Kyk ook:
- What is the significance of the city of Nineveh in the Bible? (Got questions)
Die Bybelboek Jona is vernoem na die profeet Jona, seun van Amittai, die profeet uit Gat-Gefer.
God het hom opdrag gegee om die mense in Nineve tot bekering te bring.
Ander verwysings in die Bybel na Jona:
2 Konings 14:25 verwys na ’n verlore of onopgetekende profesie van Jona. Hierdie profesie het in vervulling gekom in 825 vC. Jona se prediking in Nineve het tussen 825 vC en 820 vC gebeur.
Nineve
Nineve was die hoofstad van Assirië. Dit was die Assiriërs wat Israel weggevoer het en ‘n einde aan die Noordelike Koninkryk gebring het in 721 vC.
In Jona 3:3 word gesê dat Nineve ‘n baie groot stad was en dat ‘n mens drie dae gevat het om dit deur te stap. Vroeë argeologiese opgrawings het dit nie bevestig nie, en daarom het Bybelskeptici dit as argument teen die Bybel gebruik. Latere opgrawings het egter bevestig dat Nineve ‘n baie groot stad was.