Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
NG Kerk gee uit medelye humanitêre hulp in Midde-Ooste – Kerkbode
Kerkbode
14 Augustus 2025
NG Kerk gee uit medelye humanitêre hulp in Midde-Ooste Die Algemene Sinode Moderamen van die NG Kerk het op 11 Augustus 2025 besluit om R250 000 uit die Algemene Sinode se Rampfonds as humanitêre hulp in die geweldgeteisterde Midde-Ooste te skenk. Hierdie bydrae is ’n gebaar van Christelike liefde en barmhartigheid te midde van ontsettende menslike lyding, veral dié van kinders en weerloses in Gasa.
Die fondse word aan die Middle East Council of Churches (MECC) oorgedra, ’n ekumeniese liggaam wat na wye konsultasie in onder andere die World Communion of Reformed Churches geïdentifiseer is. Die MECC, met sowat 150 personeellede in Gasa, voorsien noodsaaklike mediese sorg, medisyne, voedsel, pastorale ondersteuning en ander basiese behoeftes aan mense in groot nood, met ’n besondere fokus op Christene wat by kerke skuil.
Soos met soortgelyke hulpverlening in 2023 na die aardbewings in Turkye, getuig hierdie besluit van die NG Kerk se oortuiging om nie weg te kyk van waar daar nood is nie, maar om in gehoorsaamheid uit te reik en hoop te probeer bied – ook buite Suid-Afrika. Vroeër vanjaar is daar pastoraal uitgereik na onder andere Mosambiekse kerkleiers en ander in wêrelddele waar konflikte woed. Dit sluit aan by die NG Kerk se Hervormingsdaggetuienis van 2024: “Ons kan nie swyg oor geweld, oorloë, verskriklike lyding en vernietiging in die wêreld nie. Ons pleit vir ’n skietstaking en ’n blywende oplossing waardeur geregtigheid herstel kan word.” Die agtergrond daarvan is die besluit van die Algemene Sinode in 2023, dat alle mense na die beeld van God geskape is; dat gemeentes aangemoedig word om vir vrede en geregtigheid in Israel, Palestina en die hele Midde-Ooste te bid; en dat internasionale menseregtewette konsekwent deur alle groepe in Palestina en Israel toegepas moet word.
Die NG Kerk glo haar getuienis is duidelik wanneer lidmate en ampsdraers volhardend in hul binnekamers en eredienste bid vir vrede en versoening – in Suid-Afrika, die Midde-Ooste en wêreldwyd – en dit ook konkreet uitleef, soos deur hierdie daad by haar gebed te voeg.
Dagbestuur van die Moderamen van die Algemene Sinode
NG Kerke in Suid-Afrika
Kommentaar
Daniel Louw
‘n Mens wonder of die ASM die reg het om hierdie geld goed te keur.
Dit is altyd maklik om vir ‘n skietstilstand te vra, maar dit is duidelik dat ‘n skietstilstand Hamas bloot tyd sal gee om te hergroepeer.
Verder twyfel ek baie sterk dat daar nog kos nodig is. Daar is heelwat getuienisse dat daar genoeg kos in Gaza is, maar dat Hamas dit weerhou van die inwoners en dit selfs verkoop vir fondse om die oorlog te befonds. Kyk:
- Piers Morgan Brings On Israeli Lawyer, What Happened Next Was INCREDIBLE! (Youtube)
- WATCH: Why Aid Isn’t Reaching Civilians (Youtube)
- Reporter in Gaza Shows TONS of Food & Exposes Hamas’ Lie! (Youtube)
En dan moet ‘n mens ook vra hoe onskuldig die inwoners van Gaza is.
Dit is mense wat fees gevier het nadat Hamas vir Israel aangeval het op 7 Oktober 2023.
Dit is mense wat sedert 2005 toelaat dat hulle as menslike skilde gebruik word.
Dit is mense wat nie belangstel daarin om in vrede met Jode te leef nie. Hulle het slegs een doelwit voor oë: Om die hele gebied te regeer.
Julle gee vir n land terwyl ons eie burgers nie kos op die tafel het nie. Dank die vader ek het NG verlaat.
Hoekom word daar fondse geskenk aan Gasa maar die Oekraïene wat net so swaar en uitgehonger word deur Rusland word nie eers genoem nie? En dit is ‘n feit dat Palistyne in die strate die aanslag van Hamas op Israel gevier het! Die ASM het hier gruwelik gefouteer en gaan op die lange duur die vrugte daarvan pluk!
Ek verbreek my 70 jare verbintenis dadelik met julle, geen verduideliking gaan dit regverdig nie!!!
Ek het lank op die grens teen terrorisme …teen my wil… baklei!!!!! Waar was julle donnerse besluitnemers toe???? En nou befonds julle die donners!!! Of is julle ook nou deel van die gravy train? Met respek…fok julle.