Wie was Moses se skoonpa?

In die Bybel word daar verskillende mense voorgehou as Moses se skoonpa:

Wie was Reüel?

Daar is drie moontlikhede:

  1. Reüel was bloot ’n ander naam vir Jetro (soos Jakob ook Israel genoem is).
  2. Reüel was die hoof van ’n stam (groep van families) en die dogters van Jetro was geassossieer met Reüel. ’n Soortgelyke voorval in die Bybel was Jakob wat Josef se kinders as sy eie aangeneem het (Genesis 48:5).
  3. Reüel en Jetro was dieselfde persoon. Jetro was sy priesterlike titel: Hy was die priester van Midian en Sippora (Moses se vrou) se pa.

Die derde opsie is waarskynlik die mees realistiese opsie.

Wie was Gobab?

In Rigters 4 staan: (11a)In daardie gebied was daar ’n man met die naam Geber, ’n Keniet uit die nageslag van Moses se skoonpa Gobab.

1. Woorde is uitgelaat

In Numeri 10:29-30 word Gobab as Moses se swaer voorgehou. Dus is ’n moontlikheid dat mense wat die Bybel oorgeskryf het, per ongeluk woorde uitgelaat het. Dus:

  • Verkeerd: “…uit die nageslag van Moses se skoonpa Gobab.”
  • Reg: “…uit die nageslag van Moses se skoonpa Jetro, se seun Gobab.”

2. Gobab = Jetro

Dit kan ook wees dat Jetro ook Gobab genoem is en dat Gobab na daardie naam vernoem is.

Opsommend

Reüel en Jetro was dieselfde persoon en was Sippora se pa en Moses se skoonpa.

Gobab was Jetro se seun en daarom Moses se swaer.

Bronne

1 thought on “Wie was Moses se skoonpa?”

  1. In my familie en skoonfamilie is daar mans met verskillende byname. Petrus self het meer as een naam gehad (Simon, Petrus, Sefas). Paulus ook. Ek is seker daar is meer voorbeelde.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui