God op soek? (Frits Gaum)

Kyk ook:

Frits Gaum het die volgende boek geskryf:

  • Titel: God op soek?
  • Subtitel: Oor geloof in ‘n taai tyd
  • Publikasiedatum: 16 Oktober 2016
  • 0928316459
  • 9780928316452

Die volgende kort resensie het verskyn waar die boek verkoop is:

Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wêreldoorloë aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte ‘n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle ná Sondagoggend-kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe ‘n kindjie van vier in ‘n fratsongeluk dood is?

Waar wás God? Ís daar ooit ‘n God?

Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons “sekerhede” en ons wanhoop.

Dis ‘n boek wat jou uitnooi om saam te dink. En by nóg vrae uit te kom. En, dalk, by antwoorde.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui