2 Samuel 24 (het God Dawid aangehits om die volk te tel?)

In 2 Samuel 24:1 lees ons:

Op ’n keer was die Here vertoorn op Israel. Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: “Gaan tel die Israeliete en die Judeërs.”

Later in vers 10 lees ons dat Dawid spyt gekry het daaroor en berou gevra het. Die volgende oggend het God die profeet Gad gestuur om vir Dawid ’n keuse te gee van drie strawwe.

Die vraag is: Hoe moet ons hierdie gedeelte verstaan? Het God werklik vir Dawid aangehits om die volk te laat tel om hom later daaroor te straf?

1 Kronieke 21 gee ook ’n weergawe van hierdie insident. Daarin staan daar dat dit Satan was wat Dawid aangehits het om ’n sensus van Israel te hou:

Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om ’n sensus van Israel te hou.

Hoe verstaan ’n mens hierdie teenstrydigheid?

In Job 1 lees ons dat Satan God se toestemming gevra het om Job met teëspoed te tref en God het ingestem. Dit is waarskynlik wat ook hier met Dawid gebeur het: dit was nie werklik God wat Dawid aangehits het om ’n sensus te doen nie maar Satan het God se toestemming gevra en Hy het ingestem. Dawid was egter te swak om die versoeking te weerstaan en het voortgegaan om te sondig.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui