My man is (nie) gay: Getroude mans aangetrokke tot ander mans

Kyk ook:

In die video ‘My Husband’s Not Gay’: Married Men Attracted To Men word onderhoude gevoer met mans wat in huwelike is met vroue, maar wat steeds ’n aangetrokkenheid tot ander mans het.

In ’n onderhoud met Jeff en Tanya word aan Jeff (wat homoseksueel is) gevra hoekom hy nie as ’n homoseksuele man leef nie. Hy antwoord dat hy gevoel het dat daar vir hom meer was, dat hy homself tekort sou skiet indien hy in ‘n homoseksuele leefstyl was.

Aan Tanya word gevra: “Jou man sit langs jou en praat oor sy aangetrokkenheid tot ander mans. Hoe laat dit jou voel?”

Sy gee die volgende uitstekende antwoord: “Ek is ook tot mans aangetrokke. Hy [Jeff] kan net so maklik na ander vroue kyk, as na ander mans.”

Jeff sê dat beide sy seksualiteit en geloof (Mormone) nie ’n keuse is nie en omdat sy geloof so diep in hom gewortel is, moet hy hierdie dinge versoen. Die enigste manier om dit te doen is om nie te reageer op sy selfdegeslagaangetrokkenheid nie.

Hulle sekslewe beskryf hulle as: “wonderlik, normaal, genotvol, ten volle funksioneel.”

Jeff sê wanneer hy met sy vrou seks het, fantaseer hy nie oor haar as ’n man nie. Hy vergelyk dit met ’n dieet: as hy sou moes eet wat hy wou, sou hy slegs oliebolle (“doughnuts”) geëet het, maar hy doen dit nie weens die negatiewe gevolge daarvan en daarom eet hy eerder gesonde kos. Net so het hy besluit op ’n heterseksuele huwelik in plaas van ’n homoseksuele verhouding.

Hierdie manne in die video het steeds selfdegeslagaangetrokkenheid, maar het besluit om dit te weerstaan.

Al wat ek kan sê is: “Bravo!!!” Hierdie is uitstekend gesê en hulle moet erkenning daarvoor kry!

Die liberale kamp sal natuurlik heeltemal gekant wees teen hierdie idees. Hierdie is egter ’n veelseggende verskynsel. Dit wys dat mense wat met selfdegeslagaangetrokkenheid sukkel, wel gelukkig getroud kan wees ten spyte van hulle selfdegeslagaangetrokkenheid.

Dit is egter eintlik nie so ’n vreemde gedagte nie. Dit is basies dieselfde om te sê dat heteroseksuele mans getrou aan hulle vroue kan bly solank hulle hul aangetrokkenheid tot ander vroue weerstaan. Heteroseksuele mans het dieselfde stryd as hierdie mans om hulle aangetrokkenheid tot ander vroue te weerstaan.

Daar is egter een ding wat my ongemaklik maak: Jeff en die ander mans in die video laat hulleself toe om nog rond te kyk na ander mans. Om in openbare plekke rond te loop en ander mans te beoordeel volgens ’n gevaartelling (“danger score”), is om vir moeilikheid te soek. In die video word gesê dat 50%-85% van hierdie huwelike (soos Jeff en Tanya s’n) faal. Is dit nie omdat hierdie mans hulleself toelaat (selfs die reg toe-eien) om nog rond te kyk nie?

Jesus het die volgende gesê in Matteus 5:28 : “Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.”

Ek persoonlik laat myself nie toe om rond te kyk na ander vroue nie uit respek vir God en respek vir my vrou.

Jeff, julle het soveel goeie en regte besluite gemaak. Moenie dit bederf deur met die noodlot te speel nie.

Die woord “onberispelik” kom by my op. Daar is baie dele in die Bybel wat hierdie woord gebruik. Om een voorbeeld te noem:

1 Tessalonisense 5:23 : Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!

3 thoughts on “My man is (nie) gay: Getroude mans aangetrokke tot ander mans”

  1. My man het teveel gedrink toe begin hy met my skoonseun dans en toe begin hy hom soen eers my skoonseun heeltemal geskok en hy hang om sy nek hoekom doen hy dit beteken dit hy het al by mans geslaap dat hy mans ook sal koester asb help

      1. Ek wil nie die saak reduseer tot ’n kleiner probleem as wat dit is nie maar dit is net soos met enige ander verleiding(wat tot sonde lei) Ons kan oorwin oor die sonde ! Lees Jak 1:12-15 ,Jak 4: 7-10 en Rom 7 en 8.
        Ons hoef nie die res van ons lewe bedreig deur dit wat voor ons deur kom nie. In hierdie voorbeeld van selfde geslag aangetrokkenheid kan die aangetrokkenheid heeltemal weggaan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui