Teologies-Kategoriale Ring Vrystaat – Notule 24 Nov 2026

Die Teologies-Kategoriale Ring in die Vrystaat het op 24 November 2026 vergader en die volgende notule versprei.

Gemeentes teenwoordig:

  1. Harrismith (Ring van Harrismith)
  2. Kroonstad Moedergemeente (Ring van Valsrivier)
  3. Vanstadensrus (Ring van Smithfield)
  4. Allanridge (Ring van Goudveld)
  5. Odendaalsrus (Ring van Goudveld)
  6. Parys-Suid (Ring van Vaalrivier)
  7. Marquard (Ring van Sentraal)

Notule

1. Die Ring besluit om by die VSM [Vrystaat sinodale moderamen] asook by die ASM [algemene sinodale moderamen] navraag te doen rakende die onkostes wat in die afgelope tyd deur die kerk aangegaan is m.b.t. die hofsake rondom die bevoegdheid van predikante, gemeentes wat hulle van die kerkverband losmaak asook die onlangse hofsaak teen die gemeente Bethulie rakende die eiendomme van die gemeente.

2. Die Ring spreek sy kommer uit oor die insidensie van hierdie hofsake asook die groot getal mediaberigte wat hieroor verskyn. Die indruk kan geskep word dat die NG kerk nie in staat is om sy probleme onderling op te los nie in weerwil van die feit dat die kerk ‘n voorbeeld vir die samelewing behoort te wees in eensgesindheid en broederskap.

3. Die Ring het verder daarvan kennis geneem dat die wêreldlike hof met die saak van Ds Marius Coetzee die kerk skerp aangespreek het oor die feit dat eie kerkordelike bepalings nie na behore nagekom is nie. Die kerk is daarom gelas om al die onkostes van die saak te betaal.

4. Die Ring verneem van die VSM hoeveel die onkostes die kerk vir hierdie saak beloop het en uit watter fondse dit betaal is.

5. Die Ring wil ook verneem hoe hierdie saak intern hanteer is en of die persone wat vir die onreëlmatighede verantwoordelik was geïdentifiseer is en hoe daar teenoor hulle opgetree is. Is hulke aangespreek of enige strafmaatreels op hulle toegepas? Behoort hulle nie te bedank vanweë hulle klaarblyklike onbevoegdheid nie?

6. Verder verneem ons graag by u watter planne gemaak is om soortgelyke foute en onkostes in die toekoms te vermy en te verhoed.

7. Volgens media berigte is daar ‘n ongedurige onenigheid tussen die kerkleiers van die VSM en die ASM met die Kerkraad van Bethulie aan die gang. Watter optrede beplan u om hierdie onenigheid op te los en te verhoed dat verdere nadelige publisiteit vir die kerk hieroor in die media verskyn.

8. Die Ring is ook besorgd oor die oënskynlike gebrek aan aansprerkbaarheid van u as kerklike leiding aangesien ons verneem van navrae wat aan u gerig is en nie van u kant af òf na behore beantwoord is nie òf waarin daar skynbaar eensydig geweier is om verder met kommunikasie voort te gaan.

9. Ons verwys u na artikel 23.2 wat as volg lui:

Alle ampsdraers en lidmate word daartoe opgeroep
Om voortdurend met die Woord van God, die belydenis, en die Kerkorde as maatstaf die werk van vergaderings en ampsdraers te beoordeel.

Asook na Artikel 23.6 wat lui:

Leraars, lidmate, ampsdraers en predikante/diensleraars/standplaasleraars in diens van die kerverband van die NG Kerk, mag hulle nie tot die burgerlike hof wend in hulle beswaar teen ‘n kerkvergadering se besluit(e) nie nadat hulle nie eers die kerklike middele tot hulle beskikking aangewend en uitgeput het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui