Bybelfout: In Matteus 12:40 sê Jesus dat Hy drie dae en drie nagte dood sou wees

Die Bybel is baie duidelik dat Jesus op ’n Vrydagmiddag 15:00 net voor die sabbat, dood is en opgestaan het op ’n Sondagoggend. Dus was Hy hoogstens drie dae en twee nagte dood. Dit word bevestig in die volgende verse:

In Matteus 12:40 sê Jesus egter dat Hy drie dae en drie nagte in die graf sou wees voor Hy sou opstaan.

(40)Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.

Die antwoord lê in die wyse waarop die Jode dae getel het.

In Ester 4:16 sê Ester: (16)Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie.

In Ester 5:1 staan egter: (1)Op die derde dag het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, regoor die ontvangsaal van die koning.

Dus het ons hier te doen met presies dieselfde geval.

Kyk ook

3 thoughts on “Bybelfout: In Matteus 12:40 sê Jesus dat Hy drie dae en drie nagte dood sou wees”

  1. Ek stem glad nie saam dat Jesus die Vrydag gekruisig is nie. Daar is geen manier waar jy by drie dae en drie nagte kan uitkom indien hy op die Vrydag gekruisig is nie. Dié gedagte spruit uit onkunde by Bybelvertalers en die 83 vertaling in plein verkeerd. Daar staan nêrens in die oorspronklike teks iets van Vrydag nie. Dit is invertaal.

    Die dag na die paasfees was outomaties ’n spesiale Sabbat:
    Lev. 23 : 5 – 7 “Op die veertiende van die eerste maand teen skemer moet julle die paasfees vier tot eer van die Here. Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet. Op die eerste dag moet julle ’n gewyde byeenkoms hou: julle mag dan geen werk doen nie.”
    Num. 28 : 16 – 18 “Die paasfees moet op die veertiende van die eerste maand tot eer van die Here gevier word. Op die vyftiende van dié maand moet daar ’n fees wees. Julle moet sewe dae lank net ongesuurde brood eet. Op die eerste van die sewe dae moet daar ’n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.
    Daar is nog voorbeelde. Ons sien ook in Eseg. 45 en 46 dat die gebruik op die eerste dag van die fees van ongesuurde brood dieselfde is as vir ander Sabatte.

  2. Riaan jy slaan die spyker op sy kop. Dit is presies soos jy sê ons is al die jare geflos deur ons kerk om te glo in Goeie Vrydag en Paasmaandag. Dit is ’n Pagan Vakansie dag geskep deur die Pous om saam te val met die Oosterse geloof se Feeste ter ere van die Hemel koningin die Songod die tekens Nl. die Eier teken van nuwe lewe Die Haas teken van Vrugbaarheid en die Haan wat die songod aankondig. Nerens maar, nerens in die Bybel word gesê ons moet Paasfees vier nie. God het die Pasga ingestel as n ewige insetting vir Sy volk want Hy het geweet hulle sal nie Christus as Messias aanvaar nie wat dan ’n heenwys is na die Kruisiging. Na die die kruisiging het die gelowiges nooit weer Pasga gevier nie maar die Nuwe verbond in Sy bloed nl.. die Nagmaal waar in ons Sy dood herdenk totdat hy weer kom. Ons vereer Hom glad nie om sy dood te herdenk op ,n pagan feesdag nie. Die Kerke maak van Christus “n leuenaar toe Hy gesê drie dae en drie nagte Die Woord sê God is geen man dat Hy sou lieg nie Num.23:19. Dit gaan my verstand tebowe dat geen een in ons Susterkerke dit nog kon vastel dat Paasfees pagan is nie

    1. Amen Riaan en David, julle is 100% reg.. En die bybel sê ook hoe ons Jesus se dood en opstanding vier, niks met enige dag te doen nie. PS! dis ook glad nie in die Bybel nie. Maar ons vier Sy dood en opstanding deur Die Doop en Geloof: Rom6:3-5; Kol2:12 en 1Pet3:20-21. Net soos easter Pagan is so is Kersfees en Sondag ook Pagan aka duiwels.
      Kersfees en Sondag is ook ’n Pagan dag geskep deur die Pous om saam te val met die Oosterse geloof se Feeste ter ere van die Hemel koningin(Ishtar of Ashtoreth) se songod. Dis hoekom die een wat dink hy is God se verteenwoordiger op aarde en wat reken hy kan sonde vergewe. Al die laaste 8-jaar druk op lande uit oefen om die sogenaamde “Sondag wet” in te bring om mense te dwing om sondae nie te werk nie.
      Daar staan nêrens in die oorspronklike teks enige eerste dag van die week nie, die oorspronklik teks het die woord Sabbath in en nie eerste dag van die week nie. Nêrens in die Bybel sê dit dat sondag die rus dag is nie-was nog altyd die 7de dag.. God bly dieselfde: God is geen man dat Hy sou lieg nie Num.23:19. en ook Heb 13:8; Jak1:17 &Ps 119:89. Doen julle self ń guns en kyk “Truth and Tradition” van Jim Staley op you tube. Waar easter en kersfees regtig van daan kom. Deur en deur pagan….

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui