Waarom die kerk ’n padda maak?

Kyk ook:

 

Waarom die kerk ’n padda maak? | Netwerk24

Deur Henriëtta Klaasing, Randfontein

3 Januarie 2021

Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein, skryf:

Haatspraak is onder meer geskrewe teks wat daarop gemik is om vooroordeel teen ’n groep mense op grond van hulle geloof te bewerkstellig. Herman Lategan se aanval op die NG Kerk kom gevaarlik naby daaraan. As toegewyde NG lidmaat was ek uiters geskok en diep beledig deur sy aannames in sy rubriek met die opskrif “NG Kerk kry trofee vir padda van die jaar” (Rapport, 27 deser).

Daarin brei hy uit op die padda-idee: lawaaimakers en draadsitters, slymerig en eentonig.

Die kerk wat hy aanval, is hoe hy die kerk interpreteer en nie soos die kerk in God se Woord openbaar word nie. Die kerk is die liggaam van Christus, waarvan Hy die hoof is. ’n Ander metafoor wat in God se Woord voorkom, is die Bruid van Christus. Aanvalle teen ’n kerk, is by implikasie aanvalle gemik op die Liggaam van Christus en Sy Bruid.

Al is die padda-prys vir die “hele kerk” as kerkgenootskap, is gelowiges wat God se Woord ernstig opneem ten opsigte van gays Lategan se fokuspunt.

Hulle noem hy “ ’n koterie van (behepte) ou wit mans” met “die bloed van gays aan hul hande”. Bybelgelowiges word daarvan beskuldig dat hulle die Woord gebruik as ’n stok om gay mense mee te slaan. Soveel wanvoorstellings in een berig! Ek skaam my nie as “ou wit vrou” wat dieselfde Bybel-gefundeerde sienings huldig, om in hulle geselskap te wees nie. Uit vorige koerantberigte kan ’n mens aflei dat Lategan emosionele pyn beleef het. Ek is jammer om daarvan te lees, maar gee trauma tydens sy kinderjare hom die reg om ander en dit waarin hul geloof gesetel is, te kleineer?

Die verband wat getrek word in die slot met die kruiswoorde van ons Here Jesus in Sy donkerste uur “My God, My God, waarom het U my verlaat?” grens aan Godslastering.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui