Salomo se gegote waterbak in 1 Koning 7:23-26 en 2 Kronieke 4:2-5

Genesis skipperaars redeneer soms dat die Bybel wetenskaplike foute bevat en daarom hoef ons nie Genesis 1 te glo oor die skepping nie, maar eerder die sogenaamde wetenskap van evolusie en miljoene jare.

In 1 Koning 7:23-26 en 2 Kronieke 4:2-5 word Salomo se gegote waterbak beskryf.

Hierin lê twee potensiële Bybelfoute:

1. PI = 3.0?

Volgens skeptici gee die Bybel die verkeerde verhouding tussen ’n sirkel se omtrek en sy diameter (pi).

Vir ’n sirkel, weet ons:

Omtrek = pi × d (waar pi ≈ 3.14)

In 1 Konings 7:23 staan daar egter:

(23)Hy het ook die gegote waterbak gemaak, heeltemal rond, vyf meter [10 el] in deursnee, twee en ’n half meter [5 el] hoog, en met ’n omtrek van vyftien meter [30 el].

(In 2 Kronieke 4:2 word dieselfde afmetings gegee.)

Hiervolgens is pi = 15/5 = 3 en nie 3.14 nie.

Jy mag dalk sê dat dit eenvoudig verklaar kan word as ’n afrondingsfout: die skrywer het met ronde getalle gewerk – sy intensie was nie om presiese, wiskundige, afmetings te verskaf nie. Verder het die mense van daardie tyd nog nie akkurate meetinstrumente gehad nie. Hulle het met el (44.5 tot 52 cm) en handbreedtes (8 tot 9.55 cm) gewerk[1].

Jy sou reg wees, maar daar is selfs ’n beter verklaring:

In vers 26 staan: (26)Die wande van die waterbak was sowat nege sentimeter [een handbreedte] dik…

As ’n mens aanneem dat die buitediameter 5 meter was en die binne-omtrek 15 meter, dan is die binnediameter = 5 – 2×0.09 = 4.82 meter en die waarde van pi die volgende:

pi = 15/4.82 = 3.11

Dit is dus baie nader aan die korrekte 3.14.

Kyk ook:

2. Volume van die bad

Volgens 1 Konings 7:26 kon die bad 2000 bat hou en volgens 2 Kronieke 4:5 kon dit 3000 bat hou.

Een bat is 22 liter, dus is dit 44 kiloliter en 66 kiloliter onderskeidelik.

Volume = pi × r2 × h
h = 44 / [pi × (4.82/2)2] = 2.4

Veronderstel die bad het ’n silindriese vorm gehad en ons werk met die binnediameter van 4.82 m (soos hierbo uitgewerk), dan was die bad se hoogte 2.4 meter en 3.6 meter onderskeidelik.

Daar is twee moontlike verklarings vir hierdie teenstrydigheid:

  1. Dit kon ’n skryffout gewees het. In die oorspronklike Hebreeus lyk dit baie dieselfde.
  2. 1 Konings 7 kon verwys na die hoeveelheid water wat tydens seremonies gebruik is en 2 Kronieke 4 kon verwys na die totale volume van die waterbad wanneer dit vol was.

Weereens kan hierdie nie gebruik word om te bewys dat die Bybel verkeerd is nie.

Kyk ook:

Voetnotas

[1] Bybelse meeteenhede:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui