Die volgende teenstrydighede verskyn in die Koran
Alkohol
- 5:90-91 : Kom van Satan af
- 47:15 : Moslems word daarmee beloon in die hemel
Tydsduur van skepping
- 7:54 : Allah het die heelal in 6 dae geskep
- 41:9-12 : Allah skep in 8 dae.
Skeppingsvolgorde
- 2:29 : Allah skep die aarde voor die hemel.
- 79:27-30 : Die volgorde is omgekeerd.
Eerste Moslem
- 6:14 : Mohammed is die eerste Moslem.
- 7:143 : Moses was die eerste Moslem.
Eerste profeet in Arabië
- 2:125-129 : Abraham en Ismael was die eerste profete wat in Arabië aangekom.
- 28:46 : Mohammed was die eerste.
Kan shirk vergewe word?
- 4:48; 4:116 : Shirk is onvergeeflik
- 4:153 : Allah vergewe shirk.
Taal van Koran
- 16:103 : Koran is in suiwer Arabies geskryf
- Daar is egter baie ander woorde in die Koran.
Allah se verdraagsaamheid teenoor ander gelowe
- 2:62; 5:69 : Jode en Christene hoef nie bang te wees nie, want Allah sal hulle aanvaar.
- 3:85 : Die enigste geloof wat Allah aanvaar is Islam.
Uit wat is die mens geskep?
- 19:76 : Die mens is uit niks geskep.
- 96:2 : Uit ’n bloedklont
- 21:30 : Uit water
- 16:4 : Uit ’n klein saadjie
- 15:26 : Uit klei en modder
- 3:59 : Uit stof
- 11:61 : Uit die aarde
Intersessie moontlik?
- 20:109; 34:23; 43:86 : Intersessie sal moontlik wees op die oordeelsdag
- 2:123; 6:51; 82:19 : Intersessie sal nie moontlik wees nie.
Dood van farao
- 10:92 : Allah het vir farao gered
- 17:103 : Farao het verdrink.
Die tragedie is dat die teenstrydighede in die Koran, ook sodanig in baie Christene se beskouing aangaande die Bybel, ‘n lewende werklikheid is. Die Bybel word meestal beskou as ‘n historiese ‘’dokument’’ eerder as deur die Gees geïnspireer. Sou die Skrif waarlik geglo word as Gees-gedrewe in Suid-Afrika, sou die nodige aandag daaraan bestudeer word met veel groter relevansie en vermoë om verandering mee te bring, as TV en Rolprente en die onlesbare dors en begeerte na ‘’Sosiale Afleiding”. Daarom dat baie ook nie in hul sekulêre omgewings, korrupsie aanspreek of groot leuens ontmasker, of staatskapings voorkom nie, of maar stilbly oor soveel ongerymdhede waarvan selfs vooraanstaande regsfirmas bewus is, maar ter wille van self-behoud en self-vooruitgang, maar stilbly.
In Carl Trueman’s, “The Rise and Triumph of the Modern Self” (Afrikaans: ‘’Die opkoms en triomf van die moderne self ‘’), word onder andere verwys na “…die begeerte vir innerlike geluk en sielkundige welstand lê in die kern van die moderne era. Soos ons gesien het, word dit nou aanvaar dat die manier waarop u uself sien, u innerlike beeld, die waarheid is, wat u is. Dit geniet selfs voorrang bo ‘n mens se liggaam, wat nou dan verder die moontlikheid vir ‘n nuwe pad baan vir ‘n oënskynlike regmatige verskil tussen u biologiese geslag en ‘u geslag wat u glo u is’. Wie jy dink wie jy is, is jou ware identiteit, ongeag of jy XX- of XY-chromosome het. Vandaar die stelling, “Ek is ‘n vrou wat in ‘n man se liggaam vasgevang is. ” , en nou “maak dit sin. ”
In die moderne tyd is ons dus besig met ‘n nuwe sekulêre vorm van ‘n godsdienstige ‘’boek’’ met derduisende teenstrydighede daagliks – allesbehalwe soos die Bybel – wat in die vorm van beelde en klanke aan ons oë en ore opgedis word in geweldige oormaat, en ons dink ons onderbewyssyn van ons denke bly onaangeraak. Dr. Willie Marais, eertydse NG leraar, het eenmaal in sy lewensverhaal verwys na ‘n droom, waar ‘n geweldige tragedie KAAPSTAD tref by wyse van ‘n tsunami. Hy was geen liggewig in die kerke wêreld nie, en mens moet só persoon miskien met groter erns opneem. Dat dit fisies kan gebur, is absoluut moontlik, maar dat dit geestelik besig is om te gebeur in die onsienlike bose aanslag op menslike denke, kan nie weerlê word nie. Daar is ‘n rede waarom hy oor Kaapstad gedroom het. GOD werk nog altyd in die fynste besonderhede, net soos Hy in Openbaring aan die 7 kerke, ‘n geweldige ernstige boodskap gestuur het. En dié boodskap was aan hul BINNE die kerk, en nie daarbuite nie.