Antropomorfisme, Antropopatisme en Teopatie

Antropomorfisme

God word beskryf asof Hy ’n menslike liggaam het. Menslike liggaamlike vorme of handelinge word aan God toegeskryf.

God openbaar Homself waarlik, maar nie volledig nie.

Dit gaan oor:

  • hande
  • ore
  • gesig
  • arm
  • sit, loop, neerdaal

Bybelse voorbeelde

  • Eksodus 33: (11)die HERE het met Moses van aangesig tot aangesig gespreek
  • Psalm 18: (9)Hy het die hemel gebuig en neergedaal
  • Jesaja 59: (1)die hand van die HERE is nie te kort nie

Antropomorfismes sê nie God het letterlik ’n liggaam nie (Joh 4:24), maar Sy mag, teenwoordigheid of werking word só beskryf.

Antropopatisme

God word beskryf asof Hy menslike emosies ondergaan. Menslike emosies of innerlike ervarings word aan God toegeskryf.

Dit gaan oor:

  • berou
  • toorn
  • hartseer
  • jaloesie
  • medelye

Bybelse voorbeelde

  • Genesis 6: (6)Dit het die HERE berou dat Hy die mens gemaak het
  • Hosea 11: (8)My hart draai om in My binneste
  • Eksodus 32: (14)die HERE het berou gehad
  • Numeri 12: (9)Die toorn van die HERE het ontvlam

Antropopatismes sê nie God het wisselende emosies soos mense nie. Dit beteken nie God is emosioneel onstabiel nie, maar dat Sy morele reaksie op sonde en bekering in menslike emosietaal beskryf word.

Beide antropomorfisme en antropopatisme is maniere waarop die Bybel God verstaanbaar beskryf in menslike taal.

Teopatie

Teopatie beskryf God se werklike, gepaste goddelike karaktereienskappe.

Antropopatisme vs teopatie

Voorbeeld: God se toorn

Antropopatiese beskrywing:

“Die toorn van die HERE het ontvlam” (like menslike woede)

Teopatiese werklikheid:

  • God se toorn = Sy konsekwente, heilige afkeer van sonde
  • Nie ’n emosionele uitbarsting nie
  • Nie ’n verlies aan selfbeheersing nie

1 thought on “Antropomorfisme, Antropopatisme en Teopatie”

  1. Jou aanname dat God nie ‘n liggaam’s vorm het nie, is kommer wekkend. Die Woord van die Here maak dit duidelik dat die mens na Sy beeld geskape het, dus die Here is ‘n werklikheid met ;n menslike vorm wat jy en ek is na Hom en volgens Hom geskape op die sesde da. Waarom twyfel jy?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui