Kyk ook:
Dr. Nioma Venter, die algemene sekretaris van die NG Kerk se Algemene Sinode, doen verslag oor die G20-intergeloofforum wat in Kaapstad plaasgevind het.
Sondagoggend op RSG: 17 Augustus 2025
Lizelle: Ons is binnekamer hier op RSG en dis waar jy jou Sondag inspirasie kry.
Kaapstad het verlede week die G20 intergeloof Forum verwelkom. Dit is ‘n wêreldbyeenkoms wat geloofsleiers, regerings en gemeenskappe saambring om in die gees van Ubuntu te fokus op hoe nasies en individue saam kan werk sodat niemand agtergelaat word nie. Dit klink vir my na ‘n hele mondvol wat hier moet reggekry word. Dr. Nioma Venter van die algemene sinode van die NG kerk gaan vir ons terugvoer gee. Ek het vroeër die week met haar gesels. Goeiemôre.
Nioma: Hallo Lizelle. Ja, dis maar vir my ook ‘n nuwe ervaring. Dis ‘n ongewone omgewing om in te wees. Vroeër die jaar het ‘n werkskomitee van die intergeloof forum uit Amerika en lande uit Europa uit so klein werkgroepie wat hier was my vir koffie genooi om te hoor wat is op die agenda van die NG kerk in terme van kwesbare gemeenskappe. Dis uit daardie gesprek uit wat ons die uitnodiging gekry het om nou om by hierdie geleentheid deel te wees van omtrent so 400 geloofsleiers van regoor die wêreld, verskillende gelowe. So dit is omtrent ‘n unieke omgewing om in te wees hierdie week.
Lizelle: Wat is die onderwerpe wat bespreek word? Ek sien dit strek van wêreldhonger tot by die arm gemeenskappe. Deel ‘n paar van daardie met ons.
Nioma: Ja. So laat ek maar vir jou ook nou sê terwyl ek en jy nou hier praat is ‘n dag twee van vier dae. Gister het ek myself net probeer oriënteer waar is ek en wat gebeur hier. Ek het in die proses die afgelope twee dae agtergekom dat die agenda word saamgestel deur drie of vier, in hierdie geval vyf fokusse wat waaroor daar redelik konsensus is en goeie samewerking regoor die wêreld is. So dis nie die goed waaroor ons verskil nie, maar die goed waaroor ons saamstem oor geloofsgrense oor landsgrense heen. En die vyf goed op hierdie jaar se agenda is rondom armoede en voedselsekuriteit, dan nou regdeur die wêreld rondom migrasie en vlugtelinge ook die hele kwessie van mensehandel dan ook oor natuurrampe spesifiek die voorkoming daarvan rampondersteuning deur geloofsgemeenskappe herstel na rampgebede. Dis alles een onderwerp. Dan ook oor ekonomiese realiteite maar spesifiek hoe dit uitspeel in gebrekkige gesondheidsorg en basiese dienste. Daardie tipe van realiteite wat dan veral ook mense wat alreeds kwesbaar is, gemeenskappe wat reeds swaarkry, net onder verdere druk plaas. En die vyfde tema gaan oor intergodsdiens spanning. In soverre dit dan sosiale kohesie in ons gemeenskappe regoor die wêreld bedreig. So dis die vyf onderwerpe en dit word aangespreek deur hoofsprekers in die oggend en in die middag en dan paneelbesprekings en dan is daar ook verskeie wegbreeks sessies waar daar dan verbandhoudende onderwerpe bespreek word.
Lizelle: Nioma, die uitkoms van hierdie gesprekke, hoe word dit nou verder geneem?
Nioma: Die gedagte is dat hierdie forum nou letterlik een bladsy met twee of drie suggesties, voorstelle sal formuleer. Dit wat as uitkomste van die vier dae uit die gesprekke kom en dit sal dan in beleidsvoorstelle, of kom ons sê nou eers in voorstelle met die potensiaal om beleid te word, sal dit dan voorgehou word aan die agenda van die G20 byeenkoms wat in November hier in Suid-Afrika plaasvind. So, dis nie ‘n lang lys van goed wat G20 toe gaan nie. Ons gaan basies probeer konsensus bereik teen Donderdag oor wat is die een, twee of drie goed waarmee ons wil gaan. Lizelle, ‘n interessante opmerking vandag was dat hoewel die G20 ‘n gespreksforum is vir wêreldleiers en baie op ekonomie en dies meer fokus is, is daar nie een van die onderwerpe waar gepraat word waarin geloof en geloofsgemeenskappe nie ‘n rol speel nie en daarom as ons nie aan die tafel is van hierdie gesprekke nie beteken dit dat godsdiens op die spyskaart is. Dit is wat een van die persone gesê het – ‘n interessante opmerking. Maar net om eintlik op ‘n ander manier te sê: die kerk, die Christendom en dan ander gelowe het natuurlik hierdie prioriteit, maar ons moet ons stem laat hoor oor die kwesbaarheid van mense regdeur die wêreld.
Lizelle: En so gesels dr. Nioma Venter. Sy is die algemene sekretaris van die NG kerk se algemene sinode. Jou maar sterkte met die twee dae wat voorlê en baie dankie dat jy met ons gesels het.
Nioma: Dankie vir jou belangstelling Lizelle. Ek waardeer dit.
Ek het hierdie op die kerkbode se blad ge”comment” maar geen terugvoer gekry nie.
Help my verstaan asb.: Dr Nioma Venter dink Paulus se doel by Mars Hill (Aereopogus) was om sosiale kohesie te ontwikkel?
Ek dog hy het gesê
Acts 17:30–31 (ESV)
17:30 The times of ignorance God overlooked, but now he commands all people everywhere to repent,
17:31 because he has fixed a day on which he will judge the world in righteousness by a Man whom he has appointed; and of this he has given assurance to all by raising Him from the dead.”
Mooi gestel.