Kyk ook:
- Aanhalings: Om niks te doen nie
- Reëls help niks as jy dit nie toepas (Daniel Louw, 22 Aug 2021)
- As jy niks doen nie dan doen jy iets
- Juanita du Plessis wil nie saam met Jack Parow optree
- Wat is doleansie?
- Hoekom ek die NG Kerk verlaat het (Daniel Louw, Jun 2024)
Onlangs het iemand in ‘n nie-dolerende gemeente vir my gesê dat hy ongemaklik is daarmee dat sy gemeente nie doleer nie. Hy het my opinie daaroor gevra. Hier was my antwoord:
As president Cyril Ramaphosa in die media sê dat geweld en korrupsie in Suid-Afrika ‘n probleem is wat aangespreek moet word, wil ek naar word, want dit is hol woorde. Sy standpunt is irrelevant, want hy doen niks daaraan nie.
As ‘n vriend van my se vrou aangerand word en hy hoor dat ek daar was en ek het niks gedoen om haar te help nie, dan gaan ons nie meer vriende wees nie. As ek vir hom sê dat ek neutraal gebly het of dat ek wel standpunt ingeneem het, maar ek het verkies om nie betrokke te raak nie, sal dit nie help om die vriendskap te red nie.
Dieselfde met nie-dolerende gemeentes: Ek stel nie belang in hulle opinie nie. Ek wil weet wat hulle aan die saak doen.
As jy sien hoe God “aangerand” word, en jy doen niks daaraan nie, dan kan ek nie meer vriende met jou wees nie.
En vir dolerende gemeentes vra ek: hoe lank moet God nog “aangerand” word in die denominasie waarmee jy assosieer voor jy bande breek met die denominasie?
AS JY NIKS DOEN NIE, DAN DOEN JY IETS