Kyk ook:
*******
Brief | ‘Kan ek ondersoeke ná dié uitsprake vertrou?’ – Kerkbode
Kerkbode
15 Augustus 2025
Theodorus Klein van Windhoek skryf: Die onlangse onskuldigbevinding van ds Jan Lubbe (sien Uitslag van ondersoek teen moderator bekend: Lubbe onskuldig, Kerkbode , 22 Mei 2025) is absoluut wat verwag kon word, gegewe die aantal persone wat ook onskuldig bevind is oor die afgelope eeu.
LEES OOK | Kerklike ondersoeke: Teorie, praktyk en persepsie
Ek verwys hieronder na enkele voorbeelde wat ek kon navors. My navorsing oor dié saak laat by my dié vraag: Is dit ’n geval van praat van dwaalleer in die NG Kerk en jy word skuldig bevind van valse getuienis, maar vir dwaalleeruitsprake en oortuigings is geen gevolge nie?
1930’s: Johannes du Plessis
Klagte: Hy bevraagteken Moses se outeurskap van die eerste vyf boeke van die Ou Testament en Jesus se kennis van die Ou Testament. Hy is uiteindelik uit sy hoogleraarsamp ontslaan met behoud van voordele.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/John_du_Plessis
1990’s: Dr Louis Jonker – Universiteit Stellenbosch
In die Huisgenoot van 12 Oktober 1995 beweer hy “Die hele Skrifgedeelte van Genesis 1–11 is mitiese stof”. (NG Kerk: Reformeer of disintegreer – Pieter J Pelser, bl 57).
Geen gevolge vir Jonker nie.
2002: Dr Ben du Toit – Hoof- kommunikasiebeampte van die NG Kerk
Dit wat gesê word in sy boek, God? Geloof in ’n postmoderne tyd (2000).
Bron: Via Glodiebybel.co.za
Geen gevolge vir Du Toit nie.
2003: Prof IJJ Spangenberg – Unisa
Hy bevraagteken onder andere die leer oor die Drie-eenheid en dit besorg hom ’n tweede klag van leerdwaling.
Dus was die NG Kerk nie “in staat” om hom af te dank nie, ten spyte daarvan dat hy essensiële Bybelwaarhede verwerp het.
Bron: Via Glodiebybel.co.za
Hy bedank in 2004 uit die NG Kerk.
2006: Prof Julian Müller – Universiteit van Pretoria
Klagte: Bevraagteken Jesus se liggaamlike opstanding
Bron: Via Glodiebybel.co.za Kerk se onreg teen Ferdie Mulder en Ring van Pretoria-Oos Bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen Prof. Julian Muller).
Opgestaan , Ferdie Mulder, bl 131.
Hy is onskuldig bevind.
2006: Prof Jurie le Roux – Universiteit van Pretoria
Klagte: Hy bevraagteken Jesus se liggaamlike opstanding
Bronne: Via Glodiebybel.co.za Kerk se onreg teen Ferdie Mulder en Ring van Pretoria-Oos Bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen prof Jurie le Roux).
Opgestaan , Ferdie Mulder, bl 196.
Hy is onskuldig bevind.
2006: Prof Dirk Human – Universiteit van Pretoria
Klagte: Bevraagteken Jesus se liggaamlike opstanding.
(Uit Bevindings van die ondersoekliggaam oor klag teen prof Dirk Human – Glo die Bybel).
Bron: Opgestaan , Ferdie Mulder, bl 243.
Hy is onskuldig bevind.
2006: Prof Louis Jonker – Universiteit van Stellenbosch
Klagte: Hy beskou die opstanding as ’n geestelike waarheid en die historiese opstanding as nie van belang nie.
Bron: Beeld 20 Mei 2002 en antwoord van Louis Jonker op vrae deur Frits Gaum: As dit sou blyk dat Jesus nie fisies uit die dood opgestaan het nie, neem dit niks weg nie van die feit dat ek God ná God se menswording as lewende Here kan bely.
Hy is onskuldig bevind.
2013: Dr Ben du Toit
Klag: Ben du Toit verbreek sy legitimasie-eed omdat hy die bestaan van die duiwel ontken.
Bron: https://hierstaanek.wordpress.com/wp-content/uploads/2013/05/leertugsaak-ben-du-toit-bevinding.pdf
Onskuldig bevind.
2019: Ds Riaan de Villiers – Groote Kerk Kaapstad
Klagte van beweerde dwaalleer.
Bron: Klagte teen nagwaak-dominee by NG Kerk ingedien | Netwerk24 .
Onskuldig bevind.
2022: Dr Peter Nagel – Universiteit Stellenbosch
Klagte: Bevraagteken Godheid van Jesus in sy artikel “Problematising the Divinity of Jesus: Jesus is not θεός”.
Legitimasie aanvanklik opgeskort, maar weer herstel nadat hy homself weer tot sy legitimasie-eed verbind het.
Bron: Kerkbode
2024: Ds Frikkie van Niekerk – Strand Moedergemeente
Klagte: Valse getuienis teen die NG Kerk. Dit is nadat hy op Hervormingsondag op 29 Oktober 2023 tydens ’n erediens ’n skrywe van prof Hoffie Hofmeyr voorgelees het waarin hy na “ernstige dwalinge” in die NG Kerk verwys het.
Bron: Via Glodiebybel.co.za
Skuldig – Skriftelike waarskuwing.
2025: Ds Rheinier Nel (Bethulie)
In Mei 2025 is ds Rheinier Nel deur ’n kerklike tugliggaam van die Ring van Smithfield in die Vrystaat skuldig bevind aan misleiding, verdagmakery en skeurmakery.
Bron: Netwerk24, ‘Bethulie-dominee is soos ’n dokter wat geskrap is, sê NG Kerk’.
Nel verloor sy bevoegdheid as predikant op grond van artikel 64.4.4.1.2 (Kerkorde, 2023).