‘Pienk Piet’ se verskuiwing het simboliek

Kyk Só kan NG Kerk by Pienk Piet leer om ’n lys te sien van alle verwante artikels.

Die volgende artikel het ook in Kerkbode verskyn met die titel: Die simboliek van die verskuiwing van ‘Pienk Piet’

*******

‘Pienk Piet’ se verskuiwing het simboliek | Netwerk24

Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein

8 April 2022

Die artikels van drs. Leslie van Rooi (02.04) en Frits Gaum (05.04) oor die kerktwis oor prof. Johannes du Plessis het betrekking. Hierdie artikels is waarskynlik in reaksie op die Kairos Netwerk en die Namibiese sinode, wat aangedui het dat hy homself distansieer van die teologiese opleiding wat aan die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria en van die Vrystaat aangebied word.

Ek stem saam met albei doktore dat die NG Kerk uit daardie geskiedenis bepaalde lesse kan leer, positief en negatief. So kan ons ook lesse leer uit beelde en monumente wat vir spesifieke redes opgerig word, as deel van ’n visuele kultuur om voortdurend aan iets of iemand belangrik te herinner. Net so het wat ook al met standbeelde gebeur, besondere betekenis, soos ons ervaar het met die #RhodesMustFall-beweging.

Du Plessis se standbeeld (wat die bynaam “Pienk Piet” gekry het) het rondgeswerf, is gevandaliseer, maar kry op 19 Junie 2006 ’n prominente plek waar dit “waak oor die ingang na die tuin van die Kweekskool in Stellenbosch” (aldus Van Rooi). Prof. Louis Jonker, uitgelese professor van die teologiese fakulteit van Stellenbosch, was een van ’n groep wat meegewerk het aan hierdie verskuiwing.

Die simboliek van hierdie verskuiwing durf nie misgekyk te word nie en dit spreek ook duidelik uit die twee artikels: In ’n paar dekades het daar ’n verskuiwing gekom in Skrifbeskouing wat die kern van die Christelike geloof raak.

Dit hou daarmee verband dat die historiese kritiek ’n fundamentele uitgangspunt in die teologiese opleiding van die NG Kerk geword het en ’n groot aantal teoloë, predikante en ander lidmate glo nie meer in die gesagvolheid van die Bybel nie.

“Ons kan nie toelaat dat ons gehegtheid aan die Bybel en ons aanvaarding van die betroubaarheid van God se Woord in die gedrang kom nie,” het prof. dr. Willie Jonker gesê. Die reaksie van Bybel-getroue gelowiges moet in hierdie lig gesien word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui