613 wette van Moses

Kyk ook:

Hier volg die 613 wette van Moses in Eksodus tot Deuteronomium:

  1. OM TE WEET DAAR IS ‘N GOD. – Eks 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Eks 20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
  2. OM NIE EERS TE DINK DAT DAAR IS ‘N ANDER GOD BEHALWE HY – Eks 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
  3. OM TE WEET HY IS DIE ENIGSTE GOD – Deut 4:35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie.Deut 4:39 Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
  4. OM GOD LIEF TE HÊ – Deut 6:5 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. Eks 20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
  5. VREES GOD – Deut 10:20 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.
  6. OM GOD SE NAAM TE EER- Lev 22:32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,Eks 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  7. OM NIE GOD SE NAAM YDELIK TE GEBRUIK NIE – Lev 22:32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig, Eks 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  8. OM NIE VOORWERPE TE VERNIETIG WAT GEASSOSIEER WORD MET GOD SE NAAM – Deut 12:4 So mag julle nie doen met die HERE julle God nie; Deut 12:5 maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.
  9. LUISTER NA DIE PROFEET WAT IN GOD SE NAAM PROFETEER – Deut 18:15 ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—
  10. MOENIE GOD NIE VERSOEK NIE – Deut 6:16 Julle mag die HERE julle God nie versoek soos julle Hom by Massa versoek het nie.
  11. VOLG IN GOD SE WEË – Deut 28:9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.
  12. HOU VAS AAN DIE WAT GOD KEN – Deut 10:20 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.
  13. WEES LIEF VIR ANDER JODE – Lev 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
  14. WEES LIEF VIR VREEMDELINGE – Deut 10:19 Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Eks 30:16 Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.
  15. MOENIE ANDER JODE HAAT NIE – Lev 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
  16. BERISPE ʼn SONDAAR – Lev 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
  17. MOENIE ANDER MENSE VERLEË MAAK NIE – Lev 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
  18. MOENIE DIE SWAKKE VERDRUK NIE – Eks 22:21 Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
  19. MOENIE VERKLEINEREND VAN ANDER MENSE PRAAT NIE – Lev 19:16 Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE. Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
  20. MOENIE WRAAK NEEM NIE – Lev 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
  21. MOENIE HAATDRAEND WEES NIE – Lev 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
  22. LEER DIE TORAH – Deut 6:7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan
  23. EER DIE WAT DIE TORAH LEER EN KEN- Lev 19:32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
  24. MOENIE IN AFGODE-AANBIDDING NAVRAAG DOEN NIE – Lev 19:4 Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God. Eks 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
  25. MOENIE DIE BEGEERTES VAN JOU HART OF WAT JOU OË SIEN, VOLG NIE – Num 15:39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
  26. MOENIE VLOEK NIE – Eks 22:28 Jy mag God nie vloek nie, en ‘n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie. Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
  27. MOENIE AFGODE AANBID NIE – Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat.
  28. MAG NIE AFGODE EER IN DIE 4 MANIERE SOOS ONS HOM EER NIE – Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat
  29. MOENIE VIR JOUSELF ʼn AFGOD MAAK NIE – Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat Myhaat; Eks 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
  30. MOENIE VIR ANDER MENSE AFGODE MAAK NIE – Lev 19:4 Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.Eks 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
  31. MOET NIE ENIGE MENSLIKEBEELDE MAAK NIE, AL IS DIT VIR DEKORASIEDOELEINDES – Eks 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
  32. MOENIE ʼn STAD NA AFGODE AANBIDDING LEI NIE – Deut 13:12 As jy in een van jou stede wat die HERE jou God jou gee om daar te woon, hoor sê: Deut 13:13 Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien—wat julle nie geken het nie. Deut 13:14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen, Deut 13:15 dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.
  33. BRAND DIE STAD AF WAT HOM NA AFGODERY WEND – Deut 13:16 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig ‘n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
  34. DIE STAD MOET NIE HERBOU WORD NIE – Deut 13:16 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig ‘n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
  35. TREK NIE VOORDEEL DAARUIT NIE – Deut 13:17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het—
  36. MOENIE ‘n INDIVIDU BEINVLOED OM AFGODE TE AANBID NIE – Deut 13:13 Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien—wat julle nie geken het nie—
  37. MOENIE DIE AFGODE AANBIDDER LIEF HÊNIE – Deut 13:9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
  38. MOENIEOPHOU OM DIE AFGODE AANBIDDER TEHAAT NIE – Deut 13:9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
  39. MOET DIE AFGODE AANBIDDER OOK NIE RED NIE – Deut 13:9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
  40. SÊ NIKS IN AFGODE AANBIDDER SEVERWEER NIE – Deut 13:9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
  41. MOENIE DIE AFGODE-AANBIDDER INKRIMINEER NIE – Deut 13:9 maar jy moet hom sekerlik
  42. doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
  43. MOENIE PROFETEER IN DIE NAAM VAN AFGODE AANBIDDINGNIE – Deut 13:14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,
  44. MOENIE NA ʼnVALS PROFEET LUISTER NIE – Deut 13:4 Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
  45. MOENIE VALSLIK PROFETEER IN DIE NAAM VAN GOD NIE – Deut 18:20 Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.
  46. MOENIE BANG WEES VIR DIE VALS PROFEET NIE – Deut 18:22 as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.
  47. MOENIE VLOEK IN DIE NAAM VAN ‘N AFGOD NIE – Eks 23:13 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.
  48. MOENIE OPTREE IN WAARSÊERY NIE[ov medium]- Lev 19:31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
  49. MOENIE TOWERRY NASTREEF NIE[yidoni-magical seer]- Lev 19:31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
  50. MOENIE JOU KINDERS DEUR DIE VUUR VAN MOLOG STUURNIE – Lev 18:21 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE
  51. MOENIEʼn AANBIDDINGS PILAAR IN ʼn PUBLIEKE AANBIDDINGSPLEK OPRIG NIE – Deut 16:22 Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die HERE jou God haat, oprig nie. Eks 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
  52. MOENIE VOOR ‘N GLADDE KLIP NEERBUIG NIE – Lev 26:1 Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld of ‘n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.Eks 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
  53. MOENIE ‘N BOOM PLANT IN DIE TEMPEL BINNEHOFNIE – Deut 16:21 Jy mag vir jou nie ‘n heilige boomstam—enige boom—plant langs die altaar van die HERE jou God wat jy vir jou sal maak nie.
  54. VERNIETIG GODE EN HULLEBYBEHORE – Deut 12:2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom.
  55. MOENIE VOORDEEL TREK UIT HIERDIE AFGODE EN HULLE BYBEHORENIE – Deut 7:26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.
  56. MOENIE WINS MAAK UIT HULLE ORNAMENTE NIE – Deut 7:25 Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
  57. MOENIE ʼn VERBOND MET AFGODE-AANBIDDERS SLUITNIE – Deut 7:2 en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
  58. BEWYS GEEN GUNS AAN AFGODE-AANBIDDERS NIE – Deut 7:2 en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
  59. AFGODE-AANBIDDERS MOET NIE IN DIE LAND ISRAEL BLY NIE – Eks 23:33 Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ‘n strik wees.
  60. MOENIE AFGODE-AANBIDDERS VOORSIEN VAN GOEDERE EN KLERENIE – Lev 20:23 En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek ‘n afsku van hulle gekry.
  61. MOENIE BYGELOWIG WEES NIE- Lev 19:26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.
  62. MOENIE IN ‘N BESWYMING GAAN OM VOORUIT TE KAN SIEN NIE – Deut 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, Deut 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
  63. MOENIE IN WAARSÊERY EN VOORSPELLINGS VASGEVANG WORD NIE – Lev 19:26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.
  64. MOENIE BESWERINGS PREWEL NIE – Deut 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
  65. MOENIE MET DIE DOOIES KONTAK MAAK NIE – Deut 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
  66. MOENIE DIE OV RAADPLEEG NIE – Deut 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
  67. MOENIE DIE VIDONI RAADPLEEG NIE – Deut 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
  68. MOENIE TOWERY BEOEFEN NIE – Deut 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
  69. MANS MOENIE DIE HARE AAN DIE KANTE VAN HUL KOPPE AFSKEER NIE – Lev 19:27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie
  70. MANS MOENIE HUL BAARDE MET ‘N SKEERMESLEMMETJIE SKEER NIE – Lev 19:27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie
  71. MANS MOENIE VROUE KLERE DRA NIE – Deut 22:5 ‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
  72. VROUE MOENIE MANSKLERE DRA NIE – Deut 22:5 ‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
  73. MOENIE JOU VEL TATOEER NIE – Lev 19:28 Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
  74. MOENIE DIE VEL SKEUR TYDENS ROU TYD NIE – Deut 14:1 Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie.
  75. MOENIE N KAALTE OP KOP MAAK TYDENS ROUTYD NIE – Deut 14:1 Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie.
  76. HÊ BEROU EN BELY SONDES – Num 5:7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.
  77. MOET DIE SHEMA TWEE KEER PER DAG OPSÊ – Deut 6:7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
  78. MOET ELKE DAG BID – Eks 23:25 En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
  79. DIE KOHANIM MOET DIE JOODSE VOLK ELKE DAG SEËN – Num 6:23 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Num 6:24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;
  80. DRA [TEFILLIN] GEBEDSRIEM OP JOU KOP – Deut 6:8 Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.
  81. BIND ‘N TEFILLIN OM DIE ARM – Deut 6:8 Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.
  82. SIT N MEZUZAH OP DIE DEURPOSTE – Deut 6:9 En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.
  83. ELKE MAN MOET ‘N TORAH BOEKROL SKRYF- Deut 31:19 Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ‘n getuie teen die kinders van Israel kan wees.
  84. DIE KONING MOETʼn APARTE TORAH BOEKROL HÊ VIR HOMSELF – Deut 17:18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ‘n afskrif van hierdie wet in ‘n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê;
  85. MOET KLOSSIES [TZITZIT] AANVIERHOEKIGE KLEDINGSTUK SIT – Num 15:38 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ‘n draad van pers stof vasbind.
  86. MOET GOD ALMAGTIGSEËN NADAT HULLE GEËET HET – Deut 8:10 en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het.
  87. ALLE SEUNTJIES MOET OP AGTSTE DAG BESNY WORD – Gén 17:10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word
  88. RUS OP DIE SEWENDE DAG – Eks 23:12 Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.Eks 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Eks 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
  89. MOENIE VERBODE WERK DOEN OP DIE SEWENDE DAG NIE – Eks 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eks 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
  90. DIE HOF MAG NIE STRAF OPLÊ OP DIE SHABBATNIE – Eks 35:3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.
  91. MOENIE BUITE DIE STADS GRENSE LOOP OP SHABBAT – Eks 16:29 Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
  92. HEILIG DIE SHABBAT MET KIDDUSH EN HAVDALAH – Eks 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Eks 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
  93. MOET RUS VAN VERBODE ARBEID OP YOM KIPPUR – Lev 23:32 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
  94. MOENIE VERBODE ARBEID DOEN OP YOM KIPPUR DAG NIE – Lev 23:32 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
  95. ONDERSOEK JOUSELF OP YOM KIPPUR – Lev 16:29 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
  96. MAG NIE EET OF DRINK OP YOM KIPPUR NIE – Lev 23:29 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
  97. OP DIE EERSTE DAG VAN PAASFEES MOET JULLE RUS – Lev 23:7 Op die eerste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
  98. MAG NIE VERBODE ARBEID DOEN OP DIE EERSTE DAG VAN PAASFEES NIE – Lev 23:8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
  99. OP DIE SEWENDE DAG VAN PAASFEES MOET DAAR GERUS WORD – Lev 23:8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
  100. MOENIE VERBODE ARBEID DOEN OP DIE SEWENDE DAG VANPASGANIE – Lev 23:8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
  101. RUS OP SHAVUOT – Lev 23:21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
  102. MOENIE VERBODE ARBEIDDOEN OP SHAVUOT – Lev 23:21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
  103. RUS OP ROSH HASHANAH – Lev 23:24 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag.
  104. MOENIE VERBODE ARBEID DOEN OP ROSH HASHANAH NIE – Lev 23:25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring
  105. RUS OP DIE DAG SUKKOT – Lev 23:36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
  106. MOENIE VERBODE ARBEID DOEN OP SUKKOT NIE – Lev 23:36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
  107. RUS OP DIE DAG SHEMINI ATZERET – Lev 23:36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
  108. MOENIE VERBODE ARBEID DOEN OP SHEMINI ATZERET NIE – Lev 23:36 Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie,
  109. MAG NIE GESUURDE BROOD[CHAMETZ] EET IN DIE NAMIDDAG VAN DIE 14e DAG VAN NISAN – Deut 16:3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende—want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek—sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.
  110. VERNIETIG ALLE GESUURDE BRODE OP DIE 14e DAG VAN NISAN – Eks 12:15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word.
  111. MAG GEEN GESUURDE BROOD EET TYDENS 7 DAE VAN PASGA – Eks 13:3 Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur ‘n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.
  112. MOENIE MENGSELS EET WAT GESUURDE BROOD BEVAT, GEDURENDE DIE 7 DAE VAN PASGA – Eks 12:20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
  113. GESUURDE BROOD MAG VIR 7 DAE NIE IN JOU OMTREK GESIEN WORD NIE. – Eks 13:7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.
  114. GESUURDE BROOD MAG VIR 7 DAE NIE NABY JOU GEVIND WORD NIE – Eks 12:19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ‘n vreemdeling is of ‘n kind van die land.
  115. EET ONGESUURDE BROOD [MATZAH] OP DIE EERSTE NAG VAN PASGA – Eks 12:18 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand.
  116. VERTEL VAN DIE UITTOG UIT EGIPTE OP DIE NAG – Eks 13:8 En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
  117. VERTEL VAN DIE SHOFAR OP DIE EERSTE DAG VAN TISHREI [ROSH HASHANAH] – Num 9:1 En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai—in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand—en gesê :Num 9:2 dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.
  118. RUS IN ‘N HUT [SUKKAH] VIR DIE 7 DAE VAN SUKKOT – Lev 23:42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon
  119. NEEMʼn VRUG EN TAK [LULAV AND ETROG] OP DIE EERSTE DAG VAN SUKKKOT,[ MAAR IN DIE TEMPEL, AL 7 DAE] EN WEES VROLIK- Lev 23:40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.
  120. ELKE MAN MOETJAARLIKS ʼn HALWE SIKKEL GEE – Eks 30:13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ‘n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom—die sikkel is twintig gera—’n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
  121. DIE HOWE MOET BESLUIT WANNEERʼn NUWE MAAND BEGIN – Eks 12:2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.
  122. ONDERSOEK JOUSELF EN SMEEK GOD IN TYE VAN ONHEIL – Num 10:9 En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
  123. TROU ʼn VROU BY KETUBAH EN KIDDUSHIN – Deut 22:13 As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat Deut 22:14 en haar slegte dinge nagee en ‘n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie, Deut 22:15 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
  124. MOENIE SEKSUELE VERHOUDINGS HÊ MET ONGETROUDE VROUE NIE – Deut 23:18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God ‘n gruwel. Eks 20:14 Jy mag nie egbreek nie.
  125. JY MAG NIE KOS, KLERE EN SEKSUELE VERHOUDING WEERHOU VAN JOU VROU NIE – Eks 21:10 as hy vir hom ‘n ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
  126. KRY KINDERS BY JOU VROU – Gén 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
  127. SKEI MET ‘N WETTIGE DOKUMENT – Deut 24:1 As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur
  128. ‘N MAN MAG NIE WEER MET SY GEWESE VROU TROUNADAT SY WEEREENS GETROUD IS NIE – Deut 24:4 dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
  129. DIE MAN MOET MET DIE VROU TROU VAN SY OORLEDE KINDERLOSE BROER [YIBBUM] – Deut 25:5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ‘n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ‘n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
  130. BEVRY DIE WEDUWEE VAN [YIBBUM] DIE KINDERLOSE BROER [HALIZAH] – Deut 25:9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.
  131. DIE WEDUWEE MAG NIE WEER TROU TOTDAT DIE BANDE MET HAAR SWAER GEBREEK IS NIE – Deut 25:5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ‘n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ‘n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
  132. DIE HOF MOET DIE EEN WAT ‘N JONGMEISIE SEKSUEEL MOLLESTEER, BEBOET. – Eks 22:16 As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop. Eks 22:17 As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
  133. DIE VERKRAGTER MOET MET DIE SLAGOFFER TROU AS SY ONGETROUD IS – Deut 22:29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
  134. HY MAG HAAR NOOIT WEER SKEI NIE – Deut 22:29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
  135. DIE LASTERAAR MOET GETROUD BLY MET SY VROU – Deut 22:19 en hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
  136. HY MAG HAAR NIE SKEI NIE – Deut 22:19 en hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
  137. VOLBRING DIE WETTE VAN SOTAH – Num 5:30 of as oor ‘n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word—dan moet hy die vrou voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.
  138. MAG NIE OLIE OP HAAR MAALTYDS OFFER SIT NIE, SOOS DIE GEWOONTE IS – Num 5:15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ‘n tiende van ‘n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit ‘n spysoffer van jaloersheid is, ‘n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
  139. MAG NIE FRANKINCENSE OP HAAR MAALTYDS OFFER SIT NIE SOOS DIE GEWOONTE IS – Num 5:15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ‘n tiende van ‘n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit ‘n spysoffer van jaloersheid is, ‘n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
  140. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU MA HÊNIE- Lev 18:7 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. Eks 20:14 Jy mag nie egbreek nie.
  141. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU PA SE VROU HÊNIE – Lev 18:8 Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.
  142. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU SUSTER HÊNIE – Lev 18:9 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
  143. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU PA SE VROU SE DOGTER HÊNIE – Lev 18:11 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
  144. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU SEUN SE DOGTER HÊNIE – Lev 18:10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.
  145. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU EIE DOGTER HÊ NIE – Lev 18:10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.
  146. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDINGS MET JOU DOGTER SE DOGTER HÊ NIE – Lev 18:10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.
  147. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDINGS MET ‘N VROU EN HAAR DOGTER HÊNIE – Lev 18:17 Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
  148. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDINGS MET ‘N VROU EN HAAR SEUN SE DOGTER HÊ NIE – Lev 18:17 Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
  149. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDINGS MET ‘N VROU EN HAAR DOGTER SE DOGTER HÊNIE – Lev 18:17 Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
  150. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU PA SE SUSTER HÊNIE – Lev 18:12 Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.
  151. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU MA SE SUSTER HÊNIE – Lev 18:13 Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.
  152. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU PA SE BROER SE VROU HÊ NIE – Lev 18:14 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.
  153. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU SEUN SE VROU HÊNIE – Lev 18:15 Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
  154. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU BROER SE VROU HÊNIE – Lev 18:16 Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.
  155. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOUVROU SE SUSTER HÊNIE – Lev 18:18 Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie.
  156. ‘N MAN MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET ‘N DIER HÊNIE – Lev 18:23 En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging.
  157. ‘N VROU MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET ‘N DIER HÊ NIE – Lev 18:23 En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging.
  158. ‘N MAN MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET ‘N MAN HÊ NIE Lev 18:22 Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
  159. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU PA HÊNIE – Lev 18:7 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
  160. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET JOU PA SE BROER HÊNIE – Lev 18:14 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante
  161. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET IEMAND ANDER SE VROU HÊ NIE Lev 18:20 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie. Eks 20:14 Jy mag nie egbreek nie
  162. MAG NIE SEKSUELE VERHOUDING MET ‘N VROU WAT MENSTRUEER EN ONREIN IS, HÊ NIE – Lev 18:19 Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.
  163. MOENIE NIE-JODE TROU NIE – Deut 7:3 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie—jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;
  164. MOENIE TOELAAT DAT MOABITIESE EN AMMORIETIESE MANS TROU IN DIE JOODSE VOLK NIE – Deut 23:3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie
  165. MOENIE KEER DAT ‘N DERDE GENERASIE EGIPTENAAR BEKEERLING DIE BYEENKOMS BYWOON NIE – Deut 23:8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom. Deut 23:9 Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.
  166. MOENIE KEER DAT ‘N DERDE GENERASIE EDOMITIESEBEKEERLING DIE BYEENKOMS BYWOON NIE – Deut 23:8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom. Deu 23:9 Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.
  167. MOENIE DAT ‘N BUITE EGTELIKE KIND [MAMZER] TROU IN DIE JOODSE VOLK NIE – Deut 23:2 Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
  168. GEEN ONTMANDE PERSOON MAG TROU MET ‘N JOOD – Deut 23:2 Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
  169. MAG NIE AAN GOD ENIGE GEKASTREERDE DIERE OFFER NIE – Lev 22:24 ‘n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
  170. DIE HOËPRIESTER MAG NIE MET ‘N WEDUWEE TROU NIE – Lev 21:14 ‘n Weduwee of een wat verstoot is of ‘n onteerde, of ‘n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar ‘n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
  171. DIE HOË PRIESTER MAG NIE SEKSUELE VERHOUDINGS MET ‘N WEDUWEE HÊ NIE, OOK NIE BUITE DIE HUWELIK NIE – Lev 21:15 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
  172. DIE HOË PRIESTER MOET MET ‘N MAAGDELIKE MEISIE TROU – Lev 21:13 En hy moet ‘n vrou in haar maagdelike staat neem.
  173. ‘N PRIESTER [KOHEN] MAG NIE ‘N GESKEIDE VROU TROU NIE – Lev 21:7 Hulle mag geen vrou neem wat ‘n hoer of ‘n onteerde is nie; en ‘n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
  174. ‘N PRIESTER [KOHEN] MAG NIE TROU MET ‘N VROU [ZONAH] WAT ‘N VERBODE SEKSUELE VERHOUDING GEHAD HET NIE – Lev 21:7 Hulle mag geen vrou neem wat ‘n hoer of ‘n onteerde is nie; en ‘n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
  175. ‘N PRIESTER MAG NIE TROU MET ‘N ONHEILIGE PERSOON [CHALALAH] NIE [PRODUK VAN NR 169-172 HIERBO ]- Lev 21:7 Hulle mag geen vrou neem wat ‘n hoer of ‘n onteerde is nie; en ‘n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
  176. Mag geen seksuele kontak maak met enige verbode vrou nie. – Lev 18:6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.
  177. Ondersoek die lewe van diere om tussen kosher en nie-kosher te onderskei – Lev 11:2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
  178. Ondersoek die lewe van voëls om tussen kosher en nie-kosher te onderskei – Deut 14:11 Al die rein voëls mag julle eet. Deut 14:12 Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
  179. Ondersoek die lewe van visse om tussen kosher en nie-kosher te ondersekei – Lev 11:9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet
  180. Ondersoek dielewe van sprinkane om tussen kosher en nie-kosher te onderskei – Lev 11:21 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
  181. Mag nienie-kosher diere eet nie.Lev 11:4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle
  182. Mag nie nie-kosher voëls eet nie- Lev 11:13 En die volgende moet julle van die voëls vir ‘n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, ‘n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
  183. Mag nie nie-kosher vis eet nie – Lev 11:10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is ‘n gruwel is dit vir julle. Lev 11:11 Ja, ‘n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ‘n gruwel hou
  184. Mag nie nie-kosher vlieënde insekte eet nie – Deut 14:19 En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.
  185. Mag nie nie-kosher kruipende diere op land eet nie – Lev 11:41 En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is ‘n gruwel dit mag nie geëet word nie.
  186. Mag nie nie-kosher kruipende diere eet nie – Lev 11:44 Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
  187. Mag nie wurms in vrugte wat op die grond lȇ eet nie – Lev 11:42 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel julle mag dit nie eet nie, want dit is ‘n gruwel
  188. Mag geen diere wat in water lewe eet nie behalwe kosher vis – Lev 11:43 Moenie julle self ‘n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
  189. Mag nie vleis eet van ʼn dier wat nie ritueel geslag is nie – Deut 14:21 Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ‘n uitlander verkoop; want jy is ‘n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
  190. Mag nie voordeel trek uit ʼn os wat bedoel is om gestenig te word nie – Eks 21:2 As jy ‘n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.
  191. Mag nie vleis eet van ʼn dier wat gewond is nie – Eks 22:31 En julle moet vir My heilige mense wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi
  192. Mag nie ‘n been eet wat afgeskeur is van ‘n kewendige kreatuur nie – Deut 12:23 Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.
  193. Mag nie bloed eet nie – Lev 3:17 ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.
  194. Mag nie sekere vette van skoon diere eet nie – Lev 3:17 ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.
  195. Moenie die senings van die heupbeen eet nie -Gén 32:32 Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.
  196. Moenie mengsels van melk en vleis wat saamgekook is eet nie – Eks 23:19 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
  197. Moenie vleis en melk saam kook nie – Eks 34:26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
  198. Moenie brood van nuwe graan eet voor die Omer nie – Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
  199. Moenie uitgedroogde graan van die nuwe graan eet, voor die Omer nie – Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
  200. Moenie ryp gemaakte graan van die nuwe graan eet, voor die Omer nie – Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
  201. Moenie vrugte eet van ’n boom voordat hy nie 3 jaar oud is nie – Lev 19:23 En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.
  202. Mag nie verskillende sade eet wat in ‘n wingerd geplant is nie – Deut 22:9 Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.
  203. Mag nie ontheilige vrugte eet nie – Lev 22:15 So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig. Lev 22:16 en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heil
  204. Moenie wyn drink wat geskink is in afgodery nie – Deut 32:37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het, Deu 32:38 wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle ‘n beskerming kan wees!
  205. Diere moet volgens ritueel geslag word voordat dit geeët word – Deut 12:21 As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.
  206. Moenie ‘n dier en sy kleintjie op dieselfde dag slag nie – Lev 22:28 ‘n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.
  207. Die bloed van die geslagte dier of voël, moet toegegooi word metgrond – Lev 17:13 En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ‘n stuk wild of ‘n voël vang wat geëet mag word hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
  208. Jaag die ma voël weg, voor die kleintjies gevat word – Deut 22:6 As jy op pad ‘n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.
  209. Die ma voël moet vrygelaat word as sy uit die nes gehaal word – Deut 22:7 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.
  210. Mag nie God se naam valslik gebruik nie – Lev 19:12 En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.
  211. Moenie God se naam ydelik gebruik nie – Eks 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  212. Moenie besit ontken oor iets wat aan jou toevertrou is nie – Lev 19:11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.
  213. Mag nie sweer in ontkenning oor ‘n geldelike eis nie – Lev 19:11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.
  214. Sweer in God se naam om die waarheid te bevestig in hof – Deut 10:20 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.Eks 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  215. Volbringwat jy gesȇ het en doen wat jy bely het – Deut 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.
  216. Moenie beloftes en geloftesverbreek nie – Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.Num 30:2 As iemand aan die HERE ‘n gelofte doen of ‘n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
  217. Vir geloftes en beloftes wat ongeldigword, is daar wette in die Torah wat dit ongeldig verklaar – Num 30:2 As iemand aan die HERE ‘n gelofte doen of ‘n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
  218. Die NASIREËR moet sy hare laat groei – Num 6:5 Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig wees—hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
  219. Hy mag nie sy hare laat sny nie – Num 6:5 Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig wees—hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
  220. Hy mag nie wyn, wyn mengsels oF wynasyn drink nie – Num 6:3 moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
  221. Hy mag nie vars druiwe eet nie – Num 6:3 moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
  222. Hy mag nie rosyne eet nie – Num 6:3 moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
  223. Hy mag nie druiwe pitte eet nie – Num 6:4 Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie.
  224. Hy mag nie druiwe skille eet nie – Num 6:4 Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie.
  225. Hy mag nie onder dieselfde dak as ‘n dooie wees nie – Num 6:6 Al die dae dat hy hom aan die HERE gewy het, mag hy nie by ‘n dooie kom nie.
  226. Hy mag nie in kontak kom met die dooie nie – Num 6:7 Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster—aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die wyding van sy God is op sy hoof.
  227. Hy moet sy kop skeer nadat hy die Nasireër periode voltooi het – Num 6:9 En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy sy gewyde hoof verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer.
  228. Skat die waarde van mense wat bepaal word deur die Torah – Lev 27:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand ‘n besondere gelofte aflê mense aan die HERE toewy volgens jou skatting, Lev 27:3 dan moet jou skatting vir ‘n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.
  229. Skat die waarde van diere wat toegewy is- Lev 27:11 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel, Lev 27:12 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.Lev 27:13 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.
  230. Skat die waarde van huise wat toegewy is – Lev 27:14 En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
  231. Skat die waarde van grond wat toegewy is – Lev 27:16 En as iemand ‘n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ‘n homer garssaad op vyftig sikkels silwer
  232. Voer die wet uit van verbode besittings [Cherem]- Lev 27:28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
  233. Mag nie die bangoed [cherem] verkoop nie – Lev 27:28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
  234. Mag nie die bangoed [cherum] eis nie – Lev 27:28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
  235. Moenie verskillende sade saam plant nie – Lev 19:19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ‘n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
  236. Mag nie graan en groengoed in wingerd plant nie – Deut 22:9 Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.
  237. Mag nie diere kruisteel nie – Lev 19:19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ‘n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
  238. Moenie dat verskillende soorte diere saamwerk nie – Deut 22:10 Jy mag nie met ‘n os en ‘n esel tegelyk ploeë nie.
  239. Moenie klere dra wat geweef is van wol en linne saam nie [shaatnez] – Deut 22:11 Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.
  240. Los ‘n hoek van die veld ongesny vir die armes – Lev 19:10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
  241. Moenie daardie hoekie oes nie – Lev 19:9 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.
  242. Los die are wat afval – Lev 19:9 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.
  243. Moenie die are versamel nie- Lev 19:9 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.
  244. Los die ongeformde druiwe trosse – Lev 19:10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
  245. Moenie die ongevormde druiwe trosse optel nie – Lev 19:10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
  246. Los die oorblyfsels van ‘n wingerd – Lev 19:10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
  247. Moenie die oorblyfsels van die wingerd bymekaar maak nie – Lev 19:10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
  248. Los die vergete gerwe in die lande – Deut 24:19 As jy jou oes op jou land insamel en ‘n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.
  249. Moenie die gerwe gaan optel nie – Deut 24:19 As jy jou oes op jou land insamel en ‘n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.
  250. Verdeel die tiendes vir die armes – Deut 14:28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in dié jaar, en dit in jou poorte wegsit;
  251. Gee vir liefdadigheid – Deut 15:8 Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.
  252. Moenie liefdadigheid weghou van die armes nie – Deut 15:7 As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
  253. Bȇre eenkant vir Terumah [heave offering] Gedolah [geskenk vir die Kohen] – Deut 18:4 Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.
  254. Die Leviete moet ‘n tiende van hulle tiendes, eenkant hou – Num 18:26 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ‘n offergawe aan die HERE afgee, ‘n tiende van die tiende.
  255. Moenie voorsien om een tiende oor te dra na volgende tiende nie, maar verdeel dit in die regte orde – Eks 22:29 Die offer uit jou volle opbrings en jou parskuip mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.
  256. ‘n Nie-Kohen mag nie Terumah eet nie – Lev 22:10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ‘n Bywoner van ‘n priester en ‘n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
  257. ‘n Gehuurde werker of ‘n Joodse slaaf van ’n Kohen mag nie Terumah eet nie – Lev 22:10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ‘n Bywoner van ‘n priester en ‘n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
  258. ‘n Onbesnyde Kohen mag nie Terumah eet nie – Eks 12:48 En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.
  259. ‘n Onreine Kohen mag nie Terumah eet nie – Lev 22:4 Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ‘n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur ‘n lyk onrein is, of van wie ‘n saadvloeiing uitgaan,
  260. Almal van nr 169-172 wag nie Terumah eet nie – Lev 22:12 Maar as die dogter van ‘n priester aan ‘n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie. Lev 22:13 Maar as die dogter van ‘n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.
  261. Moet elke plantjaar ‘n tiende eenkant hou en vir ‘n Liviet gee – Num 18:24 Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
  262. ‘n Tweede tiende moet eenkant uitgehouword – Deut 14:22 Jy moet noukeurig die hele opbrings van jou saad—wat jaar vir jaar uit die land uitspruit—vertien.
  263. Moenie vrymakings geld gebruik op enigiets anders as kos, drinkgoed of salf nie – Deut 26:14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ‘n onreine niks weggebring en daarvan aan ‘n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
  264. Moenie Ma’aser Sheni eet terwyl jy onrein is nie – Deut 26:14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ‘n onreine niks weggebring en daarvan aan ‘n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het
  265. ‘n Roubeklaer mag nie op die eerste dag na iemand se dood Ma’aser Sheni eet nie – Deut 26:14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ‘n onreine niks weggebring en daarvan aan ‘n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het
  266. Mag nie Ma’aser Sheni graan eet buite Jerusalem nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  267. Mag nie Ma’aser Sheni wyn produkte eet buite Jerusalem nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  268. Mag nie Ma’aser Sheni olie buite Jerusalem eet nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  269. Die 4e jaar oes moet totaal en al vir heilige doeleindes, soos Ma’aser Sheni, gegeeword – Lev 19:24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte ‘n heilige feesgawe aan die HERE wees;
  270. Die konfessies van tiendes moet elke 4e en 7e jaar gelees word – Deut 26:12 As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word. Deut 26:13 En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.
  271. Eerste vrugte oes moet na die temple geneem word – Eks 23:19 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
  272. Die Kohanim mag nie van die eerste vrugte eet buite Jerusalem nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  273. Lees die Torah stuk wat betrekking het op hulle aanbieding – Deut 26:5 Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was ‘n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar ‘n groot, magtige en talryke nasie geword.
  274. Daar moet ‘n stukkie deeg uitgesit word vir ‘n Kohen – Num 15:20 As eersteling van julle growwe meel moet julle ‘n koek as offergawe afgee; net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.
  275. Gee die voorbeen, twee wange en die maag van die geslagte vee aan ‘n Kohen – Deut 18:3 En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat ‘n slagoffer bring, of dit ‘n bees of ‘n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.
  276. Gee die eerste skeersel van ‘n skaap vir ‘n Kohen – Deut 18:4 Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.
  277. Die loskoop geld van eersgebore seuns moet aan ‘n Kohen gegee word – Num 18:15 Alles wat die moederskoot open—alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere—moet joune wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
  278. Koop ‘n eersgebore donkie los deur ‘n lam aan ‘n Kohen te gee – Eks 13:13 Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.
  279. Die donkie se nek moet gebreek word as die eienaar dit nie wil aflos wil nie – Eks 13:13 Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.
  280. Die land moet elke sewende jaar rus gegee word en geen werk wat groei daarop bevorder, mag gedoen word nie – Eks 34:21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
  281. Mag glad nie werk op die land gedurende daardie sewende jaar nie – Lev 25:4 maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ‘n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
  282. Mag nie gedurende daardie jaar met bomewerk om vrugte te dra nie – Lev 25:4 maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ‘n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie. Lev 25:5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees.
  283. Mag nie druiwe oes van dit wat wild groei gedurende daardie jaar nie – Lev 25:5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees.
  284. Mag nie druiwe bymekaarmaak wat wild groei gedurende daardie jaar nie – Lev 25:5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ‘n jaar van rus vir die land wees.
  285. Alle produkte moet gelos word om net te groei gedurende daardie jaar – Eks 23:11 maar in die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome
  286. Alle lenings moet kwytgeskeld word gedurende die sewende jaar – Deut 15:2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar ‘n kwytskelding uitgeroep.
  287. Mag nie druk toepas of eis van die lener nie – Deut 15:2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar ‘n kwytskelding uitgeroep.
  288. Moenie weier om onmiddellik te leen voor die lening afgelos is nie, vir vrees om geld te verloor – Deut 15:9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby—en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die HERE roep, en dit sonde in jou word.
  289. Die Sanhedrin moet sewe groepe van sewe jare aanstel – Lev 25:8 Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is.
  290. Die Sanhedrin moet die vyftigste jaar heilig verklaar – Lev 25:10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.
  291. Die Shofar moet op die tiende dag van Tishrei geblaas word om die slawe vry te maak – Lev 25:9 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, ‘n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
  292. Die grond mag nie bewerk word gedurende die vyftigste jaar nie [Jubilee] – Lev 25:11 ‘n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.
  293. Mag nie oes soos normaalweg gedoen word, tydends die vyftigste jaar nie – Lev 25:11 ‘n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.
  294. Mag nie druiwe pluk wat wild groei gedurende die vyftigste jaar nie – Lev 25:11 ‘n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.
  295. Doen wat die wet beveel tydens verkope van familie eiendom – Lev 5:24 Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.
  296. Moenie grond in Israel sommer net verkoop nie – Lev 25:23 Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.
  297. Gehoorsaam die wette van huiseindomin ommuurde stede – Lev 25:29 En as iemand ‘n woonhuis in ‘n ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; ‘n jaar lank moet daar reg van lossing wees.
  298. Die stam van Levi mag nie ‘n stukkie grond in Israel besit nie, hulle kan net in die stede woon – Deut 18:1 Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.
  299. Die Leviete mag nie deel hȇin ooloënie – Deut 18:1 Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.
  300. Gee vir Leviete stede om in te woon en die veld daarom – Num 35:2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
  301. Mag nie van die gronde verkoop nie, maar hulle sal Leviete bly voor en na die Jubileejaar – Lev 25:34 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is ‘n ewige besitting vir hulle.
  302. Daar moet ‘n temple gebou word – Eks 25:8 Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.
  303. Die altaar moet nie van klippe wat met metaal gekap is, gebou word nie – Eks 20:24 ‘n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.
  304. Mag nie met die trappe na die altaar toe opklim nie – Eks 20:26 Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.
  305. Toon eerbied aan die tempel toon- Lev 19:30 Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.
  306. Bewaak die tempel area – Num 18:2 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.
  307. Moenie die tempelarea sonder toesig laat nie – Num 18:5 En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.
  308. Berei gesalfde olies voor – Eks 30:31 En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ‘n heilige salfolie wees in julle geslagte.
  309. Mag nie gesalfde olies namaak nie – Eks 30:32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
  310. Maag nie salf met gesalfde olies nie – Eks 30:32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
  311. Mag nie die wierook formule reproduseer nie – Eks 30:37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.
  312. Mag niks ander op die Goue Altaar brand behalwe wierook nie – Eks 30:9 Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie
  313. Die Leviete moet die ark op hulle skouers vervoer – Num 7:9 Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.
  314. Mag nie die draaghoute van die ark verwyder nie – Eks 25:15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
  315. Die Leviete moet in die Tempel werk – Num 18:23 Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra—’n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
  316. Geen Leviet mag werk doen vir ‘n Kohan of ander Leviet nie – Num 18:3 En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie. Num 18:7 Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig. As ‘n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die onbevoegde wat naby kom, moet gedood word.
  317. Moet met toewying die Kohen gebruik vir diens – Lev 21:8 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
  318. Die werk tydens Kohanim’s skofte, moet gelykop verdeel word tydens vakansies – Deut 18:6 En as ‘n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies, Deut 18:7 dan moet hy dien in die Naam van die HERE sy God soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van die HERE staan; Deut 18:8 ‘n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit.
  319. Die Kohanim moet priester klere dra tydens dienste – Eks 28:2 En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad
  320. Mag nie die priesterklere skeur nie – Eks 28:32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ‘n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ‘n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.
  321. Die hoë priester [ Kohen Gadol’s] se borsplaat moet nie losgemaak word van die Efod nie – Eks 28:28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ‘n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.
  322. ‘n Kohen mag nie die Tempel binnegaan onder die invloed nie – Lev 10:9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ‘n ewige insetting is dit vir julle geslagte;
  323. ‘n Kohen mag nie die Tempel binnegaan sonder ‘n hoofbedekking nie – Lev 10:6 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
  324. ‘n Kohen mag nie die Tempel binnegaan met stukkende klere nie – Lev 10:6 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
  325. ‘n Kohen mag nie die Tempel oneerbiedig binnegaan nie – Lev 16:2 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
  326. ‘n Kohen mag nie die Tempel verlaat tydens die diens nie – Lev 10:7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
  327. Die onreines moet uit die Tempel gestuur word – Num 5:2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat ‘n vloeiing het, en almal wat deur ‘n lyk onrein is.
  328. Onrein mense mag nie die Tempel binnegaan nie – Num 5:3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.
  329. Onrein mense mag nie die Tempel laerarea binnegaan nie – Deut 23:11 Maar as die aand aankom, moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.
  330. Onrein Kohanims mag nie diens lewer in die tempel nie- Lev 22:3 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
  331. Na onderdompeling, moet ‘n Onrein Kohan wag tot sononder voor hy terugkeer na die diens – Lev 22:7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
  332. ‘n Kohen moet sy hande en voete was voor diens – Eks 30:19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
  333. ‘n Kohen met ‘n liggamsgebrek mag nie die heiligdom binnegaan nie of die altaar uitreik na die altaar nie – Lev 21:23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
  334. ‘n Kohen met liggaamsgebrek mag nie diens lewer nie – Lev 21:17 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.
  335. ‘n Kohen met ‘n tydelike letsel, mag nie diens doen nie- Lev 21:17 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.
  336. Iemand wat nie ‘n Kohen is nie, mag nie diens lewer nie – Num 18:4 Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en ‘n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.
  337. Alleenlik onbevlekte diere moet geoffer word – Lev 22:21 En as iemand ‘n dankoffer aan die HERE offer om ‘n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie
  338. Mag nie ‘n besmette dier na die altaar bring nie – Lev 22:20 Julle mag nie iets bring waar ‘n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.
  339. Nie om dit te slag nie – Lev 22:22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.
  340. Nie om die bloed te sprinkel nie – Lev 22:24 ‘n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
  341. Nie die vet te brand nie – Lev 22:22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.
  342. Nie n tydelik besmette dier offer nie – Deut 17:1 Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ‘n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
  343. Mag nie besmette diere offer al is dit deur nie-Jode gegee as offer – Lev 22:25 en uit die hand van ‘n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ‘n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie
  344. Mag nie wonde gee aan toegewyde diere nie – Lev 22:21 En as iemand ‘n dankoffer aan die HERE offer om ‘n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie
  345. Vrykoop toegewyde diere terug, wat gediskwalifiseer is – Deut 12:15 Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.
  346. Diere moet ten minste agt dae oud wees voor dit geoffer word – Lev 22:27 As ‘n bees of ‘n lam of ‘n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ‘n vuuroffergawe aan die HERE.
  347. Mag nie diere offer met die geld wat verdien is deur hoerery of diere ruiling vir ‘n hond nie. Sommiges verklaar dat “ruil vir ‘n hond” verwys na manlike prostitusie – Deut 23:18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
  348. Mag nie heuning of suurdeeg op die altaar brand nie – Lev 2:11 Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE ‘n vuuroffer aan die brand steek nie
  349. Alle offers moet gesout word – Lev 2:13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
  350. Mag nie die sout uitlos by offers nie – Lev 2:13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
  351. Die prosedure om die offers te brand moet uitgevoer word, soos voorgeskryf in die Torah – Lev 1:3 As sy offer ‘n brandoffer is van beeste, moet dit ‘n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.
  352. Mag nie die offer vleis eet nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  353. Voltooi die prosedure van sonde offers – Lev 6:18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.
  354. Mag nie die vleis eet van die innerlike sonde offers nie – Lev 6:23 So moet dan elke spysoffer van ‘n priester ‘n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.
  355. Mag nie ‘n voël se kop afkap, wat vir ‘n sonde offer gebring is nie – Lev 5:8 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.
  356. Die skuldoffer prosedure moet uitgevoer word – Lev 7:1 En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig
  357. Die Kohanim moet die offervleis eet in die tempel – Eks 29:33 En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar ‘n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig
  358. Die Kohanim mag nie die vleis buite die Tempelpoorte eet nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  359. ‘n Nie-Kohen mag nie van die offervleis eet nie – Eks 29:33 En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar ‘n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.
  360. Volg die prosedure van die vrede offers – Lev 7:11 En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring
  361. Mag nie die vleis eet van kleiner offerdiere, voor die bloed nie gesprinkel is nie – Deut 12:16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi. Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  362. Maaltyd offers moet gebring word soos die Torah dit voorskryf – Lev 2:1 En as iemand aan die HERE ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
  363. Moenie olie op die maaltydoffers van sondaars gooi nie Lev 5:11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ‘n sondoffer
  364. Moenie wierook op maaltyd offers van sondaars sit nie – Lev 3:11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE
  365. Moenie die maaltydoffer eet van die hoë priester nie – Lev 6:16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ‘n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.
  366. Mag nie ‘n maaltydoffer van suurdeeg brood bak nie – Lev 6:17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer
  367. Die Kohanim moet die oorblyfsels van die maaltydoffers, eet- Lev 6:16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ‘n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.
  368. Bring alle belyde en vrywillige offers na die tempel op die eerste daaropvolgende fees – Deut 12:5 maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom. Deut 12:6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte— en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee
  369. Moenie betaling uitstel van geloftes nie – Deut 23:21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
  370. Alle offers moet in die tempel geoffer word – Deut 12:11 Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe
  371. Bring alle offers buite Israel na die tempel – Deut 12:26 Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die HERE sal uitkies;
  372. Mag nie offers buite die binneplein slag nie – Lev 17:4 en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ‘n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit;
  373. Mag nie offers buite die binneplein offer nie – Deut 12:13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie.
  374. Elke dag moet twee lammers geoffer word – Num 28:4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei
  375. Daar moet elke dag ‘n vuur brand op die altaar – Lev 6:12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
  376. Die vuur mag nie geblus word nie – Lev 6:13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie
  377. Die as moet elke dag van die altaar verwyder word – Lev 6:10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
  378. Brand elke dag reukwerke- Eks 30:7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
  379. Die “Menorah” moet elke dag aan die brand gesteek word – Eks 27:21 In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ‘n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel
  380. Die “Kohen Gadol” moet elke dag ‘n maaltydoffer bring – Lev 6:12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
  381. Ekstra twee lammers moet op ‘n Shabbat gebring word as brandoffers – Num 28:9 Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van ‘n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.
  382. Maak skou brood – Eks 25:30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.
  383. Ekstra offers moet “Die nuwe maand” [Rosh Chodesh] gebring word wat die begin van die ‘n maand is – Num 28:11 En by die begin van julle maande moet julle ‘n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
  384. Ekstra offers moet gebring word oor Paastyd – Num 28:19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees
  385. Offer die eerste gerf van die nuwe koring,- Lev 23:10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
  386. Elke man moet die “Omar”tel– sewe weke vanaf die nuwe koringoffer gebring is – Lev 23:15 Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;
  387. Ekstra offers moet gebring word na “Shavuot” – Num 28:26 En op die dag van die eerstelinge, as julle ‘n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
  388. Bring twee brode na bogenoemde offerfees – Lev 23:17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.
  389. Ekstra offers moet na Rosh Hashana gebring word – Num 29:2 Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
  390. Ekstra offers moet na Yom Kippur gebring word – Num 29:8 Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
  391. Ekstra offers moet na Sukkot gebring word – Num 29:13 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
  392. Ekstra offers moet na Shmini Atzeret gebring word – Num 29:36 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek
  393. Mag nie offers eet wat ongesond of letsels op het nie – Deut 14:3 Jy mag niks eet wat ‘n gruwel is nie.
  394. Mag nie offers eet wat met valse bedoelings gegee is nie – Lev 7:18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; ‘n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.
  395. Moenie offers los tot na aanbevole tyd om dit te eet nie- Lev 22:30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE
  396. Moenie eet wat oorgebly het nie – Lev 19:8 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
  397. Moenie offers eet wat onrein geword het nie – Lev 7:19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.
  398. ‘n Onrein mens mag nie van die offers eet nie – Lev 7:20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word
  399. Verbrand die oorskiet van offers – Lev 7:17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.
  400. Verbrand alle onrein offers – Lev 7:19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.
  401. Volg die prosedure vir Yom Kippur in volgorde soos voorgeskryf in Parshah Acharei Mot [ “na die dood van Aaron se seuns…”] Lev 16:3 Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n ram as brandoffer.
  402. Een wat eiendom beskadig het moet terugbetaal wat hy beskadig het, plus ‘n vyfde, asook ‘n offer – Lev 5:16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
  403. Mag nie werk met toegewyde diere nie – Deut 15:19 Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
  404. Mag nie die toegewyde skape skeer nie – Deut 15:19 Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
  405. Die paasdier moet op ‘n spesifieke tyd geslag word – Eks 12:16 En op die eerste dag moet daar ‘n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.
  406. Mag die dier nie slag terwyl dit in besit is van suur nie – Eks 23:18 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.
  407. Moenie die vet oornag los nie – Eks 23:18 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.
  408. Die tweede paaslam moet geslag word – Num 9:11 In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet
  409. Die Paasfeeslam moet ge-eet word met matzah en Marror op die nag van die veertiende van Nisan – Eks 12:18 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand
  410. Die tweede paaslam moet op die nag van die vyftiende van Lyar ge-eet word – Num 9:11 In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.
  411. Die paas vleis mag nie rou of gekook ge-eet word nie – Eks 12:9 Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed.
  412. Mag nie die paas vleis neem van die vreemdes van die groep nie – Eks 12:45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.Eks 12:46 In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
  413. ‘n Afvallige mag nie daarvan eet nie – Eks 12:43 Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.
  414. ‘n Permanente of tydelike huurling mag nie daarvan eet nie – Eks 12:45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
  415. ‘n Onbesnyde man mag nie daarvan eet nie – Eks 12:48 En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.
  416. Geen been mag gebreek word van die paas offerdier nie Eks 12:46 In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
  417. Geen been van die tweede paas offerdier mag gebreek word nie – Num 9:12 Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of ‘n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.
  418. Geen paasoffervleis mag oorgelos word tot volgende oggend nie – Eks 12:10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand.
  419. Geen vleis van tweede paasoffer dier mag gelos word tot volgende oggend nie – Num 9:12 Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of ‘n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.
  420. Mag nie die vleis los van die vakansie offers van die veertiende tot sestiende – Deut 16:4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.
  421. Almal moet by die tempel gesien word tydens Paasfees, Shavuot en Sukkot – Deut 16:16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie
  422. By hierdie drie feeste moet vredes -offers gebring word – Eks 23:14 Drie maal in die jaar moet jy vir My ‘n fees hou
  423. Om bly te wees by hierdie drie feeste en ‘n vredes offer te bring – Deut 16:14 En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.
  424. Moenie by die tempel verskyn sonder offers nie – Deut 16:16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie;
  425. Moenie ophou om goed te doen en geskenke te gee aan die Leviete – Deut 12:19 Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.
  426. Versamel al die mense op die “Sukkot” gevolg deur die sewende jaar – Deut 31:12 Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.
  427. Hou eersgebore diere apart – Eks 13:12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê—wat manlik is, behoort aan die HERE.
  428. Die Kohanim mag nie onrein eersgebore diere buite Jerusalem eet nie – Deut 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
  429. Moenie die eersgebore dier loskoop nie – Num 18:17 Maar die eersgeborene van ‘n bees of die eersgeborene van ‘n skaap of die eersgeborene van ‘n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
  430. Skei die tiende van diere – Lev 27:32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee alles wat onder die herderstaf deurgaan die tiende moet aan die HERE heilig wees.
  431. Mag nie die tiende loskoop nie – Lev 27:33 Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie
  432. Elke persoon moet ‘n sonde offer na die tempel bring vir sy oortreding – Lev 4:28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;
  433. Bring ‘n tempel offer as jy onseker is van jou sonde – Lev 5:17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra, – Lev 5:18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.
  434. Bring ‘n tempel offer as as die sonde vasgestel word – Lev 6:25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.
  435. Bring ‘n tempel offer [rykes bring ‘n dier, armes bring ‘n voël of ‘n maaltyd] – Lev 5:7 Maar as hy nie ‘n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer; Lev 5:8 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek. Lev 5:9 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ‘n sondoffer.Lev 5:10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. Lev 5:11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ‘n sondoffer.
  436. Die Sanhedrin moet ‘n offer na die tempel bring as hulle verkeer regeer – Lev 4:13 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word;
  437. ‘n Vrouwat vloeiings probleme het, moet ‘n offer na die tempel bring en daarna moet sy na Mikveh gaan – Lev 15:28 Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees. Lev 15:29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.
  438. ‘n Vrou wat geboorte geskenk het moet ‘n offer na die tempel bring nadat sy by die Mikveh wasLev 12:6 En as die dae van haar reiniging in die geval van ‘n seun of ‘n dogter verby is, moet sy ‘n jaaroud lam as brandoffer en ‘n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe
  439. ‘n Man wat ‘n blaas probleem het moet ‘n offer in die tempel bring en daarna na die Mikveh gaan – Lev 15:13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees. Lev 15:14 En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;
  440. Iemand met ‘n velprobleem moet ‘n offer na die tempel bring en daarna na die Mikveh gaan – Lev 14:10 En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie tiendes van ‘n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.
  441. ‘n Ander bees moet nie as plaasvervanger uitgesit word vir die een wat reeds uitgesit is om te offer nie – Lev 27:10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie ‘n goeie vir ‘n slegte of ‘n slegte vir ‘n goeie nie; maar as hy tog ‘n dier vir ‘n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.
  442. Die nuwe dier, adisioneel toegevoeg by die plaasvervanger, behou toewyding – Lev 27:10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie ‘n goeie vir ‘n slegte of ‘n slegte vir ‘n goeie nie; maar as hy tog ‘n dier vir ‘n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.
  443. Mag nie die toegewyde dier verander van een tipe offer na ‘n ander tipe offer nie – Lev 27:26 Maar die eersgeborene van ‘n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ‘n bees is of ‘n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.
  444. Die wette in verband met onreinheid van dooies moet uitgevoer word – Num 19:14 Dit is die wet: As iemand in ‘n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.
  445. Die prosedure van die “Red Heifer” moet uitgevoer word – Num 19:2 Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ‘n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.
  446. Die wette van besprinkeling met water, moet uitgevoer word – Num 19:21 En dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.
  447. Regeer met die wette van menslike “tzara’at” soos voorgeskryf in die Torah – Lev 13:12 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien;
  448. Die melaatse [metzora] mag nie die tekens van sy onreinheid verwyder nie – Deut 24:8 Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
  449. Die melaatse mag nie tekens van onreinheid in sy hare afskeer nie – Lev 13:33 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog ‘n keer sewe dae lank opsluit.
  450. Die melaatse moet sy toestand adverteer deur sy klere te skeur en sy hare te laat groei en sy lippe toe te maak – Lev 13:45 Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein!
  451. Voer die voorgeskrewe reëls uit om die melaatse rein te kry – Lev 14:2 Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word
  452. Die melaatse moet al sy hare afskeer voor die reiniging- Lev 14:9 En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
  453. Voer die wette van tzara’at van klere uit – Lev 13:47 Verder, as daar in ‘n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in ‘n kledingstuk van wol of linne;
  454. Voer die wette van tzara’at van huise uit – Lev 13:34 Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.
  455. Die wette van menstruele onreinheid, moet nagekom word – Lev 15:19 En as ‘n vrou ‘n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.
  456. Die wette van onreinheid as gevolg van kindergeboortes, moet nagekom word – Lev 2:2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As ‘n vrou swanger word en ‘n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.
  457. Die wette van onreinheid, veroorsaak deur n vrou se bloedvloeiings probleem, moet nagekom word – Lev 15:25 En as ‘n vrou lank ‘n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrei
  458. Die wette van onreinheid van ‘n man se ongereelde ejakulasies of onsteekte semen, moet nagekom word – Lev 15:3 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is ‘n onreinheid in hom.
  459. Kom die wette na van onreinheid veroorsaak deur ‘n dooie bees – Lev 11:39 En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
  460. Kom die wette na van onreinheid veroorsaak deur agt insekte – Lev 11:29 En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorteLev 11:30 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
  461. Kom die wette na van onreinheid deur gereelde ejakulasies met normale semen – Lev 15:16 En as daar van ‘n man ‘n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
  462. Kom die wette na van onreinheid betreffende water en vaste kos – Lev 11:34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so ‘n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
  463. Elke onrein persoon moet homself onderdompel in ‘n Mikvah om rein te wees – Lev 15:16 En as daar van ‘n man ‘n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. Lev 15:17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.
  464. Die hof moet skade beoordeel wat ‘n gaffellende bees gemaak het – Eks 21:28 En as ‘n bees ‘n man of ‘n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly.
  465. Die hof moet oordeel oor die skade veroorsaak deur ‘n bees wat ȇrens gewei het – Eks 22:5 As iemand ‘n stuk veld of ‘n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ‘n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.
  466. Die hof moet oordeel oor skade aangerig deur ‘n put – Eks 21:33 En as iemand ‘n put oopmaak, of as iemand ‘n put grawe en dit nie toemaak nie, en ‘n bees of esel val daarin, Eks 21:34 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier geld gee, maar die dooie dier moet syne wees.
  467. Die hof moet oordeel oor skade aangerig deur vuur – Eks 22:6 As ‘n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat ‘n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.
  468. Jy mag nie geld steel nie – Lev 19:11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie
  469. Die hof moet straf maatreëls instel teen die dief -ex 21:37 geen so vers
  470. Elke individu moet seker maak dat sy skaal en gewigte akkuraat is – Lev 19:36 Julle moet ‘n regte weegskaal hê, regte weegstene, ‘n regte efa en ‘n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
  471. Moenie oneerlik wees met skale en gewigte nie – Lev 19:35 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie
  472. Mag nie onakurate skale en gewigte in jou besit hȇ nie, al word dit nie gebruik nie – Deut 25:13 Jy mag nie twee soorte weegstene, ‘n grote en ‘n kleintjie, in jou sak hê nie.
  473. Jy mag nie ‘n grensdraad verskuif om sodoende van iemand anders se eiendom te steel nie – Deut 19:14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie
  474. Mag nie ontvoer nie – Eks 20:13 Jy mag nie doodslaan nie. Eks 20:14 Jy mag nie egbreek nie
  475. Mag nie openlik steel nie – Lev 19:13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie
  476. Mag nie lone terughou of nalaat om skuld te betaal nie – Lev 19:13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie
  477. Mag nie iemand anders se goed begeer en planne beraam om sy besittings te vat nie – Eks 20:15 Jy mag nie steel nie.Eks 20:17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie
  478. Moenie ‘n ander se besittings begeer nie – Eks 20:17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
  479. Neem die gesteelde voorwerp terug of die waarde daarvan – Lev 5:16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
  480. Moenie ‘n verlore artikel ignoreer nie – Deut 22:3 So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie
  481. Neem die verlore artikel terug – Deut 22:1 Jy mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring.
  482. Die hof moet wette instel teen die een wat iemand anders aanrand of iemand se eiendom beskadig – Eks 21:18 En as manne twis en die een die ander slaan met ‘n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend wordEks 21:19 as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.
  483. Jy mag nie moor nie – Eks 20:13 Jy mag nie doodslaan nie.
  484. Mag nie ‘n vermanings vergoeding aanvaar as boete vir ‘n moord nie – Num 35:31 Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van ‘n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.
  485. Die hof moet die toevallige moordenaar na ‘n stad van skuiling stuur – Num 35:25 En die vergadering moet hom wat ‘n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.
  486. Mag nie ‘n vermanings vergoeding aanvaar in plaas daarvan om na ‘n stad vir skuiling gestuur te word nie – Num 35:32 Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad—sodat hy kan teruggaan om in die land te woon—tot op die dood van die hoëpriester nie
  487. Moenie die moordenaar doodmaak, voordat hy veroordeel is nie – Num 35:12 En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat ‘n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie
  488. Spaar iemand se lewe wat vervolg word, al moet jy die lewe van die vervoger vat – Deut 25:12 dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie
  489. Moenie die vervolger jammer kry nie – Num 35:12 En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat ‘n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie
  490. Moenie net staan en toekyk as iemand se lewe in gevaar is nie – Lev 19:16 Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE
  491. Stede moet aangewys word vir skuiling en berei roetes voor om dit binne te gaan – Deut 19:3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat ‘n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
  492. Breek die nek van ‘n kalf by die rivier vallei as ‘n moord nie opgelos word nie – Deut 21:4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ‘n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.
  493. Moenie daardie vallei bewerk of plant nie – Deut 21:4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ‘n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.
  494. Moenie toelaat datputte en hindernisse op jou eiendom voorkom nie – Deut 22:8 As jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie
  495. Maak ‘n beskermreling rondom ‘n plat dak – Deut 22:8 As jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie
  496. Moenie ‘n struikelblok voor ‘n blinde man sit nie [of skadelike advies gee nie] – Lev 19:14 Jy mag ‘n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE
  497. Help ‘n ander man om ‘n vrag van die dier af te laai, as die dier dit nie langer kan dra nie – Eks 23:5 As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.
  498. Help ander om hulle dier op te laai – Deut 22:4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp.
  499. Moenie ander mismoedig laat met hulle sorge nie [maar help of om op of af te laai] – Deut 22:4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp.
  500. Bestuur verkope volgens die wet in die Torah – Lev 25:14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie
  501. Moenie meer vra of onderbetaal vir n artikel nie – Lev 25:14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie
  502. Moet niemand beledig of seer maak met jou woorde nie – Lev 25:17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
  503. Moenie ‘n bekeerde geldelik verkul nie – Eks 22:20 Hy wat aan die gode offer, behalwe aan die HERE alleen, moet met die banvloek getref word.
  504. Moenie ‘n bekeerde beledig of seermaak met woorde nie – Eks 22:20 Hy wat aan die gode offer, behalwe aan die HERE alleen, moet met die banvloek getref word.
  505. Koop ‘n Hebreeuse slaaf volgens die voorgeskrewe wette – Eks 21:2 As jy ‘n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan
  506. Moenie hom verkoop soos ‘n slaaf verkoop word nie – Lev 25:42 Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie
  507. Moenie swaar druk op hom toepas nie – Lev 25:43 Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.
  508. Moenie dat ‘n nie-jood swaar druk op hom toepas nie – Lev 25:53 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie.
  509. Moenie hom nie as slaaf gebruik om lae tipe werk te doen nie – Lev 25:39 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
  510. Gee vir hom geskenke as hy vrygelaat word – Deut 15:14 Jy moet hom ‘n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wyn pers; waarin die HERE jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.
  511. Moet hom nie met leë hande wegstuur nie – Deut 15:13 En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie
  512. Bevry Joodse vroulike bediendes – Eks 21:8 As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ‘n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.
  513. Raak verloof aan die vroulike bediende – Eks 21:8 As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ‘n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.
  514. Die heer mag nie sy bediende verkoop nie – Eks 21:8 As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ‘n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.
  515. Kaänanitiese slawe moet vir ewig werk behalwe as hulle beseer word in een van hul ledemate – Lev 25:46 En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as ‘n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie
  516. Mag nie ‘n slaaf uitlewer wat na Israel gevlug het nie – Deut 23:16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.
  517. Mag nie ‘n slaaf verkeerd bewys wat na Israel gekom het vir skuiling nie – Deut 23:16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.
  518. Die howe moet die wette toepas van ‘n gehuurde werker en gehuurde wag – Eks 22:9 By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor ‘n bees, oor ‘n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! —moet die saak van altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.
  519. Betaal lone op die dag wat dit verdien is – Deut 24:15 Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie—want hy is arm en sy siel verlang daarna—dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie
  520. Moenie loon betalings uitstel tot na die toegestemde tyd nie – Lev 19:13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie
  521. Die gehuurde werker mag van die ongeoeste oes eet waar hy werk – Deut 23:25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ‘n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.
  522. Die werker mag nie eet in sy gehuurde tyd nie – Deut 23:25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ‘n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.
  523. Die werker mag nie meer vat as wat hy kan eet nie – Deut 23:25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ‘n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.
  524. Moenie ‘n os muilband terwyl hy ploeg nie – Deut 25:4 Jy mag ‘n os nie muilband as hy graan dors nie.
  525. Die hof moet die wette toepas van ‘n lener – Eks 22:14 En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ‘n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee.
  526. Die howe moet die wet toepas van ‘n onbetaalde wag – Eks 22:7 As iemand aan sy naaste geld of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding geeEks 22:8 As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.
  527. Leen aan die armes en behoeftiges – Eks 22:25 As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.
  528. Moenie druk op die armes toepas as jy weet hulle het niks – Eks 22:25 As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.
  529. Druk die afgodedienaar vir betaling – Deut 15:3 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld
  530. Die krediteur mag nie met vors die pand gaan haal nie – Deut 24:10 As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie
  531. Gee die pand terug aan lener as hy dit benodig – Deut 24:13 Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en dit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van die HERE jou God
  532. Moenie uitstel om dit terug te gee as hy dit nodig het nie – Deut 24:12 En as hy ‘n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie
  533. Mag nie van ‘n weduwee ‘n pand eis nie – Deut 24:17 Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van ‘n weduwee nie as pand neem nie.
  534. Moenie ‘n pand eis van gereedskap wat vir kosvoorbereiding gebruik word nie – Deut 24:6 Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die lewe as pand
  535. Mag nie met rente uitleen nie – Lev 25:37 Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie
  536. Mag nie leen met rente nie – Deut 23:20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
  537. Moenie as bemiddelaar optree in ‘n lening met rente, gewaarborg en met ‘n getuie of ‘n beloofde geskryfte nota nie – Eks 22:25 As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ‘n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.
  538. Leen aan en leen van afgodedienaars, met rente – Deut 23:21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word
  539. Die howe moet wet toepas op eiser, erkenner en ontkenner – Eks 22:8 As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie. Eks 22:9 By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor ‘n bees, oor ‘n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! —moet die saak van altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.
  540. Voer die wet uit op die orde van erfporsies – Num 27:8 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.
  541. Regters moet aangewys word – Deut 16:18 Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens ‘n regverdige regspraak.
  542. Moenie regters aanwys wat nie vertroud is met regsprosedure nie – Deut 1:17 Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want diegereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem
  543. Besluit volgens meerderheid in geval van ‘n dispuut – Eks 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
  544. Die hof mag nie oordeel gee met ‘n meerderheid van een nie, daar moet ten minste twee wees – Eks 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
  545. ‘n Regter wat ‘n onskuldig bevinding gedoen het, moenie ‘n argument uitlok vir skuldig bevinding in hoof sake nie – Eks 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
  546. Die howe moet die doodstraf van steniging uitvoer – Deut 22:24 dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroep
  547. Die howe moet die doodstraf van verbrandinguitvoer – Lev 20:14 En as ‘n man ‘n vrou en haar moeder neem, is dit ‘n skandelike daad; hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.
  548. Die howe moet die doodstraf van die swaard uitvoer – Eks 21:20 En as iemand sy slaaf of slavin met ‘n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.
  549. Die howe moet die doodstraf van verwurginguitvoer – Lev 20:10 En as iemand owerspel doen met ‘n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
  550. Die howe moet die hang wat gestenig is vir godslastering of afgode aanbidding – Deut 21:22 En as in iemand ‘n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ‘n paal ophang,
  551. Begrawe die veroordeeldes op die dag wat hulle dood is – Deut 21:23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
  552. Moenie begrafnis oornag uitstelnie – Deut 21:23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
  553. Die hof moeniedie towenaar laat lewe nie – Eks 22:18 Die towerheks mag jy nie laat lewe nie.
  554. Die hof moet slae gee aan die een wat verkeerd gedoen het – Deut 25:2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ‘n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld
  555. Die hof moet nie meer houe gee as die voorgeskryfte hoeveelheid nie – Deut 25:3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.
  556. Die hof mag niemand doodmaak op omstandigheids getuinis nie – Eks 23:7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.
  557. Die hof mag niemand straf wat geforseer was om ‘n misdaad te doen nie – Deut 22:26 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie; want soos wanneer ‘n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.
  558. Die regter mag nie die moordenaar of aanvaller bejammer gedurende die hof se verhoor nie – Deut 19:13 Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.
  559. Die regter moenie meegevoel hȇ met die arm man tydens die verhoor nie – Lev 19:15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
  560. Die regter moenie die ryk man voortrek by die verhoor nie – Lev 19:15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
  561. Die regter mag nie onregverdige besluite neem in die saak van ‘n gewoonte misdadiger nie – Eks 23:6 Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.
  562. Die regter mag nie die reg verdraai nie – Lev 19:15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
  563. Die hof mag nie ‘n saak verdraai waarin ‘n vreemdeling of weeskind in is nie – Deut 24:17 Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van ‘n weduwee nie as pand neem nie.
  564. Oordeel regverdig – Lev 19:15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
  565. Die regter moenie bang wees vir ‘n opstandige man in aanhoudingnie – Deut 1:17 Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem.
  566. Regters mag nie omkoop geskenke aanvaar nie – Eks 23:8 Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.
  567. Regters mag nie verklarings aanvaar as albei partye nie teenwoordig is nie – Eks 23:1 Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om ‘n kwaadwillige getuie te wees nie.
  568. Moenie regters vloek nie – Eks 22:28 Jy mag God nie vloek nie, en ‘n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
  569. Moenie die hoof van die land vloek nie, ook nie die leier van die Sanhedrin nie – Eks 22:28 Jy mag God nie vloek nie, en ‘n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
  570. Moenie enige Jood wat vir sy regte opstaan, vloek nie – Lev 19:15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
  571. Enig iemand wat bewyse het moet getuig in die hof – Lev 5:1 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;
  572. Vra die getuie versigtig uit – Deut 13:14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,
  573. ‘n Getuie mag nie dien as ‘n regter in groot misdade nie – Deut 19:17 dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.
  574. Mag nie ‘n verklaring aanvaar van een getuie nie – Deut 19:15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ‘n saak van krag wees
  575. Oortreders mag nie getuig nie – Eks 23:1 Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om ‘n kwaadwillige getuie te wees nie.
  576. Familie van die gedingvoerders mag nie getuig nie – Deut 24:16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
  577. Mag nie valse getuienis aflȇnie – Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
  578. Straf die vals getuie soos hulle die verweerder gestraf het – Deut 19:19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
  579. Tree op volgens die reëls van die Sanhedrin – Deut 17:11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
  580. Mag nie afwyk van die woord van die Sanhedrin nie – Deut 17:11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
  581. Mag nie iets byvoeg by die Torah gebooie of die mondelingse verduidelikings nie – Deut 13:1 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig
  582. Mag nie die Torah se wette verkleineer nie – Deut 13:1 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondigDeut 13:2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien, Deut 13:3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel
  583. Mag nie jou Vader of Moeder vloek nie – Eks 21:17 En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
  584. Mag nie jou Vader of Moeder slaan nie – Eks 21:15 En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word
  585. Respekteer jou Vader en Moeder – Eks 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
  586. Vrees jou vader en moeder – Eks 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.Lev 19:3 Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.
  587. Moenie ‘n rebelse seun wees nie – Deut 21:18 As iemand ‘n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,
  588. Rou vir familie – Lev 10:19 Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE?
  589. Die hoë priester mag hom nie verontreinig vir enige familie lid nie – Lev 21:11 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
  590. Die hoë priester mag nie onder dieselfde dak wees as ‘n lyk – Lev 21:11 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
  591. ‘n Kohen moet hom nie verontreinig deur na begrafnisse of begraafplase te gaan vir enigiemand, behalwe familie nie – Lev 21:1 Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan ‘n dooie moet ‘n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
  592. Wys ‘n koning aan uit Israel – Deut 17:15 dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie
  593. Mag nie ‘n uitlander aanwys nie – Deut 17:15 dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie
  594. Die koning moenie te veel vrouens hȇnie – Deut 17:17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie
  595. Die koning mag nie te veel perde aanhou nie – Deut 17:16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
  596. Die koning mag nie te veel silwer of goud hȇnie – Deut 17:17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie
  597. Vernietig die sewe Kanaänietise nasies – Deut 20:17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het;
  598. Geen een van hulle moet lewend oorbly nie – Deut 20:16 Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
  599. Die nagedagtenis van Amalek moet uitgewis word – Deut 25:19 As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
  600. Onthou wat Amalek aan die Joodse mense gedoen het – Deut 25:17 Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,
  601. Moenie Amalek se wreedaardigheid en lokval op ons reis van Egipte in die woestyn, vergeet nie – Deut 25:19 As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
  602. Mag nie permanent in Egipte bly nie – Deut 17:16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
  603. Offer vrede tydperke aan die inwoners van ‘n stad wanneer hulle beleg hou en behandel hulle volgens die Torah as hulle die terme aanvaar – Deut 20:10 As jy naby ‘n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.
  604. Moenie vrede offer aan Ammon en Moab terwyl julle hulle omsingel nie – Deut 23:7 Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land.
  605. Mag nie vrugte bome vernietig nie, ook nie tydens beleëring nie – Deut 20:19 As jy ‘n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom?
  606. Sit latrines buite die kampe op – Deut 23:13 En jy moet by jou gereedskap ‘n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.
  607. Elke soldaat moet ‘n graaf kry om mee te spit – Deut 23:13 En jy moet by jou gereedskap ‘n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.
  608. Wys ‘n priester aan om met die mense te praat gedurende die oorlog – Deut 20:2 En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek;
  609. Hy wat ‘n vrou gevat het en ‘n nuwe huis bou of ‘n wingerd geplant het, word ‘n jaar kans gegee om dit in vreugde te geniet – Deut 24:5 As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.
  610. Mag nie van bogenoemde enige inmenging, sielsgemeenskap of iets militȇr eis nie – Deut 24:5 As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.
  611. Mag nie paniekbevange word en ritireer tydens gevegte nie – Deut 20:3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
  612. Hou die wette van ‘n vroue gevangene – Deut 21:11 en jy onder die gevangenes ‘n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem, Deut 21:12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip. Deut 21:13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder ‘n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.
  613. Moet haar nie in slawerny verkoop nie – Deut 21:14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het.

Professor Hannes Redelinghuys (Ph.D). (Eskat.).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui