Wie is Henriëtta Klaasing?

Kyk ook:

Henriëtta Klaasing is ’n afgetrede onderwyskundige. Sy het begin as ’n onderwyseres en het later gedoseer by ’n Swart Onderwyskollege. Uiteindelik was sy ’n Supervisor/Paneelinspekteur van skole in Limpopo (Whole School Evaluation). Sy het ’n doktorsgraad in pastoraat by die Teologiese Fakulteit van Potchefstroom behaal. Tans is sy ’n assosiaat-berader verbonde aan ABBO (Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding). Sy is ’n rustende ouderling by die NG Gemeente Groblersdal. Henriëtta is ook ’n medeskrywer van die boek Die Trojaanse Perd in die NG Kerk. Sy het al baie bydraes gemaak op die blog Ons geloofsgesprek. Hier volg nog van haar bydraes:

1 thought on “Wie is Henriëtta Klaasing?”

  1. Henrietta is nou ook n TV ster! Baie inspirerende verhaal wat Sy in hierdie TV opname vertel. Sy is een van die vroee Doleerders en het n groot rol gespeel in die Doleer beweging en diegene wat opgestaan het vir die Waarheid. Dankie Henrietta!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui