Moderator (VGK) sê oor Belhar

Kyk ook:

Die volgende artikel is van HIER gekopieer. Hierdie is slegte nuus vir NGK lidmate wat pro-Belhar is. Kyk Waaroor gaan die Belhar stemmery?.

***********

Moderator sê oor Belhar

Deur Anika Marais Donderdag 16 Oktober 2014 2:30 vm.

Dr. ­Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel Foto: WESLEY MARTIN

Die belydenis van Belhar is nie opsioneel nie.

“Jy móét ’n keuse maak,” het dr. ­Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, moderator van die algemene sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), Dinsdag gesê. Sy het as spreker by -ie Kaapland-sinode van die VGK by die ATKV Goudini Spa onder meer oor kerkeenheid gepraat.

“’n Belydenis is ’n deurslaggewende aksie en nie ’n toevallige reaksie nie. Die VGK het onvermoeid oor die afgelope 28 jaar oor en oor gesê die belydenis van Belhar kan nie opsioneel wees in ’n toekomstige verenigde kerk nie.”

Gemeentes van die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) oor die land heen is tans besig met ’n stemproses om die belydenis van Belhar in artikel 1 van die kerkorde in te sluit. Die stemproses moet voor die volgende sitting van die algemene sinode in Oktober 2015 afgehandel word. Die voorstel vir die wysiging van die artikel sluit onder meer in dat elke lidmaat self kan besluit of hy/sy die belydenis van Belhar wil aanvaar.

Indien die artikel nie gewysig word nie, sal dit ’n “terugslag vir die proses van kerkeenheid” wees, het prof. Nelus Niemandt, moderator van die algemene sinode van die NGK, gesê. “Ons sal dan weer gesprekke met die VGK moet begin, maar die realiteit is ons kan nie ’n belydenis in lidmate se kele afdwing nie. Ek is egter nog nie gespanne hieroor nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui