Kanker van dié -ismes tref die NG Kerk

Kyk ook:

Kanker van dié -ismes tref die NG Kerk | Beeld

deur Dr. Henrietta Klaasing van Groblersdal

2012-02-28 23:21

Tyd is verby vir keer en beheer”, soek Stephan Joubert verskonings in Beeld (27 Februarie) oor die sorgwekkende verlies van 20 000 lidmate in die NG Kerk verlede jaar.

Maar wat is die werklike toedrag van sake? Dat daar ontevredenheid onder NG-lidmate is, is seker.

Debatte word die afgelope jaer oral gevoer, in elektroniese ruimtes soos op Kerkbode Aanlyn, die NG Kerk se Gespreksforum (Diversiteitsforum), die Kerkbode en die NG Kerk se Facebook-muur.

Omdat daar selde aandag gegee word, wend besorgdes hulle tot die skryf van boeke, dink maar aan Adrio König se Die evangelie is op die spel, Pieter Pelser se NG Kerk reformeer of disintegreer, Ferdie Mulder se Opgestaan, Besorgde Lidmate en Leraars se Die Trojaanse Perd in die NG Kerk.

’n Baie sterk verklaring het in 2007 uit eie geledere gekom toe ’n aantal emeriti van die Universiteit van Pretoria hul besorgdheid oor liberale strominge in die vorm van ’n geloofstandpunt uitgespreek het.

Toe die Gereformeerde Kerk versigtig “uitstel” gevra het oor samewerking met die NG Kerk, is dit as ’n “Dopperklap” in die NG Kerk se gesig beskryf op die Kerkbode se voorblad.

Deur die jare het die gevry na liberalisme en humanisme van kwaad na erger gegaan, soos ’n dodelike kanker wat deur die NG Kerk versprei het.

Dit lyk my die NG Kerk-leiers, soos Stephan, is horende doof!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui