Die Bybel is nie ’n geskiedenis of wetenskapshandboek nie

In beide die NG Kerk se 2002– en 2004-besluit oor skrifgesag word gesê “dat die Bybel nie gesien kan word as ’n eksakte handboek vir historiese of wetenskaplike kennis nie”. Kyk ook:

Daar is slegs een enkele rede vir hierdie stelling: dit is om ruimte te maak om die Bybel se gesag te bevraagteken.

Niemand in die kerk sal ooit die gesag van die Bybel direk bevraagteken nie. In dieselfde besluite word ook hierdie mooi woorde gebruik soos:

  • “Die Bybel het gesag oor ons hele lewe”
  • “Die Bybel is betroubaar, omdat ons vas glo dat God werklik is soos Hy Homself in die Skrif aan ons bekend maak”
  • “Die Bybel is duidelik, omdat die kerk hierin die helderheid van die evangelie van God se liefde en genade hoor”

Dit bly egter by mooi woorde. Omdat die Bybel kwansuis nie ’n historiese handboek is nie, kan ons die volgende betwyfel: sesdagskepping volgens soort, sondvloed, Abraham se bestaan, ensovoorts.

Omdat die Bybel kwansuis nie ’n wetenskapshandboek is nie, kan ons homoseksualiteit as sonde betwyfel omdat die indeks vir die beskrywing van psigiatriese afwykings (DSM) immers homoseksualiteit uit hulle lys van psigiese afwykende gedragsverskynsels verwyder het. (Die ironie is dat die wetenskap tot op hede nog glad nie kon bewys dat persone homoseksueel gebore word nie.)

Daar is selfs teoloë wat so ver gaan as om die profesieë in die Bybel, Jesus se godheid, wonderwerke, Sy opstanding uit die dood en hemelvaart te bevraagteken omdat die Bybel kwansuis nie ’n historiese en wetenskapshandboek is nie. Die wetenskap het immers gewys dat wonderwerke nie moontlik is nie en dat die mense van die Bybel voorwetenskaplik was.

Maar almal is dit eens dat die Bybel gesag oor ons lewens het… Baie ironies.

Oor die Bybel as wetenskapshandboek

Natuurlik is die Bybel nie ’n wetenskapshandboek nie. Niemand beweer dit nie. Dit is wat jy ’n strooipopargument noem. Die Bybel leer ons nie van atome of die beste landboutegnieke wat vandag op ons van toepassing is nie. Die Bybel maak selfs nie aanspraak oor die posisie van die aarde in die heelal nie. Waar die Bybel wel na wetenskaplike dinge verwys, is dit nie teenstrydig met die huidige wetenskap nie (kyk byvoorbeeld Scientific Facts in the Bible en Ten of the Top Scientific Facts in the Bible).

Oor die Bybel as historiese handboek

Die Bybel bevat verskillende genres, waarvan geskiedenis by verre die meerderheid is. Ek is nie seker of daar nog ’n enkele antieke geskrif bestaan wat die geskiedenis van die wêreld so volledig en akkuraat beskryf as die Bybel nie. Die blote feit dat die Bybel genoeg inligting bevat dat James Ussher (en ander) wel kon uitwerk dat die skepping ongeveer 4004 vC plaasgevind het, sê iets oor die merkwaardigheid van die Bybel as geskiedenis handboek. En dan is daar baie argeologie wat die geskiedenis in die Bybel bevestig. Byvoorbeeld:

Dus, wees maar baie versigtig met die stelling: “Die Bybel is nie ’n wetenskapshandboek nie”. Die motief vir hierdie stelling is in die meeste gevalle om die Bybel te diskrediteer en om on-Bybelse sieninge te bevorder.

9 thoughts on “Die Bybel is nie ’n geskiedenis of wetenskapshandboek nie”

  1. Daar is ’n paar punte wat hier geld:
    1. Sola Scriptura: ons bou ons geloof op die openbaring van God aan die mens. Sy Gees herinner die skrywers aan alles wat hulle moet skryf. Dis dus noodsaaklik dat die Skrif absoluut betroubaar moet wees. Indien nie, is ons geloof tevergeefs. Gebou op sand.

    2. Sal God, die Een wat by uitstek betroubaar en waar is in Sy wese en woorde, ons vergas met mites in die eerste 11 hoofstukke van Sy openbaring en die res van Sy openbaring onverstaanbaar en onbetroubaar maak vir gewone mense, selfs vir kindertjies soos Jesus gesê het? Watter teks in die Skrif is dan betroubaar? Waarom sal God vir ons stories vertel oor SY almagtige skeppingsdade en nie die direkte feite gee nie? As God ’n gebeurtenis soos die skepping in sober onmiskenbare Hebreeuse geskiedenisstyl vertel, moet die wetenskap maar weer gaan dink as hulle daarmee verskil. Selfs ateïstiese wetenskaplikes loop hulle vas teen Hom en Sy feite in Sy Woord, waar Hy stellings maak wat as “onwetenskaplik” beskou word. Jesus sê dat as hulle nie eens die aardse dinge wat Hy vertel, glo nie, hoe sal hulle die hemelse dinge glo, Joh 3:10-13? CMI spreek hierdie saak mooi aan. Die Skrif is wel gesaghebbend waar dit hom oor “wetenskaplike” sake uitspreek.

    3. As Genesis wetenskaplik onwaar is, dan geld dit vir elke wonderwerk vanaf Genesis tot Openbaring, vanaf die vloed tot die wederkoms en ewige lewe. Jesus se talryke wonderdade toon juis Sy almag op elke wetenskaplike gebied soos vermeerdering van materie (brood en vissies twee keer), opheffing van natuurkragte (loop op water, stop wind en golwe, genesings van elke siekte, opwekkings uit die dood, verander chemiese samestelling (water in wyn verander), staan self op uit die dood, ens.). As God alles onmoontlik in ses 24 uur dae kon skep, is die herskepping, opstanding uit die dood, gee biljoene mense in een weerligstraal oomblik nuwe liggame, ens. ook wetenskaplik onmoontlik. Die pottebakker lewe in ’n ander dimensie bo sy pot. Die pot beperk nie die pottebakker in enige opsig nie.

    4. CMI het die meeste strooipoppe wetenskaplik afgeskiet. Soos dat die aarde plat is – watter teks? Dit was toe al eeue bekend dat die aarde rond is. Fondamente van die aarde staan vas – maar so ook die hele kosmos s’n op vier natuurwette (swaartekrag, elektro-magnetisme, klein krag en groot krag binne atome). Die Bybel meld uitvertaalde dinosaurs soos in Job: behemoth en leviatan – kyk Thayer vir betekenisse. (Hebreeus het ander woorde vir seekoei en krokodil). Isotoop datering is nonsens en sal nooit akkuraat wees nie weens die massa vooraf aannames en selektiewe hantering van monsters uit selfs dieselfde gesteentes. CMI het dit onteenseglik bewys. En ook sal geen wetenskaplike sy datums as onveranderlik waar beskryf nie. Dit verander kort-kort. Dus is die wetenskap nie oral so betroubaar as wat hulle wil voorgee nie. Hulle verander kort-kort hul “sekerhede”. As die Skrif eietyds volgens die wetenskap gewysig moet word, sal dit absoluut onbetroubaar word. Dis nie in 3000 jaar so aangepas nie. Dit staan nog vas tot die onwetenskaplike oordeelstyd, soos Jesus dit in Matt 5:17-19 uitspel.

    5. Die Fakulteite en die kerke het vir die misleiding geval dat God lieg, of ons mislei in die Skrif, wat so nie die papier werd is waarop dit staan nie. Hulle sal voor die Almagtige Skepper moet verantwoording doen soos in Rom 1 vanaf vers 16 duidelik uitgespel word. Ons sien dit reeds in die homoseks debakel soos dit daar staan. Hulle het geen verskoning nie, veral as hulle Sy Skeppende almag, goddelikheid en Sy Woord verwerp het.

  2. Geen wonder Jesus het sy volgelinge skapies genoem nie, want skape is nie juis iets wat vir hulself kan dink nie.

    Die Bybel het net een boodskap, en dit is die boodskap van die liefde wat Jesus na die mensdom gebring het:
    Liefde vir God, liefde vir jouself, en liefde vir jou medemens. Dít is die weg, die waarheid en die lewe waarsonder die mens nie die koninkryk van God sal sien nie. Niks meer en niks minder nie.

    Jesus het nie gekom om aardrykskunde of wiskunde te leer nie. Daarvoor het hy mense met die intellektuele vermoëns geseën om die geheimenisse van sy skepping te ontdek en in verwondering daaroor te staan.

    Dit is eintlik tragies om te sien hoe mense die gesag van die Bybel verder wil trek as die kernboodskap van Jesus se evangelie, en dink hulle gaan punte daarmee wen wanneer hulle hulself eendag voor God se troon bevind.

  3. Beste Martiens,
    Jesus sê self in Joh 14:6-7 dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is na die Vader. Niemand kom na die Vader anders as deur Hom nie. Ek ken nie ’n Skrifgedeelte wat sê wat u hieroor aanhaal nie. Gee dit asb hier onder.

    Die Skrif is nie net ’n boodskap van liefde nie. Dis veel meer as dit. Geloof en ook liefde sonder dade is immers dood. Maar wat se dade? Wie se standaarde geld en straf vir ongehoorsames? Sal Hy regtig straf en hoe?

    Ons ken God glad nie sonder hierdie ander kant van Sy toorn oor sonde nie. Jesus se koms is juis daaroor. Uit God se liefde maak Hy voorsiening juis deur die Evangelie sodat ons Sy toorn kan ontvlug. Anders maak Jesus se koms geen sin nie. Die sin daarvan is slegs as Genesis suiwer ware geskiedenis is. Vandaar die talle nie-Christelike godsdienste wat so wyd soos mensedenke verskil, omdat hulle sonder Genesis en God se direkte openbaring is.

    GOD openbaar deur Sy Skrif Homself, Sy dade en Sy wil aan die mens. Maar dit word verwerp en die mensedenke daarbo verhef selfs ook deur vele kerke se vatikane. Ons weet volgens hulle nou beter as die Gees.

    Ons denke en intellek is glo nou soos God, selfs beter. Dis die oersonde waarmee Satan vir Adam en Eva verlei het “om soos God te wees”, selfs te kan onderskei tussen goed en kwaad. ROM 1:16-23
    Ons sien vandag selfs in kerke voor ons oë hoe die res van daardie hoofstuk werklikheid word.

    Maar die boodskap van “net liefde” negeer geregtigheid en God se diepe toorn oor sonde = wetteloosheid, teen wie se wette?. Seker driekwart van die wet en profete handel oor hierdie saak. Dis mos die oorsaak van Israel se ballingskap, die Evangelie en Jesus se koms. Hy self bestee baie aan waarskuwings oor dwalinge, ’n lewe van gehoorsaamheid aan God se standaarde van liefde en die ewige gevolge daarsonder wanneer Hy weer sal kom. Joh 14 – 15, Matt 5 – 7, Matt 25.

    Het die res van die Skrif, ook die evangelie, enige sin sonder die betroubare vaste wetenskaplike insette van die Skrif? Nee. Geen wetenskaplike kan groter wetenskap besin as die waarheid in Genesis nie. Ons sal net na ons dood voor God sien hoe geweldig groot Hy is wat Hy is. En wee hulle wat Hom misken het op aarde, Sy Naam as Skepper ontken het vir menseversinsels. Weer Rom 1.

    Is die geestelike Skrifdele ook dan onderworpe aan die geesteswetenskappe waar hulle mekaar aanhaal en rondploeter in altyd veranderende hipoteses en stelsels soos kommunisme, humanisme, menswaardigheid (hoe durf God my straf of my waardesisteem minder ag as ander) en ander skewe dinge. Hulle hipoteses kom en gaan. Maar God se etiek is ewig vas. Ons sál dit wel beleef as ons kort lewe verby is.

    Neem Genesis uit die Skrif en alles val plat. Geen wetenskaplike hipoteses oor oorspronge maak sin daarsonder nie. Dis nie wetenskaplik toetsbaar nie, waar dit in die verlede delf. Kan iemand die ontstaan van alles beskryf as daar geen getuie is nie? Daar was net een getuie, die Skepper self. En die slim mense wil Hom nie eens glo nie terwyl Hy dit in sober duidelike taal vertel.
    Ek kan lesers aanraai om http://www.creation.com te lees. Daar is baie antwoorde oor bv die dateringsmetode, genetika, kosmologie, geologie, Hebreeuse taalstyl van Genesis, en baie ander kwessies. Dis erkende praktiese Ph. D vlak wetenskaplikes wat vanuit hul daaglikse vakgebied tot die oortuiging gekom het dat die Skrif waar is weens die duidelik ontwerpte, onreduseerbare kompleksiteit van die verskynsels op hul vakgebied. Hulle glo die Skrif waar dit oor waarneembare verskynsels praat soos bv. van die skepping, die vloed en die ark.

    En oor geskiedenis en veral oor etiek, kan die wetenskap geen bydrae tot reg en verkeerd stel nie. Wie se norme geld daar soos “eugenics” (skakel swak mensemateriaal uit), *survival of the fittest”, ens. wat reuse onregte laat geskied het? Hitler, Stalin, Pol Pot, Mao Tsetung het almal hierdie wetenskaplike denke van hul tyd gevolg, soos vandag nog evolusie se “man is material”.
    Lees maar hul geskiedenis.

    Skiet dus liewer die boodskapper af van die Heilige Gees se openbaring in die Skrif. Maak die Skrif liewer mensewerk. Maklikste om dan te verskil. Of dit by God sal verbykom omdat Hy liefde is…

    Hulle skiet die gelowiges wat die Skrif glo, dan tereg af as skape, soos Jesus gesê het dat Hy die skape en bokke sal skei wanneer Hy kom om te oordeel. Soos u tereg sê, dis inderdaad Sy liefdesnaam vir Sy volgelinge.
    Rom 1 is inderdaad skrikwekkend, wat ook die toorn van God openbaar oor hulle wat Sy openbaring in hulle, Sy ewige krag, skeppingsmag en Goddelikheid misken ter wille van menslike denke.
    God is nie soos ’n tandlose bulhond wat almal so liefhet sodat Hy al hulle sondes en voortgesette sondige bestaanswyse aanvaar nie. Veral waar hulle Sy naam laster soos Hy self in Ex 20:7 dreig. Hy eis ’n lewe volgens gehoorsaamheid aan Sy etiek (Sy wet) van die mens wat in Hom glo.
    Jesus het hieroor baie te sê in Matt 5-7.

    Die ander vae stellings in u antwoord sal te lank neem om te peil en te antwoord. Ek het net die beginsels genoem wat ek dink wat meeste daarvan beantwoord.

  4. Nou wat is die bybel dan as almal so stry? Jy het n God jahweh wat offerhandes wil he en dink die aarde is plat en sesduisend jaar oud en jesus wat lewendig opvaar hemel toe wat ons vandag weet nie bestaan nie 🤔waarom stry julle oor n klomp mitis en bygelowe wat gesteel is van ou.stories sonder enige bewyse🙄

  5. Goeie genade mense gaan lees julle bybel soos bv job waar God vir die duiwel vra waar kom jy nou verdaan ? O net so bietjie rond gedwaal op aarde en dan glo julle sulke nonsens kan waar wees 🙄hoe kan enige mens gesprek met God en die duiwel op neem dis alles mens gemaak en dan wet die twee nog mekaar oor arme job 🙄daar is regtig fout met jou as jy dink dit kan ooit waar wees😉

  6. Geen zombies het ook op gestaan uit die dood met jesus se dood dis alles mens gemaakte snert deur klomp idiote wat mense wou beheer om die selfde stront te glo om geld te maak dis al😉

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui