Oor Namibië se ‘ultimatum’

Kyk ook Ons sien uit na gesprek met die Sinode van Namibië – Nelis waarin Nelis Janse van Rensburg reageer op hierdie brief.

*******

Oor Namibië se ‘ultimatum’ | Kerkbode

Kerkbode

23 Maart 2022

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Volgens ’n berig in Rapport van 20 Maart 2022 (“Namibië se ultimatum aan die NG Kerk”) werk die Namibiese sinode van die NG Kerk aan ’n proses om sigself los te maak van die kerk se algemene sinode (AS) as dié nie binne die volgende ses maande onderneem om sekere van sy besluite te herroep nie. Die bestuur van teologiese opleiding aan universiteitsfakulteite word ook onder andere genoem as iets wat die kerk toenemend vervreem.

In dieselfde berig word ds Nelis Janse van Rensburg as moderator van die NG Kerk aangehaal: “Die AS het almal genooi om hulle klagtes oor teologiese opleiding met die kerk se kuratorium te bespreek. In dié proses sal ons waarskynlik die klagtes van die Namibiese sinode kan ontvang en bespreek. Ons het tot nou toe nog net gehoor van mense wat daaroor brom en algemene besware.”

Met groot respek, ds Nelis, lees u ooit Kerkbode-artikels en kyk u na die video’s? Dan behoort u bewus te wees van gesprekke tussen ds Dubois du Toit en dr Frederick Marais juis oor teologiese opleiding asook ander berigte oor die teologiese fakulteite. Om hierdie allerkritieke saak af te maak met geringskattende woorde soos “ons het nog net gehoor van mense wat daaroor brom en algemene besware” van iemand in u posisie is uiters teleurstellend. Ek het DIT nie van u verwag nie!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui