Onfeilbaarheid van die Skrif

Bybelse onfeilbaarheid (Engels = “inerrant”) is die oortuiging dat die Bybel sonder foute is in al sy leerstellings; of, ten minste, dat die oorspronklike Bybelse manuskripte op geen manier in stryd is met die feite nie.

Inerrant = there are no errors
Infallible = there can be no errors

Sommige stel onfeilbaarheid gelyk daaraan dat die Bybelse geen foute kan hê nie (Engels=”infallible”).

Met “onfeilbaarheid van die Bybel” word nie bedoel dat God die woorde van die Bybel aan die skrywers gedikteer het nie (kyk Meganiese inspirasie). Daar word bedoel dat wat die skrywers oorspronklik geskryf het nie foute gehad het nie.

Hier volg ‘n paar skakels na artikels/videos oor die onfeilbaarheid van die Bybel.

2 thoughts on “Onfeilbaarheid van die Skrif”

  1. ‘’Die WOORD van GOD’’

    Tans besig om 1 Konings 17 te lees. In hierdie hoofstuk alleen – en die Bybel is deurspek met ánder voorbeelde, hetsy met soortgelyke, nou-verwante of totaal ánder kontekste en ruimtes – merk mens die volgende op (1933/1953 Afrikaans vertaling). Daar is natuurlik baie méér in dié hoofstuk opgesluit, as ondergenoemde losse opmerkings:

    1Konings 17 uittreksels

    v1 Elía, die Tisbiet…het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan…daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!

    V2…Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê…

    v5 hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE…

    v6 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:..

    v10 Daarop het hy hom gereedgemaak en …

    v12..sy antwoord: So waar as die HERE u God leef…

    v14…so sê die HERE, die God van Israel…

    v15…sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elía

    v16 die meel…nie opgeraak…olie …nie minder geword…volgens die woord van die HERE

    v20… hy het die HERE aangeroep…: HERE my God

    v21…het hy hom…uitgestrek…die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel …terugkeer.

    v22 En die HERE het Elía verhoor; en die siel …het…teruggekeer…weer lewendig geword

    v24…Nou weet ek dit dat u ‘n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.

    Enkele inligting vanuit ’n turbulente tydvak met omvattente historiese inhoud en konteks vir die Verenigde en Verdeelde Israelse Stamgenote

    (*Holman Illustrated Bible Dictionary © 2003, Holman Bible Publishers)

    Dawid tree op 1010vC-970vC*

    Salomo tree op 970vC-931vC*

    Jerobeam tree op 926vC-909vC*

    ‘’He became the example of evil kings in Israel. He built temples in Dan and Bethel with golden calves representing God’s Presence. What appeared to be good politics diverted people from worshipping at Jerusalem, God’s chosen place. Following northern kings walked in the ways of Jerobeam, encouraging worship at Dan and Bethel (1Kings 15:25-26,33-34;16:18-19,30-31). He instituted new worship practices at his temples (1Kings 12:25-33), intentionally making Israelite worship different from that in Jerusalem, though claiming to worship the same God with the same worship traditions. Prophetic warnings failed to move Jerobeam (1Kings 13:1-14:20).’’

    Omri tree op 885vC-874vC*

    Agab tree op 874vC-853vC*

    ‘’Ahab appears to have been a worshiper of Yahweh, God of Israel, but probably along with other deities. The influence of Jezebel in his life, however, overshadowed any significant influence the prophets of the Lord had in his life. He became a prime example of evil (Miga 6:16).’’

    Elia tree op 870vC- …?

    Enkele Skrifverwysings met betrekking tot bovermelde persone/handelinge

    1Konings 14:8…my kneg Dawid …wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my…

    1Konings 3:1 En Salomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die stad van Dawid ingebring….

    1Konings 11:1 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad…die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese…

    1Konings 11:2 …waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang

    1Konings 11:5 En Salomo het agter Astárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.

    1Konings 11:7 Toe het Salomo ‘n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon.

    1Konings 12:28 Daarom het die koning [Jerobeam] raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!

    1Konings 12:29 En die een het hy [Jerobeam] in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.

    1Konings 12:30 En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.

    1Konings 12:31 Hy [Jerobeam] het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

    1Konings 12:32 En Jeróbeam het ‘n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.

    1Konings 12:3 En hy het geklim op die altaar wat hy [Jeróbeam] in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ‘n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

    1Konings 14:10…Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ‘n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.

    1Konings 16:26 Hy [Omri] het naamlik gewandel in al die weë van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.

    1Konings16:30 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die HERE, meer as al sy voorgangers.

    1Konings 16:31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy [Agab] het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig,

    1Konings 16:32 en vir Baäl ‘n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy [Agab] in Samaría gebou het.

    1Konings 16:33 Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die HERE, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.

    Kontras in gehoorsaamheid en in ruimte

    Dawid en Elia : woorde van God en onmiddelike gehoorsaamheid daaraan

    Alle ánder karakters: woorde van God… térg God in Sy Gesig, so asof Hy soos ‘n ‘’skoothondjie’’ is, wat gepaai moet word, en Wie se woorde, soos ‘n irriterende blaffie klink, en hul vinnig vir Hom ‘’pedigree dog pellets’’ moet gee, om Sy mond stil te hou.

    In Elia in 1 Konings 17:2-24, sien mens God se handelinge met 3 persone en 1 diersoort in ruimtes vér verwyderd van die gewoel in die Noordelike en Suidelike dele se politiese en godsdienstige sfere: Elia, kraaie, Weduwee, Weduwee-seun. God is in die fynste detail betrokke by hierdie karakters, en openbaar aan húl Sy ❤; so asof Hy Sy 👀👂👂 weggedraai het téén dié wat Sy wóórde ignoreer.

    Hedendaagse Toepassing

    🌎🌍🌏gees: Dink aan GOD se woorde as ‘’blah-blah-blah-blah’’.

    Baie, baie kerke wat dínk hul ken God: Soos Salomo in 1Konings 11:2 ‘’gode…met liefde aangehang…’’; geestelik só oorgewig, hul sal op ‘n geweldige groot geestelike (en sommige fisiese) dieët moet gaan, om van die hoogmoedige én trotse las van gewigtigheid in die kop en lyf ontslae te raak, want die Poort na die Hemel, is baie, baie Smaller, as wat meesste meen.

    Droom onlangs van die VSA. Natuurlik sal baie hierdie skrywe óók aflag:

    Baie vreesaanjaend, aanvanklik.

    Daar is ‘n omgekeerde lang reghoekige Tafel met 6 pote, bestaande uit soliede ysterklip, wat vertoon soos swart beton, en skuinsoor die VSA lê, beginnende onder in die Suid-Weste van die land, en strek tot in die boonste Noord-Ooste van die land. Dié Tafel lê omgekeerd op haar blad met slegs die 6 omgekeerde vierhoekige pote sigbaar, en die tafelpote ‘’toring’’ hoog vanuit die grond: baie, baie, baie hoër as die hoogste wolkekrabber in die 🌎🌍🌏. Dié Tafel is MASSIEF, en die stede van New York en Washington en Los Angeles en Dallas en Houston (o.a.), lyk soos mikro-huisies op die oppervlate blad van ‘n kinderspel, sáám ander stede en dorpe. Amper asof 70%+ van die VSA-populasie, indien nie meer, se ‘’huisies’’ op haar ‘’rotsfondament’’ gebou is.

    En dié wete, dat dié tafel soos dié offeraltare van ‘’Lillith’’ is – 28 daarvan en donker en boos- en sáám, een massiewe groot offeraltaar uitmaak, wat GOD térg.

    En toe vanuit die Hemel kom daar óók ‘n tafel, maar staande op sy 4 pote, en aanvanklik nie groot of indrukwekkend, en seker nie groter as die mate van die Verbondsark soos in die Ou Testamentiese Tempel nie. En dié tafel is baie eenvoudig, en nie swaar nie, en gemaak van suiwer goud, deurskynend en daar is ‘n helder Lig wat daaruit straal. En dié tafeltjie staan vér, vér buite bereik van enige sateliet, of teleskoop se ‘’sigwydte’’, en geen toestel, kan enige liggolwe van dié tafeltjie, bespeur nie. Selfs die ‘’James Webb” kan dié tafeltjie nie opmerk nie, so klein en onindrukwekkend is hy. Maar dié tafeltjie is ‘n Rein tafeltjie, en die Lig daaruit, wat net God kan sien, se strale van triljoene tot die mag triljoene kilometers in distansie, snel met verbysterende vaart en ‘’energie intensiteit’’, en ontbloot die ‘’’hekse VSA tafel’’, wat Joe Biden so heerlik vanaf smul.

    Die strale vanuit dié tafeltjie, is Heilige Ligstrale, en nie die nonsens en twak wat menige leraars en teoloë en nasiehoofde en besigheidsleiers soos soetkoek aan mense verkoop nie. En dié tafeltjie se Heilige Lig, verkrummel toe daardie Hekse Rotsblad se Offeraltaar tot stofdeeltjies. Van wat blyk as ‘’absolute rotsvastigheid’’, word verander in een groot hoop as, met ‘n kleur soos dié van ‘n ‘’Environmental Dumpsite’’ wat ‘’Blast Furnace Slag’’ ophoop.

    En dié klein tafeltjie, se Ligstrále van Heilige Intensiteit, het ‘’binne-in” die strale – wat net GOD kan 👀- volgende woorde:

    Openbaring 19:17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,

    Openbaring 19:18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.

    Openbaring 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.

    Openbaring 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

    Openbaring 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.

    En dié tafeltjie het ‘n ❤ wat glinster met die Rooi Bloed van Golgotha, en in dié tafeltjie se ❤kamers eggo die volgende :

    ” G O D speel nie ‘games’ nie ‘’

  2. Wat die ‘onfeilbaarheid van die skrif’ betref of dan ‘die gesag van die skrif’ dink ek dat daar baie wanpersepsies is.
    Daar is mos verskillende vraagstukke wat dit raak.
    Byvoorbeeld of die brontekste wat gebruik is om die Bybel byvoorbeeld na Afrikaans toe vertal die oorspronklikes is. Daar is verskillende manuskripte waaruit geskep word vir hierdie doelwit.
    Die volgende vraag is hoe goed die vertalings is. Is dit ‘n duidelike weergawe van die oorspronklike tekste of is dit misleidend?

    Nou ek dink dat die oorspronklike tekste voldoende genoeg is om ‘n redelik voldoende vertaling te kry. Ook die vertalings is tot dusver voldoende. Terwyl ek wel dink dat hulle besig is om swakker te word met die vertalings. Die bewoording word versag om ‘minder aanstoot te gee’. Die ou taal was meer kleurryk en duidelik.
    Daar is egter ook ‘n rede hoekom mens nie te bekommerd hoef te wees nie. Die betekenis kom uit die sinne en tekste self. En dis die Heilige Gees wat mens in elk geval moet he om dit reg te kan verstaan. Mens kort Waarheid om by Waarheid uit te kom.

    Die probleem is nie so erg met die bybelvertalings, die probleem is die inlegkunde wat daar bedryf word. En mense hou maar daarvan om hulle eie vleeslike verstaan in die interpretasies intedruk. Vleeslik = Menslik. En menslikheid is maar die groot probleem van die mens. Volgens wereldse standaarde beteken dit nie noodwendig dat ‘n persoon sleg is. Maar die bedorwenheid sal nog steeds daar wees, sonder wedergeboorte.

    Is die Bybel ‘Die Woord van God’. Wel, dis die skrif en die skrif is wat van Jesus Christus getuig. Dit se nerens dat dit die ‘woord van God’ is nie. Dat dit van die Woord van God getuig is egter waar. Is die bybel ‘die finale gesag’. Weereens NEE! Die finale gesag is God die vader volgens die skrif self. Dus is dit ‘n gesaghebbende bron en betroubare getuienis. Meer betroubaar as enige getuienis wat ooit in ‘n hof gegee is.

    Die skrif kan as riglyn gebruik word om leerstellings te toets ook. Maar op die ou eide is Christus the opperhof en die Heilige Gees is dit wat mense moet ly dinge reg te interpreteer, te leer en te praktiseer. Ongelukkig is dit egter grootliks so dat dinge in kerke maar volgens die wil van mense gedoen word wat nog slawe van hulle eie begeertes is. En dis waar die verandering moet plaas vind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui