag moet vlieg, maar wat nie kan vlieg nie.

“Maar wanneer hy sy vlerke hoog klap. Dan hardloop hy die perd weg.

“Hier is’n andersheid in God se skepping wat wys op ’n diversiteit in ’n Skeppershand wat ons nie verstaan nie.”

Hy voel dit lei na verskeidenheid.

“Daarmee dink ek kan die Bybel ons help. Dat mense gelyk moet behandel, gelyke regte moet hê, en gelyk in die kerk moet wees.”

“God is lig, God is liefde, maar hy is ook ’n verterende vuur,” sê ’n afgevaardigde van die vloer af en sê daar word met ’n halwe God gewerk om net op die liefde-deel te fokus.

Ware liefde is om ook vir my kind te sê wat oppad is na ’n afgrond: “Hokaai, kom terug.”

Die afgevaardigde vergelyk ook selibaatheid met alkoholisme.

Nog ’n afgevaardigde steun Dr. Chris van Wyk se voorstel.

“Die proses is nie afgehandel nie, en dit gaan vir ons oneindige probleme skep.”

Hy meen mense weet nog nie genoeg nie.

“My gesprekke met mense, wanneer dit in ’n een op een basis is, maak dit duidelik dat daar baie dinge is wat nog nie deur ons verstaan word nie, en dat daar baie dinge is wat verkeerd verstaan word en baie dinge wat ons nog nie weet nie. Hy voel ook daar moet meer op die skrif gefokus word.

“Ons moet die hele Bybel lees en nie net tekste nie.” Net soos Dr. Helgard Janse van Rensburg, voel hy ook seergemaak om as liefdeloos bestempel te word, omdat hy anders dink.

Dr. Fanie Cronjé gaan deur voorbeelde in die Bybel waar grense geskuif is tussen “ingroepe en uitgroepe” in die Bybel.

“Wat is die belangrikste? Om God en jou naaste lief te hê soos jouself.”

Hy lees voor wat hy sou wou hoor: “As vergadering van die NG Kerk lig ons vandag die grense wat na ons ingroep skuif sodat homoseksuele mense volwaardig ingeneem word in die NG Kerk.”

“As ek wil nee sê , dan hoor ek ek is liefdeloos. Ek is ’n pa. Ek moes al baie keer vir my kinders oor die jare nee sê,” sê ds. Helgard Janse van Rensburg.

Hy sê hy kry ook seer as mense, net omdat hy anders dink, hom as liefdeloos bestempel.

Hy steun die besluit dat daar voortgepraat moet word.

“Ek vra om verskoning dat ek na mense verwys in terme van hulle seksuele oriëntasie. hulle is meer as dit,” sê ds. Monty Sahd na hy verwys na “gay persone”.

Hy sê daar het in 2013 meer as net ’n ja of ’n nee in die saak gekom.

“Daar het nog ’n woord bygekom, behalwe ja/nee. ”Maybe’, miskien, maar ons moet ’n studie doen.’

“Ek het so gehoop, gebid, verlang dat ons vandag die ‘maybe’ kon verwyder en sê ja.”

Hy sê daar is ’n vrou in die gallery waarvoor hy om verskoning wil vra. Sy kon nie geligitimeer word in 2007 nie. Sy is gay.

Monty Sahd begin huil.

“Ek wil haar in die oë kyk, en om verskonng vra vir die seer (…)”

Dr. Braam Le Roux steun die voorstel wat deur Dr. André Bartlett gemaak is. “

“As ons verder gaan studeer gaan ons in elk geval by die uiteinde kom wat André-hulle voorstel.”

Hy meen daar gaan dan slegs by die volgende sinode om verskoning gevra gaan moet word aan homoseksuele persone

Dr. Chris Van Wyk, wat die voorsteller van voorstel nommer een is, het in sy verduideliking van hul voorstel gefokus op hoe die Bybel gelees word.

Hy praat vinnig klaar.

Dr. André Bartlett, voorsteller van voorstel twee, pleit in sy verduideliking dat daar nie langer gepraat kan word nie, omdat dit oor mense se lewens gaan.

“As God se dis nie goed dat mens alleen is nie, maar ons se vir sekere mense jy moet alleen wees vir die res van jou lewe. Jy mag nie ’n lewensmaat kies wat by jou pas nie.

“Dan dink ek tree ons nie in liefde op nie, dan tree ons nie in die gees van mensswaardigheid op nie,” sê Bartlett.

Hy sê hoe kan daar gesê word iemand moet anders word, as kundiges in bv. sielkunde, sê dat jy die gevaar loop om mense ernstig skade aan te doen,

“As ons se mense moet anders word as wat jy is, dan doen ons ons naaste kwaad aan.”

Hy maak die punt dat as die NG Kerk die Bybel nie met die “bril van barmhartigheid” gelees het nie, sou die vroue wat vandeesweek by die sinode gepreek het, dit nie om dooen nie.

“As jy vinnig wil reis reis jy alleen, as jy stadig reis dan reis jy saam,” sê dr. Henk Gous. Hy steun die voorstel wat vra dat daar aangehou moet word om te praat.

‘n Afgevaardigde spring op en stel voor, geïnspireer deur ’n berig in die Mail & Guardian, dat die saak uitgestel moet word na die volgende sinode, sodat die Katolieke kerk eers ’n besluit oor die saak kan maak.

Dié voorstel volg kort na Dr. Frederick Marais, die fasiliteerder vir Woensdagaand se gesprek, gesê het daar is in daardie gesprek gesê mense gaan en mag natuurlik van mekaar verskil.

Hy het mense bedank wat al jare lank aan die saak werk.

“Dis goed dat ons onthou terwyl ons met mekaar praat, dat almal kwesbaar is.”

Die NG Kerk debatteer Donderdag die verslag oor eengeslagverhoudings wat in opdrag van die algemene sinode gedoen is.

Ná daar dié week reeds twee sessies was oor hierdie brandpunt, sal ’n besluit – minstens vir die sinode – in alle waarskynlikheid vandag oor die saak geneem word.

Of die besluit sal wees dat daar bloot voortgepraat gaan word, of dat daar veranderinge gaan kom met betrekking tot die huidige besluite, weet niemand in dié stadium nie.

Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator, het die span van eNuus daaraan herinner dat hulle nie die verrigtinge kan verfilm nie.

Dié besluit is Woensdag geneem in die uur en ’n half lange sessie wat meestal oor kerkordelike prosesse gehandel het, voordat die vergadering onderbreek is.

Die tydelike taakspan vir leer en aktuele sake en diegene wat Woensdag voorstelle ingedien het, het Woensdagaand ná die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en die VSA bymekaar gekom om die verskeie standpunte te probeer belyn.

Daar is twee voorstelle wat uit die vergadering van die taakspan gespruit heten nou deurgewerk gaan word.

Daarná gaan daar gepraat word.

Ná ’n uur en ’n half van kerkordelike prosesse en voorstelle wat voorgelees is vanuit die afgevaardigdes se geledere, gaan die eintlike debat oor die status van selfdegeslag-verhoudings in die NG Kerk Donderdagoggend plaasvind.

Lees meer hier.

Lees ook:

Kerk retireer; geen besluit oor gay-wees

Gaywees nie keuse, sê verslag

Spesiale verslag: Gaymense en die kerk

SR moet skorsing van lid ná gay-herrie ongeldig verklaar

Gay-wees nié iets om te oorwin

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui