Tekens van ’n valse evangelie

Onderstaande aanhaling van Reinhard Bonnke is op facebook/kerkbode geplaas, maar die verdere gesprek het meer oor Bonnke as sy aanhaling gegaan. Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, oortree kerkbode se etiese kodes weereens blatant, sonder enige verskoning, al is daar vantevore ander se bydraes verwyder en mense selfs geblok wat die kodes volgens Kerkbode oortree het.  Hy weier ook by herhaling om die vraag te antwoord of hy glo dat Jesus vir Lasarus werklik uit die dood opgewek het.

Henrietta Klaasing -> Kerkbode

So lyk ’n “valse evangelie” teenoor die ware:

“New religions offer us gods who bear no Calvary scars. New songs give no hint of a heart burst open with the spear of Divine Judgment and new preaching all charm, sweetness and light. Are our feelings too delicate to contemplate a bloodstained Cross? It is when they see the face marred more than any man’s, and the hands with wounds and the side riven open that doubters cry out like Doubting Thomas “My Lord and my God!” (John 20,28) The true God has drunk the deepest dosage of anguish. Jesus knows what it is like to stand in the sinner’s shoes. The music of heaven is built on the ground base of the Judgment of Christ. We are healed by His stripes. We walk in the light because He went into the darkness. Thank you, thank you Jesus. God bless you. REINHARD BONNKE” (Vanaf Bonnke se FB muur, vanmiddag)

Kommentare

Stefaan de Jager

Die vals “evangelie” ken net die stroperige oppervlakkige “boodskappies” van God wat liefde is, sonder die verkondiging dat God ook heilig is en sonde haat. Sonde is nie juis `n gewilde onderwerp nie, want sien, jy tas mos mense se menswaardigheid aan as jy oor sonde praat. Hierdie godjie wat ons mens noem, moet aanbid word, want hy is groot en sterk!

Albert Cruywagen

Melodrama op sy ergste.

Karin Kelbrick ‎

@Albert, ek verstaan nie mooi nie. Wat bedoel jy?

Joachim Viljoen

Stefaan ek stem tenvolle met jou en Dana saam. Mense kruip weg agter die storie dat hulle so en so gebore is om hulle sonde te regverdig. Tog glo almal dat met elke versoeking van die duiwel elke mens n keuse het. Rom,9 vers 18 – 22. So is hy dan barmhartig oor wie hy wil en verhard oor wie hy wil. Die mens het n keuse: Laat jou geloof en dade wys jy verdien sy barmhartigheid. So het die pottebakker mag oor die klei, om uit dieselfde klei die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak. Mat.10 vers 34. Moenie dink ek het gekom om vrede op aarde te bring nie. Ek kom met die swaard. Wie vader moeder seun of dogter bo my liefhet , is my nie waardig nie. Hoeveel mense verlaat God nie om hulle by familie se sondige lewe te skaar nie. Keuses? Maak seker dat God altyd jou keuse is.

Barend Nel

Henrietta ek raak REGTIG, SERIOUS EN ERNSTIG bekommerd oor wie deesdae jou bron van inspirasie is!

As iemand belangstel in ’n deeglike werkstuk oor Reinhard Bonnke se teologie, kan ek die volgende aanbeveel:
http://​www.wasser-und-mehr.de/pdf/​bohnnke-eng.pdf

Albert Cruywagen

Ek beskou Bohnke se woordgebruik as melodrama.

Jean Oosthuizen

Whahaaahaa as selfs die bonkers Bonke nou al geroep word om vir die Trojane te getuig is dit voorwaar laat in die dag.

Hennie Mouton

Alhoewel ek nie noodwendig met al Reinhard Bonnke se teologie saamstem nie, kan ek nie verskil van die aanhaling van hom hierbo nie. Ek het ook deur die baie lang skrywe waarna Barend verwys gaan lees, en het groter probleme met Frank Kürschner-Pelkmann wat hom daar kritiseer se teologie as met Bonnke s’n, soos blyk uit die kritiek self. Onder andere skryf Kürschner-Pelkmann: “It makes a great difference whether believers say, „This is the truth for me and I have found my God or my gods“ or whether they say, „My religion is the only one that reveals the whole truth and therefore all other religions are false”.” Kürschner-Pelkmann staan die eerste stelling voor en kritiseer Bonnke omdat hy die laaste stelling voorstaan. Verbasend genoeg word Bonnke se genesings in die Naam van Jesus gekritiseer, maar die werklikheid daarvan word deur Kürschner-Pelkmann erken. Hy kan dit nie aan die duiwel toeskryf nie, want hy glo klaarblyklik nie dat die duiwel bestaan nie. Hy sien vir Bonnke as ’n bedreiging vir sy eie liberale teologie, en gee redes hoekom Bonnke so suksesvol is, maar probeer om planne te kry om sy eie teologie trefkrag te gee wat dit duidelik nie het nie.

Coert Welman

Is dit nie inspirerend hoe vlug van vingers O-so-vroom Oosthuizen is as dit met die uitdeel van beledigende byname kom nie?

Ten minste put die behoudendes inspirasie uit ’n Christen se werke. Anders as een van Jean se bejaarde meelopers hierso wat op die D-forum (of was dit die stilgebore G-forum?) geskryf het dat Richard Dawkins as inspirasie dien vir sy preke.

Ek gaan seker nou weer geblok word omdat ek ’n bynaam uitgedeel het.

Stefaan de Jager

Jean, dis teen Kerkbode se etiese kode dat hier byname gegee word. Watter grond sal Kerkbode dan hê om bv iemand aan te vat as hy die gays moffies noem? Gedra jou asb.

Henrietta Klaasing

Gee my tienduisendmaal eerder ’n man wat ’n gekruisigde Jesus voorhou, wat in ons plek, vir ons sonde gesterf het, as iemand wat Jesus bloot as ’n historiese figuur sien en sy maagdelike geboorte, sy opstanding, hemelvaart en wonderwerke ontken.

Jac de Villiers

Jean ek hou die blad nou al lank dop. Jy getuig absoluut niks van of vir Christus nie. Al wat ek al van jou sien en lees is neerhalende uitlatings oor iets wat iemand se of ongeloof oor iets in die Bybel. Is jy ’n gelowige Jean, het jy enige getuienis in jou hart van Christus….die Skrif se dat die Heilige Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. Getuig die Gees ooit in jou lewe van God sodat jy uitroep ABBA Vader….

Coert Welman

Dit is interessant om daarop te let dat dit aanvaarbaar is vir die liberale kant om vuilgoed op te dis oor teoloë waarvan hulle nie hou nie, maar as iemand van die behoudende kant dieselfde doen met ’n emergent teoloog is dit verdagmaking en liefdeloos.

Barend Nel

Henrietta dit is natuurlik jou reg om jou eie mening te hê oor watter skrywers jy verkies. Ek het net (verkeerdelik??) vanweë die assosiasie wat tussen jou en die “Trojaanse Perd” groep die indruk gehad dat jy baie gesteld was op ’n streng letterlike onderhouding van die Gereformeerde belydenisskrifte en die “streng Gereformeerde Leer”. En skielik begin jy in die laaste tyd mense goedkeurend aanhaal wie duidelik nie in dieselfde kategorie van nie. Ek kan nou nie meer onthou wie die eerste een was met wie ek dit opgemerk het nie. Die tweede onthou ek was Prof Johan Malan en nou natuurlik Bonnke.

Ek weet nie of Coert na my verwys nie, maar ek het nie enigsins “vuilgoed” oor hulle opgegrawe nie, maar slegs ’n verwysing geplaas om my bewering te staaf. In Malan se geval was dit sy eie verhaal oor sy geloofsreis en in die Bonnke geval ’n baie objektiewe en volledige analiese. Ek dink nie Bonnke sal self veel met die feite daarin verskil nie. Maar dan sal Bonnke ook nie homself as “Gereformeerd” beskryf nie… hy is ’n “Pentacostal”.

Henrietta Klaasing

Barend ek hou nie van die “ons-julle”-benadering nie, maar het dit tog van tyd tot nodig om iets te verduidelik: “julle” hou gereeld vol dat mens nie die baba met die badwater moet uitgooi nie. “Julle” kla ook gereeld dat “ons” nie na ander stemme luister nie. Daar is verskille ten opsigte van soveel kwessies. Neem nou maar net die vier Afrikaanse “susters”-kerke : vrou in die amp, sing van sekere liedere, volkskerk-idee, om net enkeles te noem. Selfs charismatiese groepe verskil : een maal onder die water druk of driemaal, met die doop. Moet mens nou jou ore by wyse van spreke toedruk of jou rug op ’n mens draai, net omdat die persoon oor hierdie of daardie kwessie nie honderd persent presies met jou saanstem nie?

Daar is kernsake en dan is daar randsake. Ek het ’n eet-die-vis-gooi-die-grate​-weg-benadering. Hierdie aangehaalde stuk van Pastoor Bonnke was vir my pure vis. Wat is volgens jou die “grate” in die aangehaalde deel?

Coert Welman

Barend, jou “objektiewe analise” was gedoen met die uitsluitlike doel om Bonnke in ’n slegte lig te plaas. En wat het jy anders gedoen as die behoudendes waar daar ook objektiewe analises geplaas is? Behalwe natuurlik dat jy ’n behoudende persoon se bron uithaal. In hulle geval is beide plaser en skrywer verguis, beledig en dis afgemaak as liefdelose verdagmaking. Party van hulle is selfs geblok van enige verdere toegang tot Kerkbode FB.

Ek neem aan jy sien nie die skreiende dubbel standaarde nie.

Hennie Mouton

Die skrywe oor Bonnke wat Barend na verwys is objektief in sekere gevalle maar beslis nie in alle gevalle nie. Die skrywer se eie Verligtingsteologie-onderr​ok hang baie sterk uit en bepaal sy beoordeling van Bonnke.

Barend Nel

My uitsluitlike doel met beide die plasings was om aan te toon dat nie een van dié twee mense streng gereformeerdes is nie! Ek dink nie enigeen van die twee sou dit self as beledigend ervaar nie! Hoe dit ’n verguising kan wees as ek, soos

in die geval van Malan, sy EIE geloofsverhaal, deur homself geskryf, plaas… en dan nog byvoeg dat ek dit met ’n groot mate van deernis gelees het, omdat ek en my maats soortgelyke ervarings gehad het… gaan my verstand te bowe!! Hennie is heeltemal reg dat die skrywer se “Verligtingsteologie” deurskemer, maar die FEITE wat hy plaas is objektief en stel elkeen in staat om sy eie oordeel te maak. Daarom het ek hierbo gesê: “Ek dink nie Bonnke sal self veel met die FEITE daarin verskil nie. Maar dan sal Bonnke ook nie homself as “Gereformeerd” beskryf nie… hy is ’n “Pentacostal”.”

Ek dink nie dit is ’n verguising om iemand daarvan te “beskuldig” dat hulle nie “streng gereformeerd” is nie. Inteendeel! Ek het groot respek vir sommige Rooms Katolieke en ook ander wat nie uit die Gereformeerde stal kom nie. Dit is net vir my vreemd as iemand wat in die verlede ander, onder andere myself, “verguis” het, omdat hulle van die Gereformeerde Belydenisskrifte sou afwyk, nou self mense goedkeurend aanhaal wat glad nie aan hierdie belydenisskrifte getrou bly nie.

Stefaan de Jager

Die “Pentacostals” onderskryf nie die Gereformeerde Belydenisskrifte nie, wat nie beteken dat hulle nie waarheidsmomente in hul teologie het nie. Die probleem lê by Gereformeerdes wat die Belydenisskrifte nie onderskryf nie en hulself nog as Gereformeerdes beskou.

Coert Welman

Barend, soos gewoonlik mis jy die punt. Die verguising van julle kant af gebeur wanneer iemand van die behoudende kant af soortgelyke objektiewe feite op die tafel plaas rakende uitsprake van leiers in die emergent teologie. Dan word die plasers verguis en beledig en van liefdelose verdagmaking beskuldig omdat hulle durf om sulke goed te plaas.

Maar dis OK. Gedink jy sou blind gewees het vir die dubbel standaarde.

Alwyn Van Schoor

Henrietta daar’s ’n miljuisende erger goed waavan mens “beskuldig” kan word. Bonnke, Malan – bely beide tenminste Jesus Christus as enigste Verlosser en is nie skaam daaroor nie. Dis meer as wat ek van vele ander sogenaamde “christene” hier rond kan se.

Lukas van der Westhuizen

Henrietta help bietjie asseblief ….. watter een is die valse geloof en wie bepaal wat is vals en waar?

Henrietta Klaasing

Die Bybel Lukas, wat die Woord van God is. Ek het in ’n vorige plasing iets daaroor gesê. Johannes 20 vers 30 en 31 gee dit kortliks as volg weer: “Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.” (ANV)

Lourens Zak Barnard

Ek het hierdie kort gelede op ’n ander draad geplaas maar glo dis ook hier van toepassing.
Die kerk loop leeg weens ’n vlees georiënteerde liberale teologie. Daar is egter baie “lekkerder” plekke en maniere om die vlees se drange en begee
rtes te vervul. Die gees van die mens smag na die Waarheid – dis tog die feit dat ons in wese gees is wat ons van die res van die skepping onderskei. As my gees dus nie in die kerk gevoed word nie, is daar geen rede vir my om my tyd daar te mors nie.

Albert Cruywagen

Henrietta: Neee. Nie die Bybel op sigself nie!!! Nooit!!! Dis slegs JOU interpretasie van die Bybel; soos en andere ’n interpretasie van die Bybel het. Wees maar minder hovaardig asb.

Jean Oosthuizen

Ek wonder of die NG bord op die Bonker show se verhoog iets te doen het met die paar NG’s hier wat so van sy teologie hou. Youtube: Reinhard Bonnke – Preach The Original Gospel ( From Zero to Hero )

Jac de Villiers

Een van die beste aanvalstegnieke was nog altyd om die waarheid te verbloem deur n rookskerm te maak van ’n ander se swakheid. Ek ondersteun glad nie Bonke of sy teologie nie. Ek dink ook die rede hoekom Henreitta die stelling van hom hier geplaas het is omdat daar warheid in is.
Titus se tog iets vir my wat baie waar is van wat hier gedoen word deur die ongelowige.
Titus 1:15 (Afr1953)
Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.

Jean Oosthuizen

As jy nie vir Bonke of sy teologie ondersteun nie moet hom dan nie as voorbeeld gebruik oor wat die “ware” evangelie behels nie. Jy kan dan net sowel vir Hitler aanhaal.

Boeta Du Plooy

Henrietta mag ek jou vra wat is vals aan dit wat Bonnke se. Reinhard Bonke het meer siele vir Jesus gewen as wat ek en jy ooit kan dink.

Boeta Du Plooy

Luk 9:49 En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
Luk 9:50 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

Jean Oosthuizen

So ietsie oor Bonke

http://​www.deceptioninthechurch.co​m/bonnke.html
Rienhard Bonnke – Out Of Sight, Out Of Mind
www.deceptioninthechurch.com

Yonngi ChoT.L. Osborn Pat Robertson C. Peter Wagner evangelization can only be successful if the target area is rid of demonic powers in advance through “combat prayer” …7

Albert Cruywagen

Jac: Hier is geen rookskerm nie. Henrietta se opinie is gebaseer op HAAR interpretasie van die Bybel, soos ander ook op hulle opinie geregtig – gebaseer op HULLE interpretasie van die Bybel. Verduidelik vir my waar is die rookskerm, asb?

Alwyn Van Schoor

Boeta jy lees vir Henrietta verkeerd.

Boeta Du Plooy

Jammer dat ek haar verkeerd gelees het, wat wil Henrietta dan se.

Henrietta Klaasing

Boeta, ek herhaal hier wat ek boontoe geskryf het: “Gee my tienduisendmaal eerder ’n man (nou vul ek hier in: soos Bonnke) wat ’n gekruisigde Jesus voorhou, wat in ons plek, vir ons sonde gesterf het, as iemand wat Jesus bloot as ’n historiese figuur sien en sy maagdelike geboorte, sy opstanding, hemelvaart en wonderwerke ontken

Henrietta Klaasing

Albert, jy sê: “Henrietta se opinie is gebaseer op HAAR interpretasie van die Bybel”… ek sien nêrens dat die apostels of Paulus, of sendelinge en evangeliste deur die eeue (baie van hulle het letterlik hul lewens opgeoffer om “die ware evangelie” te verkondig) ooit gewonder of in diepsinnige redenasies gewikkel was oor die oor ’n korrekte interpretasie van die evangelie nie. Hier is net een vers waar Paulus praat oor die evangelie waarvoor hy sy hele lewe gegee het: “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood”. (Romeine 1 :16)

Albert, hoe sien JY die evangelie?

Alwyn Van Schoor

Snaaks dat bloedhond Sandra Simpson van Deception in the Church Ministries ingespan word om die “waarheid”, volgens sekeres, aangaande ander uit te wys. Dit sou interessant wees om haar opinie oor ‘moontlike’ deception in die ‘DRC’ aan te hoor—–

Albert Cruywagen

Henrietta: My punt is: Daar is meer as een manier om die Bybel te interpreteer. Die twee kantste maniere is “alles letterlik” en “alles geestelik”. Ek verkies om die kultuur-histories/​religieuse agtergrond deeglik ag te neem as ek die Bybel verklaar. Ek sien die evangelie as die koms van die Messias om God se koninkryk te kom vestig, soos wat die Joodse volk dit oor baie jare verwag het.

Daar bestaan ’n stroming in die Xtendom wat Jesus as die Messias slegs sien vanuit ’n bekeringshoek; en dis Bybelverskralend.

Om die Messiasskap van Jesus te beskou vanuit die OT-hoek, is verrykend, pakkend, waarlik inhoudgewend.

Coert Welman

Ek het gewonder hoe lank dit gaan wees voor iemand reductio ad hitlerum uitpluk en rondswaai. Dis soos die rassekaart: nooit geregverdig nie, dog altyd effektief.

Hennie Mouton

Albert, op bl. 131 van sy boek beweer Ben du Toit: “Ons moet aanvaar dat Jesus van Nasaret nêrens in die Ou Testament genoem word nie.” Hopelik verskil jy dus tenminste hieroor ernstig van hom.

Albert Cruywagen

Jy sien, Henrietta, mettertyd (oor lang jare) het die “kerk” stukkie vir stukkie allerhande (wat ek wil noem) “dogma” in die Bybel begin inbou; en dit soms teen die grein van die kultuur-histories-religieu​se agtergrond, teen die grein van die antieke skryfgenres. De nuwer denkers wil graag weer “back to the Bible” toepas. Die mees aangrypende Bybelinhoude in ongelukkig versteek deur “dogma”, vooropgestelde opvattings, uit-onskuldige-onkunde-geb​ore vroomheid, ens.

Albert Cruywagen

Ek beleef dit negatief as evangelies-gesindes ons nuwer denkers summier wil hel toe stuur. Dis vervolging. Paulus het dit ook gedoen voor sy bekering. GOd het hom in sy 4 spore gestuit.

Alwyn Van Schoor

Verduidelik vir my die volgende verse uit die Bybel asb: Jesus praat van die hel as ’n plek waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie (Mark. 9:48). Ons word ook meegedeel dat die hel ’n ewige vuurpoel is wat met swawel brand (Op. 14:10-11; 19:20). Die ryk man in die hel het geweet dat hy nie net in een of ander geestelike toestand verkeer nie, want hy wou sy broers laat waarsku dat hulle nie ook “in hierdie plek van pyniging kom nie.” Die hel is dus nie ’n toestand nie, dit is ’n plek. Dit word duidelik as ’n plek van liggaamlike smarte beskryf (Luk. 16:22-28). Die ongeredde dooies sal met die tweede opstanding uit hulle grafte opstaan, in veroordeling voor God verskyn, en dan vir ewig in die poel van vuur gewerp word (Dan. 12:2; Op. 20:11-15). Die ongereddes sal dus net so seker as die gereddes uit die dood opgewek word (Joh. 5:28-29).

Albert Cruywagen

Alwyn: Hoekom wil jy nou oor die hel praat?

Alwyn Van Schoor

Maar Doom jy praat dan self van diegene wat julle sogenaamde vrydenkers, skuus ‘nuwer denkers’ hel toe wil pos.. Ek stuur niemand hel toe nie. Ons stuur onsself soontoe – Jesus se self so. Kry dit nou maar eenmaal in jou kop die hel bestaan. Daar is genoegsame verse in die Bybel wat daarvan getuig.

Ek glo nie Paulus het mense hel toe gestuur voor sy bekering nie – hoe kon hy as hy nie ’n Christus gelowige was nie, maar eerder ’n Christus vervolger??

Albert Cruywagen

Alwyn: is jy ook ’n mede-christen vervolger?

Albert Cruywagen

Alwyn: Presies waar is die hel? Onder die aarde soos die Bybel skryf?

Henrietta Klaasing

Jammer Albert, ek het skynbaar verkeerdelik aangeneem dat jy ’n predikant in die NG Kerk is.

Albert Cruywagen

Ag toemaar, Henrietta, ons almal maak maar soms foute.

Jean Oosthuizen

Ek sien Mouton is verstom omdat daar gelowiges is wat sê dat Jesus nêrens in die Ou Testament genoem word nie. Dit verstom my dat Mouton hieroor verstom is want dit is ‘ n feit. Daar word nie na Jesus in die Ou Testament verwys nie behalwe in die gedagtes van diegene wat dit in sommige van die ou profete soos Jesaja inlees.

Boeta Du Plooy

Henrietta ek is werklik jammer dat ek jou verkeerd verstaan het, maar ek wil dan met jou volmondig saam stem oor jou siening. Ek wil net graag weet by die mense wat Reinhard Bonnke so aanval of hulle die groot opdrag uitvoer soos wat Bonnke dit doen en hoeveel mense hulle al na die Here gelei het.

Henrietta Klaasing

Totaal en al vergewe, Boeta! Ek dink nie jy sal antwoorde van die ander mense kry nie….

Henrietta Klaasing

Wat my laat wonder het Albert, is die wete dat NG predikante ’n legitimasie-eed aflê.

Albert Cruywagen

Henrietta: Jy bekommer jou verniet. Ek aanvaar die Bybel 100%. Alles wat amptelik deur die NGK oor Skrifhantering en Skrifgesag besluit is, is ook my besluit. Ek onderskryf die NGK se belydenisse ten volle. Dit maak my ’n gereformeerde lidmaat. Ek is getrou, lojaal aan en hartstogtelik lief vir die NGK. My legitimasie-eed is vir my ’n saak van erns. Ek het dit weer onlangs met myself en voor die Here deurgegaan en alles daarin in my hart bevestig. Slaap rustig.

Jean Oosthuizen

Wat het die legitimasie-eed met die draad te doen? Die ou legitimasie dreigement raak nou regtig afgesaag en jaag tog lankal niemand meer skrik op die lyf nie. Probeer liewer gesonde argumente voer. Of gaan kyk na Bonke video.

Albert Cruywagen

Jean: Dit klink my Henriette sien weer erens ’n dwaalleer-spook – en dit terwyl ek elke liewe uitspraak wat ek maak as’t ware eers aan die NGK se leer en aan my eed toets.

Ralph Barnard

Ek was in my jongdae as jong gelowige ook ’n Bonkkiaan. Die T-hemp gedra en als. Al wat my destyds van hom afgesit het, was sy swak Skrifgebruik. O ja, en dat kollekte met Kentucky-bakke opgeneem is. Laasgenoemde het nie verbeter nie en ek het hom ontgroei. Mense wat erns maak met die Bybel se oë gaan een of ander tyd oop. Ek het destyds gewonder hoekom Bonnke met sy gawes hom nie toespits op sy eie land nie. Die Duitsers was toe al gesekulariseerd. Maar natuurlik trek hy groter skares waar mense minder geletterd is.

Stefaan de Jager

Ralph, jy praat van Bonnke se swak Skrifgebruik. Jy en hy het dit minstens in gemeen.

Ralph Barnard

Dit is jou nederige mening, Stefaan. Maar weinig (indien enige) dosente van die NGK sal jou mening hieroor onderskryf.

Hennie Mouton

Ja-nee Ralph, om met Kentucky-bakke kollekte op te neem is darem regtig ’n doodsonde — duur geborduurde pousagtige kollektesakkies is mos by verre baie beter. Christene kan maar net dankbaar wees vir die talle Afrikane wat nie Bonnkiane geword het nie, maar deur sy prediking regtig by Jesus as enigste Verlosser uitgekom het. Soortgelyk is daar hopelik nie vandag Buchaniane nie, net soos daar nie destyds Pauliniane of Apollossiane moes gewees het nie.

Henrietta Klaasing

Die belydenisskrifte IS belangrik want dit gee kortliks God se Plan met die skepping en sy skepsels soos ons die in God se Woord kan lees. Die belydenisskrifte is propvol Skrifverwysings waar mens kan lees waar dit in die Woord staan.
Die Heidelbergse Kategismus (HK) – – wat deel uitmaak van die belydenisskrifte – – Sondag Een sê daar is drie dinge wat mens moet weet aangaande die mens se lewe en sterwe: Hoe groot my sonde en ellende is, hoe ek van al my sonde en ellende verlos kan word en hoe ek God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees. Dit is die basis vir die “ware evangelie” waaroor hierdie draad gaan.
By verskillende geleenthede lê NGK-lidmate EN NGK-leiers ’n eed af dat hulle sal bly by die leer van die NG Kerk, soos onder andere dit wat in die HK staan.

Jean Oosthuizen

Die sonde is nie in die opneem van kollekte in Kentucky-bakkie nie maar wat met daardie family feast kollektes gedoen word.

Jean Oosthuizen

Volgens Hennie Mouton behoort Christene dankbaar te wees mense soos Bonke. Hier onder is ’n voorbeeld van Bonke se doen en late. I rest my case!

“At Bonnke’s rally in Nigeria, 78 miracles were claimed on stage, but no evidence was found afterwards. Bonnke cursed cancers in the name of Jesus and claimed that those who were blind could now see. The programme then panned to the area below the stage where people from the crowd were being selected as to who could go on stage to testify to healing. There was clear evidence of fakery as most would be participants were barred from the stage. One person who was selected to testify claimed that he was blind and could now see, but it was then shown that he could actually see in the first place. Fifteen people were crushed to death at the rally. The parents of a child who was killed tried to get her body to Bonnke hoping he would raise her from the dead, but were barred from the stage. The family did the next best thing and laid the body on Bonkke’s Mercedes Benz in the hope of the child coming back to life. All of this is a far cry from the miracles of the New Testament. When Jesus and the apostles performed miracles there was no question that the person concerned was completely healed. This could not be denied even by their opponents. After the healing of the lame man in the Temple in Acts 3, the apostles were arrested by the Temple guard, but the Sanhedrin were compelled to let them go by the evidence of the miracle: “Seeing the man who had been healed standing with them, they could say nothing against it” (Acts 4:14).”

Annalize Vermaak

Bonnke is BONKERS! En so gaan daar vele saam met hom op sy pad, maar dis maar hoe die lewe werk. Dankie tog dat ek regtig nie meer onder vrees staan nie! Dit was die stryd werd.

Ina Kruger

To me He is the great I am, He was in the form of God equal to God, made himself of no reputation, and took upon Him the form of a servant, and was made in the likeness of men, and being found in fashion of man, he humbled himself, and became obedient unto death, Phil 2:6-8

Albert Cruywagen

Misdadige godsdiens!!

Ina Kruger

Ek lees net vanoggend, Fil1:15-18, Sommige preek Christus wel uit afguns en twis, maar ander ook uit welwilledheid: Die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge ni, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg; maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is tot die verdediging van die evangelie. Maar wat maak dit? in alle geval, op allerlei wyse , of dit onder’n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ok verbly.

Barend Nel

Henrietta Klaasing skryf: ” Die belydenisskrifte IS belangrik want dit gee kortliks God se Plan met die skepping en sy skepsels soos ons die in God se Woord kan lees. Die belydenisskrifte is propvol Skrifverwysings waar mens kan lees waar dit in die Woord staan.

… tot by ..

By verskillende geleenthede lê NGK-lidmate EN NGK-leiers ’n eed af dat hulle sal bly by die leer van die NG Kerk, soos onder andere dit wat in die HK staan.”

Dit is so Henrietta. Maar dan veroordeel jy mense soos ek, wat maar net ’n effens ander interpretasie het van wat die Skrif en die Belydenis bedoel. Jy dring daarop aan dat ons alles wat daar staan letterlik moet nasê, sonder om enigsins die historiese konteks in ag te neem…

DIT IS NOU AS DIT JOU PAS!! Maar as dit jou nié pas nie ignoreer jy dit self! Dieselfde belydenisskrifte waarna jy verwys wat die predikante van die NGK onderskryf (en alle lidmate by belydenisaflegging beaam) sê onder andere dat ons “die Wederdopers verfoei” (NGB art 36). En in art 34 sê dit: “daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie, en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel.”Dit is vir my duidelik dat jy nie wederdopers soos Prof Johan Malan en Bonnke verfoei nie! Hoe nou?

Hennie Mouton

Ina, ek dink met jou laaste verwysing kan mens verstaan dat indien die ware evangelie met onsuiwer bedoelings verkondig word, dit tog nog goeie vrug mag dra. Maar dit praat nie die slegte bedoelings goed nie, en dit praat ook nie die verkondiging van blatante vals evangelies goed nie. Ek glo jy stem saam. Maar ja, dis nie altyd so maklik om te onderskei wanneer ’n evangelie te vals is nie, veral wanneer dit baie subtiel aangebied word.

Ina Kruger ‎

@ Annalize, ek verstaan ni so mooi ni, onder watter vrees is dit wat jy nie wil staan nie? watter stryd was dit werd? Jesus sê in Luk12:5 Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat HY doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja Ek sê vir julle vrees Hom. Ek dink aan Ps2:11,12 Dien die Here met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die wegvergaan nie. Pred12:13,14 Vrees God en hou sy gebooie. Want God sal elke goeie werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. Fil 2:12 werk julle eie heil uit met vrees en bewing. Heb10:30,31 My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; Vreeslik is dit om te val in die hande van ’n lewende God. dan sê Jakobus, Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Please submit yourselves to God, resist the devil and he shall flee from you.

Jean Oosthuizen

Waar kom die gier van sommige vandaan om so in Ingels te begin praat en versies aanhaal as daar oor godsdiens gepraat word. Ek sien dit nooit in gesprekke oor rugby of politiek nie. Of het dit dalk iets te make met die spreek van tale waarvan ek maar min verstaan?

Annalize Vermaak

Ina. Die vrees dat ek in die hel gewerp gaan word as ek nie voldoen aan die voorskrifte van ’n god wat geskep is deur mense vir politieke beheer nie. Eintlik neem ek glad nie meer deel aan forums soos hierdie nie, want ek weet elke mens is soos ’n donkie en slaan sy hoewe vas in wanneer sy standpunt geroer word. Dit bring vir niemand vreudge of vrede nie, net ’n posisie wat hy/sy regverdig om sy meerderwaardige standpunt te bevorder. Kon net nie die Bonnke aanhaling weerstaan nie, want ek het hom op ’n stadium gevolg. Nou wens ek vir almal net liefde en vrede toe op hulle pad. “There are a thousand ways leading back to LOVE”! Ons met net aanhou op die pad. Dis maar my filosofie! Vrede. Peace. Shalom. En in watter taal ookal, mag ons dit leef!

Ina Kruger

Niks wat julle sê gaan oor Christus nie — dit gaan als om julle eie egos. Spieëltjie, spieëltjie aan die muur wies die mooiste van ons hier. Shame, kry julle nie skaam nie, of het julle dit saam met die skottelgoed water by die agterdeur uitgegooi. Julle moet mooi vestaan, bloot om te sê ek glo is nie genoeg nie, julle moet die bewys van werke hê. Jak sê om te glo, alleen red nie, geloof sonder die werke is dood. julle moet julle dooie werke van die vlees kruisig(mortify) en julle met Christus beklee. Julle Fariseers en skrifgeleerdes, geveinsdes,slange en addergeslag hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

Jean Oosthuizen

Julle Fariseers en skrifgeleerdes, geveinsdes,slange en addergeslag hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?.
Nou ja toe. Daar het julle dit!! Julle wil mos.

Ina Kruger

tienduisend maal ja Henrietta, I rather have Jesus than silver or gold, I rather be his than to have riches untold

Hennie Mouton

Ek het niks hier van verstom geskryf nie Jean, ek het net vir Albert ’n vraag gevra met die hoop dat dit hom sal laat dink oor wat hy kwytraak, maar Jean jou verstommende stompsinnigheid verstom min mense nog.

Om regtig ernstig te wees — heelwat Christene het egter al gebid dat jy eendag voor dit te laat is deur God se genade stomgeslaan sal word.

Jean, gaan lees die verwysing wat Barend Nel hierbo geplaas het deur iemand wat krities is oor Bonnke, maar duidelik baie meer objektief is as die oordrewe en waarskynlik onwaar berig wat jy oor Bonnke aanhaal. Of as jy te lui is om dit behoorlik te lees, lees maar my opmerkings boontoe daaroor. Die interessante is dat hierdie meer objektiewe kritikus van Bonnke nie die wonderwerke ontken wat by sy dienste plaasgevind het nie.

Jean, ek het geskryf dat Christene dankbaar behoort te wees vir talle wat wel deur Bonnke se prediking by geloof in Jesus Christus as enigste Verlosser gekom het. Gaan lees Ina Kruger se verwysing na Fil. 1:15-18 hierbo as jy nog steeds nie die kloutjie by die oor kry nie.

Annalize Vermaak

Ja nee… mense soos Ina en ’n paar ander hier sal my oorhaal….. NOT! Toodle Doo!

Jean Oosthuizen

Die probleem met mense soos Bonke is dat hulle nie net hulle self skade aandoen nie maar die hele Christelike geloof verspot maak. Soos byvoorbeeld die storie van Bonke dat hy iemand wat dood gesertifiseer is uit die dood ogpewek het deur gebed. Regtigwaar mense!! Of glo Mouton en Klaasing daai storie?

Barend Nel

Jean ek dink party mense verwar Engels met die taal van die Engele, soos in “1Kor 13:1 Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword.” :-))
Of dalk luister en lees hulle maar net te veel na Amerikaanse evangeliste…

Albert Cruywagen

Ina: Ons het in jou ’n volgende persoonlike hel-toe-stuurder! ’n Mede-Xten-vervolger.

Henrietta Klaasing

Kerkleiers het ’n groter verantwoordelikheid om getrou te wees aan die leer van die Kerk as gewone lidmate

Jean Oosthuizen

Aan watter Kerk se leer is Bonke getrou?

Ina Kruger

Jean, jys agter my maat, jy kyk seker nie kykNET nie. Jy het seker ni gesien hoe almal Ingelse uitdrukkings gbruik nie, ek probeer net ‘IN’ wees. Nee Barend, ok ni soos jy daar se ni, ni by di Amerikaanse evangeliste ni, hulle is t selfgesentreerd(so se julle)”self dilusional”. Ek sal eerder se dit is va “posts” in Ingels doen. Ek dink di tale va engele is so mooi, dat ek ni iets anders sal wil praat ni, maar terwille va di gemeente, nie. Ek oefen intussen om di tale va engele t praat, dit gaan so lekker wees, want liefde gaan ok daar wees, wat ek dan ten volle sal ken.

Albert Cruywagen

Ina: Lees jy nie Bybel nie. Jou “liefde” verskil hemelsbreed daarvan. Om sulke verdoemende woorde soos addergeslag, ens te gebruik is erg liefdeloos, aanmatigend, selfs pervers.

Renier Lourens

Henrietta, waar val jy met daardie idee uit? Dis lagwekkend. Daar is nie trappe van getrouheid nie- jy is of jy is nie. Moet mens nie maar eerder getrou wees aan die leer van Jesus nie? En kerk met ’n hoofletter? Tja!

Hennie Mouton

Jean Oosthuizen, ek weet nie of ek daardie een glo nie. Ek weet wel die meer objektiewe kritiseerder van Bonnke waarna Barend hierbo verwys het, het ook daarna verwys en die waarheid daarvan nie ontken nie. Ek glo ook dat God dit steeds kan doen net soos wat Lasarus deur Jesus uit die dood opgewek is. Jean, glo jy dat laasgenoemde werklik gebeur het? Ag en moenie nou weer die vraag ontwyk nie.

Evert Meyer

Daar het jy dit nou. Jesus was “erg liefdeloos, aanmatigend, selfs pervers”.

Stefaan de Jager

Hennie, Jean glo dit nie. Ek weet nie eers of hy Jesus as sy Here en God bely nie. Kon dit nog nooit agterkom nie.

Albert Cruywagen

Evert: Jy is erg moedswillig of sukkel om te verstaan. Lees weer Ina se aanmatigende teksie-oorlog woorde. Dis hoekom ek die liefdeloosheid in haar woorde (LW – haar woorde) so beskryf.

Ina Kruger

Ja Albert, as ’n mens ’n hond wil slaan sal jy ’n stok kry! Jy se v my ek lees ni my Bybel ni- jy weet ni eers dat Jesus dit gese het ni& jo begrip nog korter! Jy snap ni eers dat Evert v jo dit se ni. Jys heeltemal reg Jesus se ek kan di mense hul sonde vrgeef of hul sonde hou- ek kan jou sonde hou omdat jy di persoon wi ek baie lief het, vloek. Jesus se: as jy My ni voor di mense bely ni sal Ek jo ni voor My Vader bely ni. Ek waarsku jo, hou aan om God & sy woord t minag, & Hy sal jou slaan waar jy di seerste sal kry! Hy se di wraak kom My toe Ek sal vergeld!

Henrietta Klaasing

Waarskynlik waarsku Pastoor Bonnke ons hier teen die “Emerging Church” se aanhangers soos Alan Jones wat skryf in sy boek “Reimagining Christianity”:

“The Church’s fixation on the death of Jesus as the universal saving act must end, and the place of the cross must be reimagined in Christian faith. Why? Because of the cult of suffering and the vindictive God behind it.”

Henrietta Klaasing

Kyk ook hier wat sê John Shelby Spong, ’n afgetrede biskop van die Episkopaalse kerk:

“The view of the cross as the sacrifice for the sins of the world is a BARBARIAN IDEA based on PRIMITIVE CONCEPTS OF GOD and must be dismissed.”

Jean Oosthuizen

Dit is moontlik dat Bonke en die ultra konserwatiewes soos die Trojaanse perde en mense soos prof Johan Janse van Rensburg in die selfde kamp sal wees oor die emerging churches. Mens kry soms vreemde bedmaats ook in die teologie. Beide groepe lê baie sterk klem op die hel en hoe mense wat vir die hel bestem is tot in ewigheid in die vuur sal brand. Bonke se suskses is veral in derdewêreld Afrikalande onder ongeletterde armes. Hy preek die wit waks uit mense en maak hulle bang met die hel. Hy maak ook wilde aansprake soos die sogenaamde man met die doodsertifikaat wat weer lewendig geword toe hy vir hom gebid het. En terwyl derduisende goedgelowige arm Afrikane na Bonke se vertoning geluister het klim hy in sy luukse kokon terug en vlieg huis toe waar hy in groot gemak leef te danke aan die gevaarlike vororspoeteologie wat hy aan armes verkondig.

Henrietta Klaasing

Op Facebook gekry:
Evangelist Reinhard Bonnke – Official Page
1,383,893 likes • 61,005 talking about this

De Waal Lubbe

Dis n heerlike dag, sonder oersonde, oordeel, bloed, kruise, spykers, sondekies, beloftes en ja, soos Spong tereg se, sonder barbaarse, totaal onlogiese beginsels en primitief tot die ekstreem, gegewe vandag se kennis.

Jean Oosthuizen

Wat op aarde sou die aantal “likes” op die Bonkeblad met goeie teologie te make hê? Net mooi niks. Lady Gagga is ewe gewild. Dit maak nie van haar ’n gospelsangeres nie.

Wynand Du Plessis

Ja, en amper 2/3 van die land stem vir die ANC, so dan MOET hulle seker ’n goeie party en regering wees…

Hennie Mouton

Jean Oosthuizen se duimsuigopmerking oor die gemak waarin Reinhard Bonnke leef wys weereens dat hy nog steeds nie die verwysing van Barend Nel oor Bonnke gelees het nie. Is dit nie basiese kennis dat veral nuusredakteurs tenminste gegronde opmerkings behoort te maak nie?

Hennie Mouton

En wanneer gaan Jean Oosthuizen die eenvoudige vraag aan hom hierbo, naamlik of hy glo dat Jesus vir Lasarus uit die dood opgewek het, antwoord?

Jean Oosthuizen

Nog Bonke bonkers vir Sesdag om van kennis te neem: “A CONTROVERSIAL German evangelist, who boasts God uses him to heal the terminally ill, the blind and the disabled is bring his roadshow to Ulster. So-called miracle worker Reinhard Bonnke has booked three nights Belfast’s centre – which can seat up to 10,000. And his organisation – Christ for all Nations (CfaN) – says 5,000 seats for each night of the crusade have already been snapped up. But Bonnke`s act was exposed in a recent TV documentary, which highlighted his treatment of the poor and sick at a mass rally in Nigeria.

The film showed the evangelist making claims that he can, through God’s power, rid them of polio, breast cancer, blindness, deafness, tuberculosis and other serious conditions. Bonnke even claims that “supernatural reconstructive surgery” healed a little boy, who was born with a defect in his genital area. He has offices worldwide, but his work in Africa, where he often preaches to excited crowds of over 500,000. But Bonnke`s miracle claims have sparked outrage and disgust among more orthodx Religious leaders.”

Albert Cruywagen

Wynand: jpou vergelyking van godsdiens met die ANC dryf weg soos wolke .

Ineke de Munck

Alles wat je in de bijbel leest, kan je ook niet voetstoots aannemen, dat is werkelijk zo is en zo is gegaan. Iedereen geeft er z’n of haar eigen interpretatie aan. Diti s al eeuwen zo , zolang de theoloische wetenschap (notabene!) is ontstaan. Hoe vaak is de bijbel wel niet vertaald? Denk maar eens aan mond-op-mondverhalen of boodschappen. En dan al die verschillende geloofsgemeenschappen of afleidingen ervan, of nieuwe richtingen in het geloof. Alles rijst de pan uit. Logisch, omdat er zoveel verschillend denkende mensen zijn. Wat is verafschuw is, dat vele ‘gelovigen’ (en ik plaats dit opzettelijk tussen enkele aanhalingstekens) neingen de ‘ongelovige’ mensen op één hoop te gooien !! Zó ezelachtig stom vind ik dit !! Een ongelovige zou en zal dan nergens in kunnen geloven?? Er zijn altijd zaken en dingen waarvan iedereen aan kan nemen dat men er wel in moet of kan geloven. Alles hangt af van je eigen VERANTWOORDELIJK denken. Het wil niet zeggen dat de ene mens beter is dan de ander: gelovig of niet. Alles hangt af van je inborst !! En men moet allen toch toegeven, dat ‘gelovigen’ niet bepaald alleeen maar mensen zijn met een zuivere inborst !!!

Ineke de Munck

Die hele theologenboel kan me GESTOLEN worden, behalve als men anderen in nood kan helpen op de juiste manier die bij de hulpbehoevende past en niet omdat men zonodig het geloof daarbij wil verkondigen van zijn of haar kerk.

Wynand Du Plessis

Nee Albert, ek vergelyk nie godsdiens met die ANC nie. Ek het na aanleiding van Jean se opmerking net voor dit probeer se dat iets wat gewild is nie noodwendig goed is nie.

Ineke de Munck

ff aanvulling: het is dat er theologen moeten zijn , omdat de kerk, geloofsovertuigingen en de theo-wetenschap al zo lang bestaan. Meer niet.

Henrietta Klaasing

Ineke, ek hoor wat jy sê, en neem aan dat jy nie in die NG Kerk is nie. Hierdie is die webblad van die NG Kerk. Elke belydende gelowige in hierdie kerk lê ’n belofte af om te bly by die leer van die hierdie kerk. Verskillende kerke het verskillende leerstellings. Dit staan elkeen vry om te gaan waar hy of sy wil.

Die Heidelbergse Kategismus (HK) – – wat deel uitmaak van die NG Kerk se belydenisskrifte – – Sondag Een — sê daar is drie dinge wat mens moet weet aangaande die mens se lewe en sterwe: Hoe groot my sonde en ellende is, hoe ek van al my sonde en ellende verlos kan word en hoe ek God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees. Dit is die basis vir die “ware evangelie” waaroor hierdie draad gaan.

Albert Cruywagen

En ons almal ondersteun die HK.

Adriaan van der Wart

Ek sê dit mos al my lewe lank: party mense sal liewer die Bybel verander as om aan een jota of tittelkie van die Belydenisskrifte te raak!

Alwyn Van Schoor

‎#Albert: NT Wright gee ’n interessante perspektief in sy boek “Simply Jesus” oor waar of wat die hemel is: “In the Bible, “heaven” and “earth” overlap and interlock….” wat mens aan Markus 1:15 laat dink: ” Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Maw as die hemel ’n plek is waar God realiseer sou mens seker kon redeneer dat die hel ’n plek is waar God afwesig is, waar boosheid, kwaad oftewel Satan regeer.

Ek weet die Platoniste dink anders en dan is daar nog die Gamkaskloof ook, ‘so take your pick.’

Annari Du Plessis

Ek verstaan nie waar die NG kerk en/of teologie fakulteit nie by daai drie dinge van Sondag Een hou nie

Hennie Mouton

Annari, John Shelby Spong het onder andere geskryf, soos Henrietta hierbo uitgewys het:

“The view of the cross as the sacrifice for the sins of the world is a BARBARIAN IDEA based on PRIMITIVE CONCEPTS OF GOD and must be dismissed.”

Die Heidelbergse Kategismus (HK) – – wat deel uitmaak van die NG Kerk se belydenisskrifte – – Sondag Een — sê daar is drie dinge wat mens moet weet aangaande die mens se lewe en sterwe: Hoe groot my sonde en ellende is, hoe ek van al my sonde en ellende verlos kan word en hoe ek God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees. Dit is die basis vir die “ware evangelie” waaroor hierdie draad gaan.

Ek neem aan jy kan die botsing hier raaksien tussen Spong en Sondag Een want Jesus Christus wat aan die kruis gesterf het is hoe ons van ons sondes verlos kan word.

Maar die NG Kerk via sy Kerkbode berig baie positief oor Spong, soos byvoorbeeld hier: http://​www.glodiebybel.co.za/​index.php/​geloofskwessies-m/​78-kerkbode-kat/​630-kerkbode-en-biskop-spon​g.html gesien kan word. Slegs Danie Mouton was daar bereid om darem kritiek op Spong uit te spreek.

Henrietta Klaasing

Dankie vir die skakel Hennie, interessant gewees om weer daardie episodes te herleef! Dinge het min verander hier in die paar maande se tyd

Annari Du Plessis

As die kruisiging nie net ’n sacrifice was nie, beteken dit nie ons sondes word nie vergewe nie.

Henrietta Klaasing

Annari, die woord ” evangelie” beteken “goeie nuus” . Alle mense het gesondig en sonde moet gestraf word (slegte nuus). Die Bybel se goeie nuus is dat Jesus Christus God se Seun is wat gestuur is om in elkeen wat in Hom glo se plek vir sy/haar sonde te sterf. Elkeen wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar die ewige lewe verkry.

Hennie Mouton

Annari, wat dink jy beteken die kruisiging van Jesus, en hoe dink jy kan ons as mense God se oordeel ontkom as dit nie is dat Jesus in ons plek gesterf het nie?

Annari Du Plessis

Nou maak julle asof ek se ons sondes word nie vergewe nie. Ek probeer ook maar net se dis net een aspek van Jesus se werk.

Pierre Grigor

Wanneer Paulus skryf oor die sterwe van Jesus, maak hy gebruik van die woord “huper”, waarmee nie gesê word dat Jesus VIR die sondes gesterf het nie. Hy is doodgemaak agv die feit dat die kerk en mense van die dag nie sy boodskap aanvaar het nie, maw OOR hulle geestelike blindheid.

Om te sê dat die mensdom “verkeerdelik” gehandel het en dat God dit in Jesus moes kom regmaak, is om te eet van die boom van kennis van goed en kwaad. In Genesis sê God dat die mens nie van daardie boom moet eet nie, maar ons laat God van daardie boom eet deurdat ons sê dat God kwaad was vir die “verkeerde” dade en God dit daarom moet straf.

Dis in sy wese ’n Moses evangelie…’n wet-evangelie… Joh 1:17 verklaar dat Jesus ’n ander evangelie gebring het.

Hennie Mouton

Annari, ek het jou ’n vraag gevra, nie ’n stelling gemaak nie, juis omdat ek jou “net” raakgesien het. Ek neem aan jy sien dit darem as ’n baie belangrike aspek van Jesus se kruisiging en dat jy daarom ook verskil van Pierre Grigor se blatante verdraaiing van die evangelie in sy laaste skrywe, of hoe?

Pierre Grigor ‎

“Blatante verdraaiing” was een van die redes waarom Jesus gekruisig is Hennie.

Hennie Mouton

Enigeen kan Pierre se bewering dat Jesus nie VIR ons sondes gesterf het nie, gaan meet aan die volgende Skrifgedeeltes.

2Co 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
1Jo 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
1Jo 2:2 En Hy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
1Jo 2:12 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.
1Jo 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ’n versoening vir ons sondes.

Gelukkig is Pierre darem lankal nie meer ’n predikant in die NG Kerk nie.

Pierre Grigor

Ai Hennie, wanneer kom ons tog by die dag waar ons verby die oppervlak lees en die teks uitdaag om meer vir ons te sê?

Die evangelie is ryk aan dimensionele waarheid en dit het talle pogings deur die eeue heen, om alle moontlike interpretasies finaal uit die teks te wring en tot verabsoluteerde waarhede te vervlak, weerstaan.

Jy neem sonder meer aan dat jou verwysings nie meer kan sê as wat jy glo dit sê nie. Die Bybel is ryker en dieper as selfs jou insigte en kan selfs jou interpretasies ontglip my vriend…

Henrietta Klaasing

Dankie Hennie vir die toepaslike stukke wat jy aanhaal. Hebreërs is so vol daarvan dat Jesus die volmaakte offer kom bring het vir die mens se sonde dat dit onmoontlik sal wees om stukke hier te plaas. Lees gerus hoofstukke 9 en 10 aanmekaar, aaneen.

Thabu Pienaar

Jislaaik, ’n mens kan die bydraes in hierdie draad rofweg in 2 groepe gooi. Maar soos dié 2 groepe hier mekaar aanvat, is ek dankbaar dat God sélf Sy kerk in stand hou en sal hou, want die 2 groepe gaan dit nie vir ons doen nie.

Henrietta Klaasing

En jy is “in die mirrel Cyril”, of hoe Thabu?

Hennie Mouton

Thabu, jy kan mos nou nie op die draad probeer sit rakende die kruisoffer van Jesus nie?

Hennie Mouton

Pierre, hoe kan jy jouself glo as die Bybelteks self jou vertolking op verskeie plekke ondubbelsinnig weerspreek?

Pierre Grigor

Hennie jy werk met ’n paar voorveronderstellings wat jy sonder meer as finale waarheid aanvaar…

Hennie Mouton

Alhoewel ek nie alles verstaan wat in die Bybel geskryf is nie, gaan ek beslis nie die duidelike gedeeltes in die Bybel anders probeer vertolk, en veral nie teenoorgesteld probeer vertolk van wat geskryf is nie.

Pierre Grigor

Hennie, net so ’n klein voorbeeldjie van hoe dinge in die Bybel maklik “teenoorgesteld” vertaal kan word:

In Henrietta se Hebreërs se hoofstuk 9:11 waar die woord “toekomstige” gebruik word, staan die Griekse woord in die Auristos Partisipium Medium en moet daarom as “geworde” vertaal word. Inderdaad die teenoorgestelde van “toekomstige”. “Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die geworde weldade…”

Die voorafgaande en daaropvolgende teksverse het ’n baie duidelik metaforiese karakter. In vers 12 het Jesus mos nie letterlik in die heiligdom ingegaan nie; hy het aan die kruis gehang. Hier is ’n sterk metafoor wat gebruik word, wat impliseer dat die bloed ook nie die letterlike bloed is nie, maar na iets dieper verwys.

Hennie Mouton

Pierre, jy beantwoord glad nie die vraag hoe jy kan beweer dat Jesus nie VIR ons sondes gesterf het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui