Vrystaatse Sinode kommunikasie 30 September 2022

Die volgende kommunikasie is uitgestuur namens die Vrystaatse Sinode se moderamen.

Die volgende dokument is ook voorgelê: Redes waarom gemeentes vra om uit verband te tree

***********

30 September 2022

VIR AANDAG: AL DIE LERAARS EN GEMEENTES

NG KERK VRYSTAAT

Geagte broer en suster

STREEKSBYEENKOMSTE

Die Moderamen het besluit om drie byeenkomste deur die Vrystaat te hou met die oog op die komende buitengewone sinodesitting.

Die datums is soos volg:

  • 7 November 2022: NG Gem Kroonheuwel-Noord
  • 8 November 2022: NG Gem Langenhovenpark
  • 9 November 2022: NG Gem Bethlehem-Wes

Die byeenkomste begin om 09:00 en duur tot 13:30.

Die sinode het drie studiegroepe aangewys wat by die geleenthede voorleggings sal doen, naamlik:

  • Artikel 37 en Kerkverband
  • Belydenisgrondslag
  • Skrifgesag
  • Die STK sal ook ʼn voorlegging doen oor die kerkregtelike implikasies van ʼn moontlike Artikel 37-proses.
  • Die groep gemeentes wat vra vir ʼn onttrekking uit die Algemene Sinode sal ook ʼn kans kry om hulle saak voor te lê.

Dokumentasie hieroor sal net na die skoolvakansie vir almal gestuur word.

Die Interimkomitee se aanbeveling is dat ons ʼn een dag buitengewone sinodesitting vroeg in Maart 2023 hou.

Groete in Christus

Geteken DR LM FOOT
SKRIBA: MODERAMEN

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui