Voorwetenskaplik

Onder liberale teoloë word dikwels na die Bybel en die Bybelskrywers as “voorwetenskaplik” verwys met die doel om die Bybel se gesag aan te val om ’n sekere teologiese argument te versterk. Kyk byvoorbeeld:

Hier volg ’n paar definisies vir “voorwetenskaplik” (prescientific):

  • Oxford: Relating to the time before the development of modern science or the application of scientific method. “pre-scientific doctors would peddle all-purpose remedies because they knew no better”
  • Merriam-Webster: Having the characteristics of a period before the rise of modern science or a state prior to the application of the scientific method

Dit ís natuurlik so dat die Bybelskrywers nie die wetenskaplike kennis gehad het wat ons vandag het nie, maar is hierdie argument van liberales geldig? Beteken dit dat dit wat die Bybelskrywers geskryf het onakkuraat is of dat dit anders geïnterpreteer kan word?

Hier word ’n paar voorbeelde bespreek waar liberales die voorwetenskaplike argument gebruik:

Jesus se maagdelike geboorte

In Jesus se maagdelike geboorte bevraagteken verwys Willie Cilliers na “voorwetenskaplik” in sy argument dat daar nie sekerheid is oor Jesus se maagdelike geboorte nie. Wat bedoel hy daarmee:

Opsie 1: Die een opsie is dat hy bedoel dat mense van daardie tyd nie noodwendig seker was waar babas vandaan gekom het nie. Hierdie is natuurlik belaglik en dit is nie nodig dat ek verder iets hieroor sê nie.

Opsie 2: ’n Ander opsie is dat dit die gebruik was dat skrywers in die Bybelse tyd dinge aan belangrike geskiedkundige persone toegedig het om hulle ’n hoër status te gee. Dit is kwansuis wat die Evangelieskrywers gedoen het. Teoloë is natuurlik gou om te sê dat dit nie oneerlik is nie, maar bloot ’n gebruik van daardie tyd. Dit is egter baie moeilik om te glo. Die Bybelskrywers was baie vertroud met die negende gebod: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie.” Om aan iemand iets toe te dig wat nie waar is nie, is niks anders as vals getuienis nie. Dit sou heeltemal indruis teen Jesus se karakter en ek glo, sy dissipels se karakter.

Bestaan van die duiwel

Volgens Julian Müller (op RSG in 2018 en 2019) het mense in die Bybel se tyd sekere siektes en geestestoestande aan die duiwel en bose geeste toegedig. Dit is omdat hulle kwansuis ’n voorwetenskaplike wêreldbeeld gehad het en nie die mediese en psigologiese kennis van vandag gehad het nie.

Die wetenskap kan egter selfs vandag hoegenaamd nie alle mediese en psigologiese toestande verklaar nie en daarom sal dit uiters dwaas wees om die duiwel op grond hiervan te ontken.

Profesieë

In Wie is die profeet en waar kom hy vandaan? bevraagteken Gerda de Villiers die geldigheid van profesieë wat in die Ou Testament oor Jesus gemaak is. Die meeste profesieë wat gemaak is in die Ou Testament, is bevestig in die Nuwe Testament met tipies die woorde “So is vervul…” (kyk Die Bybel oor die vervulling van profesieë). Liberale teoloë bevraagteken egter hierdie interpretasie van die Nuwe Testamentskrywers. Teoloë voel dat hierdie mense nie die tegnieke (kyk hermeneutiek) van vandag gehad het om tekste te analiseer en te interpreteer nie en daarom was die profesieë in die Ou Testament eintlik uitsprake wat slegs van toepassing was vir die tyd waarin die profeet geleef het. Daar is ’n paar probleme met hierdie siening:

  • Ons leef 2000 jaar ná die gebeure. Ons is in ’n baie swakker posisie om hieroor te oordeel (kyk Die Bybelskrywers is altyd reg).
  • Ons weet nie watter ander bronne hierdie mense tot hulle beskikking gehad het nie. Onthou dat die biblioteek in Alexandrië afgebrand het en baie inligting het so verlore gegaan. Hulle het definitief meer inligting tot hulle beskikking gehad as wat ons vandag had.
  • Jesus self het soms aangedui dat profesieë vervul is (Matteus 11:10, 21:42, 22:41-45, 26:31, Lukas 4:16-21, 18:31, 22:37, 24:25-27, Johannes 13:18, 15:25, 17:12). Hierdie liberale teoloë bevraagteken dus Jesus se interpretasie.

Homoseksualiteit

Chris Jones pleit vir homoseksualiteit deur die gesag van die Bybel aan te val deur ook gebruik te maak van die voorwetenskaplike argument (kyk 2016 en 2019). Hy redeneer dat mense in die Bybel se tyd nie besef het dat homoseksuele mense so gebore word nie en daarom kan dit nie teologies tot sonde verklaar word nie. Daar is egter ’n paar probleme:

  1. Gays word nie so gebore nie.
  2. Indien gays so gebore word, kan mens redeneer dat moordenaars, diewe, pedofiele en alkoholiste ook so gebore word en dat die samelewing hulle so moet aanvaar.

Wonderwerke

Jesus se wonderwerke. Andries van Aarde.

Antieke tegnologie

Antieke tegnologie is ’n baie goeie argument teen die voorwetenskaplike argument. Reeds van baie vroeg in die menslike geskiedenis het mense van tegnologie gebruik gemaak.

In 2 Kronieke 26:14-15 lees ons:

(14)Ussia het hulle, die hele leër, uitgerus met skilde, spiese, helms, harnasse, pyle en boë, en klippe vir hulle slingervelle. (15)In Jerusalem het hy uitvindsels gehad wat deur slim mense ontwerp is en wat bo van die forte en van die hoeke af pyle en groot klippe kon afskiet. Sy roem het wyd gestrek. Hy het op ’n wonderbare wyse hulp ontvang en hy het ’n magtige man geword.

Vir nog voorbeelde van antieke tegnologie, kyk:

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui