Skrifgesag

Kyk ook:

Die term skrifgesag (Engels=Biblical authority) dui op die mate waarin gebooie en leerstellings binne die Ou en Nuwe Testamentiese skrifte gesaghebbend is oor die mens se geloof en optrede, asook die mate waarin Bybelse stellings akkuraat is in geskiedenis en wetenskap.

We do not present Christianity as a “hypothesis” to be verified, and we are repulsed by the idea of presenting men with the “probability” of worship. Our apologetic must presuppose the authority and truth of Christ’s Word in Scripture, casting down all reasoning that exalts intself against God. We must use the tools supplied by the Holy Spirit, not the devices of sin. We must seriously recognize that the sinner’s problem in rejecting the Bible is ethical, not intellectual. Only regeneration can bring a man to belief, and apologetic argument must never presume to preempt or in any way take the place of regeneration. ~ Greg Bahnsen

Party mense vra of die Bybel nie soos ’n rivier kan wees wat stukkies suiwer goud bevat nie, terwyl die rivier self net ’n modderige, onsekere stroom is. Die probleem met hierdie benadering is: wat is waar en wat is nie? Watter deel is rivier en watter is goud?

As jy erken dat daar slegs 0,0001% fout in die Bybel is, soos dit oorspronklik aan die mensdom geopenbaar is, het jy die sluise oopgemaak. Dan is daar geen stop meer nie, want daar is geen rede waarom iemand anders nie kan sê dat dit 0.0002% foute bevat, of 2% of 20%. Trouens, dit kan 99% foute wees, en 1% waarheid – wie moet besluit? Miskien glo jy dat God liefde is. Hoekom? Want die Bybel sê so? Maar as dit foute bevat, hoekom kon daardie deel nie een van die foute wees nie?

Vandag is die twee belangrikste dinge wat skrifgesag aantas:

  1. Geloof in evolusie
  2. Ontsondiging van homoseksualiteit

Beide hierdie dinge word baie duidelik in die Bybel verklaar (kyk Die Bybel oor skepping vs evolusie en Die Bybel oor homoseksualiteit). As jy bereid is om een van hierdie dinge te bevraagteken, dan is die hele Bybel oop vir interpretasie. Dan is daar onsekerheid oor:

As jy nie die Bybel se gesag wil aanvaar nie, wat van morele waardes? Dit sluit dinge in soos (1 Korintiërs 6:11-12):

Wie besluit wat aanvaarbaar vir die samelewing is?

Dus, vir ’n Christen om konsekwent te wees, moet die Bybel gelees word soos dit bedoel was: Lees geskiedenis as geskiedenis, poësie as poësie, metafore as metafore, ensovoorts.

Wanneer jy nie die Bybel se gesag aanvaar dan skep jy in wese jou eie God. Min mense dink so daaroor. Jy besluit eintlik self oor sake. Enige van jou idees wat in lyn met die Bybel is, is bloot toevallig.

Ware liefde vir God is:

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui