Spotprent van Henrietta in Kerkbode 2010-12

Kyk ook:

In hierdie spotprent in die Kerkbode in Desember 2010 (met Jean Oosthuizen as redakteur), word gespot met die boek Die Trojaanse Perd in die NG Kerk. Aan die linkerkant is dr Henriëtta Klaasing wat een van die hoofskrywers van die boek is. Aan die regterkant is Slabbert le Cornu van die Gereformeerde Kerk. Vroeër vanjaar het Kerkbode gespot met die Doppers wat ’n probleem het met die vrou in die amp en hulle as verkramp uitgebeeld. Kerkbode sien dus hierdie boek in dieselfde lig – dit word duidelik deur Kerkbode gesien as “outyds” en definitief onnodig. Dit wys egter duidelik waar die sentimente van Kerkbode lê as in ag geneem word dat die boek maar net vra dat ons die Bybel glo: dat homoseksualiteit en saamwoon verkeerd is, dat die Nuwe Testament akkuraat is oor Jesus se lewe op aarde (maagdelike geboorte, wonderwerke, kruisiging, opstanding, hemelvaart, ens), dat jy slegs redding verkry deur geloof in Jesus, dat evolusie onwetenskaplik is en soms mense se geloof beïnvloed, ens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui