Waarna verwys Paulus in 1 Korintiërs 10:8

In 1 Korintiërs 10:8 skryf Paulus: (8)Laat ons ook nie onsedelikheid pleeg nie, soos sommige van hulle onsedelikheid gepleeg het, en op een dag het daar drie en twintig duisend omgekom.

Dit lyk of hy na Numeri 25:1-9 verwys, maar in vers 9 word gesê dat daar 24 000 mense dood is. Dit lyk of dit ‘n teenstrydigheid is. Daar is egter twee moontlike verklarings hiervoor:

1. Paulus verwys nie na die totale aantal mense wat gesterf het nie, maar slegs na die hoeveelheid mense wat op een dag dood is.

2. Paulus verwys na Eksodus 32 (die goue kalf), wat goed ooreenstem met 1 Kor 10:7. Tydens hierdie geleentheid word die aantal mense wat dood is nie gegee nie. Dus is dit moontlik dat Paulus die eerste skrywer is wat vir ons sê hoeveel mense dood is in Eksodus 32. Indien hierdie geval geldig is, dan is daar geen teenstrydigheid nie.

Kyk ook

1 thought on “Waarna verwys Paulus in 1 Korintiërs 10:8”

  1. Oorlede Dr.Willie Marais het ook al die sg. “Teenstrydighede” aangespreek. Ek dink bg. moontlikhede kán ook waar wees, want dit is logiese afleidings, en nie baseer op aannames, wat ook nie verklaar kán word nie, soos baie kritici van die Bybelboeke dikwels hul standpunte op baseer. Kon daar “oorskryffoute” ook wees, of Paulus dalk ‘n “memory lapse” gehad het? Sou lg. waar wees, sal ek nog steeds as al sy woorde inspireerd deur die Gees beskou, maar persoonlik dink ek daar is waarde aan bg. opinies, want dit blyk nie asof daar ‘n ” logic fallacy” in dié redevoeringe is nie.

    Wat mens al dikwels teëgekom het, is dat die duiwel juis kom, en saad van twyfel by mense wil saai, want hy wil die ware lig van die inhoudelike gewig van die teks van mense af weghou. God was geweldig kwaad vir die manne, want hul het deel gehad aan die afgode offermaaltyd, wat in skreiende kontras staan met die Tempel se offers, wat aanduidend getoon het op God se Heiligheid en Sy vleklose OfferLam, Sy Seun, wat Hy as sonde offer sou gee. Hul het letterlik satan aanbid. En in dié eeu, is die téks nog nétso relevant as duisende jare gelede.

    NUM 25: “2Dit het gebeur toe die mans deur die Moabitiese vrouens uitgenooi is na die offers ter ere van hulle gode. Die mans het aan die offermaaltye deelgeneem en die gode van die vrouens aanbid. 3So het die Israeliete vir Baäl-Peor aangehang. Die toorn van die Here het teen Israel ontvlam”

    Sou Paulus wél ‘n skryffout begaan het, is my eie prentjie daaroor as volg: Christus het Sy Perfekte Self vir ons perfekte ongeregtigheid deur Sy Bloed versoeningsoffer gegee, sodat ons in Sy Perfekte Gees se Geregtigheid kan wandel, en vir Ewig (en dit is absoluut “mind blowing”) dra Hý die letsels van gate in Sy Hande en Voete in Sy Verheerlikte hoedanigheid, terwyl ons eendag, perfekte liggame gaan hê. Ons onbedoelde “skryffoute” – soos in Levitkus 4 se ” onbedoelde sonde” – is volmaak bruikbaar onder Christus se Bloed.

    Ek dink – ongelukkig – maak baie, baie teoloë van Paulus (soos ook van ander baie teoloë, en selfs Calvyn en Luther en die Puriste, ens) dikwels ‘n baie gróter figuur as Christus – onder die vaandel van nederigheid, in soveel vorme – en die rede daarvoor, is dat hul húlself nog nooit in die 👣 van die “pre-converted Saul” of die Petrus-verloënaar, of die “Hosea Whore”, of die Goue Kalf aanbidders, of soos Ragab van Jerigo, of soos die duiwel in Lukas 4 en in Sagaria 3 ráákgelees het nie.

    Die prentjie van die “self 🧠” , is dikwels gereflekteer in die “teoloog mede-manne aanbidding” in baie se woorde en uitsprake, maar die ❤ kán eenvoudig nie saam😭 met die gebroke duiweltowenaar, of brandarm en sweerbedekte bedelaar, of heksetong, wat met 10000’e duiwels besete is nie.

    En dan meen hul.🧠, hul verstáán Johannes 17?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui