Paulus se geskiedenis

±5–10 Paulus gebore

Paulus (Saulus) word waarskynlik in Tarsus in Silisië gebore; die presiese geboortejaar is onbekend. {Hand 22:3; Hand 21:39; Fil 3:5}

Paulus groei op as Jood, uit die stam van Benjamin, en beskik oor Romeinse burgerskap. {Hand 22:25–29; Hand 23:6; Fil 3:5}

Voor ±30–33 Paulus se opleiding

Paulus ontvang opleiding in Jerusalem onder Gamaliël en word ‘n Fariseër, ywerig vir die voorvaderlike tradisies. {Hand 22:3; Hand 26:4–5; Gal 1:13–14; Fil 3:5-6}

±30–33 Jesus se kruisiging en opstanding

Jesus se kruisiging en opstanding. {1 Kor 15:3-8; Hand 1-2}

±32–35 Stefanus word gestenig

Saulus keur sy dood goed en begin die gemeente vervolg. {Hand 7:54–8:3; Hand 22:20}

Bekering

±33–35 Saulus se bekering

Saulus reis na Damaskus om volgelinge van Jesus in hegtenis te neem; Jesus verskyn aan hom en hy word blind. {Hand 9:1–9; 22:6–11; 26:12–18; 1 Kor 9:1; 15:8}

±33–36 Ananias besoek Saulus

Saulus se sig word herstel, hy word gedoop en begin Jesus in die sinagoges verkondig. {Hand 9:10-22}

±33–37 Paulus na Arabië

Paulus vertrek na Arabië en keer later terug na Damaskus. {Gal 1:15-17} “Arabië” verwys waarskynlik na die Nabateaanse gebied.

±35–37 Paulus ontsnap uit Damaskus

Paulus ontsnap uit Damaskus nadat ‘n goewerneur onder koning Aretas die stad laat bewaak; hy word in ‘n mandjie deur ‘n venster laat sak. {Hand 9:23–25; 2 Kor 11:32–33}

±35–37 Eerste besoek aan Jerusalem

Eerste besoek aan Jerusalem ná bekering; Paulus ontmoet Petrus en Jakobus. Hy word later na Tarsus weggestuur. {Hand 9:26–30; Gal 1:18–20}

±37–45 Paulus in Sirië

Paulus werk in Sirië en Silisië, waarskynlik hoofsaaklik in die Tarsus-omgewing. {Gal 1:21–24; Hand 9:30; Hand 11:25}

±45–47 Antiogië

Barnabas word na Antiogië gestuur; hy gaan haal Paulus in Tarsus en hulle onderrig die gemeente ongeveer ‘n jaar lank. {Hand 11:22–26}

±45–47 Agabus voorspel ’n hongersnood

Die gemeente in Antiogië stuur hulp aan gelowiges in Judea deur Barnabas en Saulus. {Hand 11:27–30; Hand 12:25}

±46–48 Eerste sendingreis

Antiogië in Sirië

Die gemeente in Antiogië in Sirië sonder Barnabas en Saulus af vir sendingwerk; hulle vertrek via Seleukië na Siprus. {Hand 13:1–5}

Salamis (Siprus)

Paulus en Barnabas preek in die Joodse sinagoges. Johannes is daar om hulle help. {Hand 13:5}

Pafos

Paulus en Barnabas verkondig in Pafos (Siprus).

’n Joodse towenaar Barjesus/Elimas (Griekse naam) probeer verhoed dat die goewerneur Sergius Paulus tot geloof kom. Paulus bestraf Barjesus en hy word blind. Sergius Paulus kom tot bekering toe hy dit sien. {Hand 13:6–12}

Perge in Pamfilië

Vertrek per skip na Perge. Johannes Markus verlaat Paulus en Barnabas en keer terug na Jerusalem. {Hand 13:13}

±46–48 Antiogië in Pisidië

In Antiogië in Pisidië preek Paulus in die sinagoge; baie reageer aanvanklik positief, maar teenstand lei tot hul verdrywing. {Hand 13:14–52}

±46–48 Ikonium

Paulus en Barnabas verkondig in Ikonium; teenstand en ‘n plan om hulle te stenig dwing hulle om te vertrek. {Hand 14:1–7}

±46–48 Listra

In Listra word Paulus eers as ‘n god vereer en bring aan hom offers. {Hand 14:18}

Jode van Antiogië en Ikonium kom egter en haal die mense in Listra oor na hulle kant. Paulus word gestenig en buite die stad gelos. Hy herstel en gaan voort. {Hand 14:8–20; 2 Tim 3:11}

±46–48 Derbe

Paulus en Barnabas besoek Derbe. Baie kom tot geloof. {Hand 14:21}

Keer terug deur Listra, Ikonium en Antiogië in Pisidië

Paulus en Barnabas keer terug en gaan deur die stede waar hulle voorheen was. Hulle versterk die dissipels en stel ouderlinge aan. {Hand 14:20–23}

Perge (2de keer)

Verkondig weer die woord.

Attalië

Vanaf Attalië vertrek hulle met ’n skip terug na Antiogië in Sirie.

±46–48 Einde van eerste sendingreis

Paulus en Barnabas keer terug na Antiogië in Sirië en rapporteer wat God gedoen het.

Dit is die einde van die eerste sendingreis.

{Hand 14:24–28}

±48–49 Brief aan Galasiërs

Paulus skryf die brief aan die gemeentes in Galasiërs (volgens vroeë datering).

±48–49 Stryd oor besnydenis (Jerusalem)

‘n Stryd ontstaan oor die besnydenis en die wet lei tot ‘n vergadering van apostels en ouderlinge in Jerusalem; die besluit word aan die nie-Joodse gelowiges oorgedra. {Hand 15:1–35; Gal 2:1–10 (verband en identifikasie word bespreek)}

±49 Paulus en Barnabas se paaie skei

In Antiogië in Sirië: Paulus en Barnabas verskil oor Johannes Markus en skei.

Paulus kies Silas vir die volgende reis. {Hand 15:36–41}

±49–52 Tweede sendingreis

Paulus en Silas reis deur Sirië en Silisië en besoek die gemeentes in Galasië wat hy tydens sy eerste sendingreis gestig het.

Derbe

Die eerste gemeente wat besoek word is Derbe. {Hand 16:1}

Listra

Dit is die stad waar Paulus gestenig is tydens die eerste sendingreis.

Timoteus sluit by hulle aan. Timoteus word besny ter wille van die Jode in die gebied, want almal weet Timoteus se pa is ‘n Griek. {Hand 16:1-5}

Ikonium en Antiogië in Pisidië

Daar word nie pertinent gesê dat Paulus hierdie gemeentes besoek nie, maar mens neem aan hy het.

±49–52 Frigië en Galasië

Die Gees verhinder hulle om in Asië en Bitinië te werk. {Hand 16:6–8}

±49–52 Troas

In Troas ontvang Paulus die Masedoniese gesig en steek oor na Europa.

Lukas sluit moontlik hier by die reisgeselskap aan. Van hier af word na die sendelinge verwys as “ons” (Hand 16:10). {Hand 16:9–11}

Samotrake en Neapolis

Reis slegs deur oppad na Filippi.

±49–52 Filippi, in Masedonië

Bly ’n paar dae in Filippi. Die evangelie word in Filippi verkondig.

Lidia kom tot geloof. {Hand 16:13-15}

Paulus en Silas word gevange geneem en later vrygelaat. {Hand 16:16–40; 1 Tess 2:2}

Amfipolis en Apollonië

Reis slegs deur na Tessalonika. {Hand 17:1}

±49–52 Tessalonika

Paulus redeneer drie sabbatdae na mekaar met die Jode. {Hand 17:2-3}

Jason gee vir Paulus en Silas huisvesting. Teenstand ontstaan en die gelowiges stuur Paulus en Silas in die nag weg. {Hand 17:1-10; 1 Tess 1:6–8; 1 Tess 2:1–2}

±49–52 Berea

Die Bereane ondersoek die Skrif.

Paulus vertrek later na Athene terwyl Silas en Timoteus agterbly en hom later ontmoet. {Hand 17:10-15; 1 Tess 3:1-2}

±49–52 Athene

Paulus verkondig in Athene, onder meer by die Areopagus. {Hand 17:16–34}

±50–52 Korinte

Paulus kom in Korinte aan, ontmoet Aquila en Priscilla en werk as tentmaker.

Hy bly ongeveer 18 maande (Hand 18:11). {Hand 18:1–11; 1 Kor 9:6; 2 Kor 11:7–9}

±50–51 Korinte

Timoteus bring nuus oor die Tessalonisense.

Paulus skryf waarskynlik 1 Tessalonisense vanuit Korinte. {1 Tess 3:1–7; 1 Tess 1:1; Hand 18:5}

Een van die vroegste bewaarde Nuwe-Testamentiese briewe; dikwels 50/51 nC gedateer.

±50–51 Korinte

Paulus skryf moontlik 2 Tessalonisense vanuit Korinte kort ná 1 Tessalonisense.

{2 Tess 1:1; 2 Tess 3:17; Hand 18:5}

±51–52 Korinte

Paulus verskyn voor die prokonsul Gallio nadat Joodse teenstanders hom voor die regterstoel bring; Gallio weier om die saak te hanteer. {Hand 18:12–17}

±52 Kenchreë

Paulus vertrek uit Korinte, na Kenchreë. Hy sny sy hare omdat ‘n gelofte vervul is.

Efese

Vanaf Kenchreë vaar Paulus per skip na Efese.

Sesarea

Vanaf Efese reis Paulus per skip na Sesarea in Sirië.

Jerusalem

Hy besoek Jerusalem.

Antiogië

Van Jerusalem gaan hy na Antiogië van waar by begin het. {Hand 18:18–22}

Dit is die einde van die tweede sendingreis.

±52/53 Derde sendingreis

Derde sendingreis begin vanuit Antiogië; Paulus versterk die gemeentes in Galasië en Frigië. {Hand 18:23}

±52/53–55 Efese

Paulus kom in Efese aan; hy onderrig eers in die sinagoge en daarna in die lesingsaal van Tirannus. Die bediening duur ongeveer twee tot drie jaar. {Hand 19:1–10; Hand 20:31}

±53–55 Efese (waarskynlik)

Paulus skryf ‘n vroeëre brief aan Korinte (nie in die Bybel opteken nie) waarin hy waarsku teen omgang met onsedelike mense; die brief het nie behoue gebly nie. {1 Kor 5:9}

±53–55 Efese

Paulus ontvang berigte oor verdeeldheid en probleme in Korinte, onder meer van Chloë se mense, en vrae uit die gemeente. {1 Kor 1:11; 1 Kor 7:1; 1 Kor 16:8, 17}

±54–55 Efese

Paulus skryf 1 Korintiërs vanuit Efese; hy behandel verdeeldheid, onsedelikheid, regsgedinge, huwelik, afgodsoffers, nagmaal, gawes en opstanding. {1 Kor 1:1; 1 Kor 16:8–9}

±54–56 Korinte

Paulus maak ‘n pynlike/“tweede” besoek aan Korinte wat nie in Handelinge beskryf word nie; die presiese plek in die volgorde word uit 2 Korintiërs afgelei. {2 Kor 2:1; 2 Kor 12:14; 2 Kor 13:1–2}

±54–56 Efese (waarskynlik)

Paulus skryf ‘n streng of “tranebrief” ná die krisis met die gemeente; dit word waarskynlik deur Titus afgelewer en het nie as ‘n afsonderlike brief behoue gebly nie. {2 Kor 2:3–4, 9; 2 Kor 7:8–12}

Sommige navorsers meen dele daarvan is in 2 Korintiërs 10–13 bewaar.

±55–56 Masedonië

Paulus vertrek uit Efese ná die oproer rondom Demetrius en reis na Masedonië; in Troas kry hy nie vir Titus nie. {Hand 19:23–20:1; 2 Kor 2:12–13}

±55–56

Titus ontmoet Paulus in Masedonië en bring nuus dat die Korintiërs positief gereageer het; Paulus word bemoedig. {2 Kor 7:5–16}

±55–56

Paulus skryf 2 Korintiërs vanuit Masedonië; hy herstel die verhouding, verdedig sy apostelskap en reël die kollekte vir Jerusalem. {2 Kor 1:1; 2 Kor 2:12–13; 2 Kor 7:5–7; 2 Kor 8–9} Daar is ‘n debat of 2 Korintiërs ‘n saamgestelde brief is en of hoofstukke 10–13 ‘n afsonderlike brief verteenwoordig.

±56–57 Masedonië na Korinte

Paulus reis deur Masedonië en kom in Griekeland/Achaia aan; hy bly drie maande, waarskynlik hoofsaaklik in Korinte. {Hand 20:1–3}

±56–57 Korinte

Paulus skryf Romeine vanuit Korinte; Febe van Kenchreë word aanbeveel en Gaius bied waarskynlik gasvryheid. {Rom. 16:1, 23; Rom 1:1; Rom 15:25–26}

±57

Paulus vertrek terug deur Masedonië; sy reisgeselskap sluit verskeie medewerkers in. Hy ontmoet die groep in Troas. {Hand 20:3–12}

±57 Milete

Paulus vaar langs die kus van Klein-Asië en ontmoet die Efesiese ouderlinge in Milete; hy waarsku hulle oor toekomstige gevare. {Hand 20:13–38}

±57 Terug in Jerusalem

Paulus kom in Jerusalem aan ondanks waarskuwings.

Yy word in die tempel gearresteer ná ‘n oproer. {Hand 21:1–36; 24:17}

±57–59 Jerusalem na Sesarea

Paulus verskyn voor die Sanhedrin en word na Sesarea oorgeplaas; hy word deur goewerneurs Felix en later Festus aangehoor. {Hand 22–26}

±59 Vertrek na Rome

Paulus beroep hom op die keiser en word per skip na Rome gestuur. {Hand 25:10–12; 27:1–2}

±59–60 Malta

Die skipbreuk vind plaas; Paulus en almal aan boord bereik veilig Malta. {Hand 27:9–28:10}

±60 In Rome

Paulus arriveer in Rome en woon onder huisarres; hy ontvang besoekers en verkondig die koninkryk van God. {Hand 28:11–31}

±60–62 Rome

Paulus is vir twee jaar in Rome onder huisarres, volgens Handelinge; die boek eindig sonder verslag van sy verhoor of dood. {Hand 28:30–31}

±60–62 Gevangenisbriewe

Paulus skryf die vier gevangenisbriewe: Filippense, Filemon, Kolossense en Efesiërs.

Dit word tradisioneel met Paulus se Romeinse gevangenskap verbind.

{Fil 1:7, 13; Filem 1, 9–10; Kol 4:3, 10, 18; Ef 3:1; Ef 4:1; Ef 6:20}

Sesarea of Efese word ook as moontlike skryfplekke vir sommige briewe voorgestel; outeurskap van Efesiërs en Kolossense word deur baie geleerdes betwis.

±62–64 (indien vrygelaat)

Moontlike verdere bediening ná die einde van Handelinge: besoeke aan onder meer Efese, Masedonië en Kreta word soms uit die Pastorale Briewe gerekonstrueer. {1 Tim 1:3; Tit 1:5; Tit 3:12}

Handelinge bevestig nie Paulus se vrylating of hierdie reise nie. Hierdie scenario veronderstel dat Paulus die Pastorale Briewe geskryf het.

±62–67 Masedonië (waarskynlik)

(tradisionele Pauline scenario)

1 Timoteus word moontlik geskryf terwyl Paulus in Masedonië is; hy vra Timoteus om in Efese te bly. {1 Tim 1:3}

±62–67 Nikopolis (moontlik)

(tradisionele Pauline scenario)

Titus word moontlik geskryf terwyl Paulus in of naby Nikopolis beplan om te oorwinter; Titus is op Kreta.

±64–67 Rome

(tradisionele Pauline scenario)

2 Timoteus beeld Paulus as ‘n gevangene in Rome uit en bevat sy laaste versoeke aan Timoteus. {2 Tim 1:8, 16–17; 2 Tim 4:6–8, 16–18}

Baie moderne geleerdes beskou die Pastorale Briewe as ná Paulus se dood deur ‘n latere skrywer saamgestel.

±64–67 Rome

(algemene tradisie)

Paulus sterf waarskynlik as martelaar in Rome tydens Nero se bewind; die presiese datum en omstandighede is nie in die Nuwe Testament beskryf nie. {2 Tim 4:6–8 (indien outentiek); 1 Clem. 5; Eusebius, Hist. eccl. 2.25}

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui