Josua is veral bekend vir die volgende dinge:
- Hy was een van die 12 verspieders wat Kanaän gaan verken het. Slegs hy en Kaleb het gesê dat die land ingeval moet word.
- Josua het by Moses oorgeneem nadat hy dood is.
- Hy het gesê: “…maar ek en my huis, ons sal die Here dien.” (Jos 24:15)
Hier volg ‘n kort tydlyn van Josua se lewe:
- 1553 vC: Josua word gebore
- 1531 vC: Toe Josua 22 oud was, slaan Moses (40 jaar oud) ‘n Egiptenaar dood en vlug na Midian.
- 1530 vC: Kaleb word gebore. Josua is 23 jaar oud.
- 1490 vC: Kanaän word verken. Uit die 12 verspieders is dit slegs Josua en Kaleb wat sê dat die land ingeval moet word. {Num 13}. Josua is 63 jaar oud en Kaleb 40 jaar oud.
- 1451 vC: Moses sterf. Die Israeliete neem Jerigo in. Josua is 102 jaar oud.
- 1445 vC: Kaleb is 85 jaar oud. Dit is 45 jaar nadat hulle Kanaän verken het. {Jos 14:7-11} Josua is 108 jaar oud.
- 1443 vC: Josua sterf toe hy 110 jaar oud is. {Jos 24:29-30; Rig 2:8}