My meisie dink nie homoseks is sonde nie. Wat nou?

Die volgende artikel is geleen van John Piper se antwoord op hierdie vraag in My Girlfriend Affirms Homosexual Love — Is This a Deal-Breaker?

*********

My meisie dink nie homoseks is sonde nie. Wat nou?

Veronderstel jy is in ’n verhouding met ’n meisie. Jy glo dat homoseks sonde is, maar nie sy nie. Jy wys vir haar waar dit in die Bybel staan, jy gee vir haar die bewyse dat mense nie so gebore word nie jy noem vir haar voorbeelde van mense wat vry gekom het van die leefstyl, maar steeds is sy nie oortuig nie. Wat nou? Is hierdie genoeg rede om die verhouding te verbreek?

Die antwoord is “ja”.

Hier is vier redes:

1. Kinders groot maak

Hierdie tipe verskille skep baie druk in ’n gesin. Dit is een ding om te sê: “Ma hou van koffie, maar nie Pa nie.” Dit is egter ’n heel ander ding as Ma dink dit is reg as twee seuns soen en seks hê, en Pa nie. Hoe gaan julle bepaal wat julle vir die kinders gaan leer?

2. Die puntjie van die ysberg

As julle op hierdie onderwerp verskil, gaan julle verseker ook op ander, selfs groter, teologiese kwessies verskil. Dit sluit dinge in soos byvoorbeeld seks voor die huwelik en redding deur Christus alleen. Onthou, mense wat glo dat homoseksualiteit nie sonde is nie, het ’n geneigdheid om die mens se idees voorop te stel. Hulle redeneer: “As ’n mens nou maar eenmaal so is, dan sal God mos nie so ’n persoon veroordeel nie? God sal verstaan.” In hierdie mense se oë het God net een karaktereienskap en dit is liefde. Daarom sal God nie ’n mens wat ’n goeie lewe lei hel toe stuur nie, selfs al is hierdie mens ’n Hindoe, of Moslem of ateïs nie.

3. Skrifgesag

Die kwessie van homoseks gaan oor twee dinge. Die eerste is dat dit ’n daad is wat afskuwelik is vir God. Die tweede is Skrifgesag. As jy nie die Bybel se gesag wil aanvaar oor hierdie kwessie nie, wat van ander kwessies soos seks voor die huwelik, pornografie, egbreek, dronkenskap, leuens, diefstal, vergifnis, geldgierigheid en selfs moord?

Ek het eenkeer ’n gesprek gehad met ’n predikant wat nie met sekerheid kon sê dat homoseks sonde is nie. Ek vra hom toe wat hy dink oor seks voor die huwelik. Hy was toe baie sterk gekant daarteen en het gesê dat hy dit baie duidelik so aan jong mense verkondig. Hy het ook ’n klomp redes gegee hoekom hy gedink het dat dit verkeerd is, behalwe die rede “want die Bybel sê so”. Toe ek hom daaroor uitvra, kon hy my nie ’n definitiewe antwoord gee nie. Jy sien, hierdie predikant aanvaar nie die volle gesag van die Bybel nie. Hy besluit eintlik self wat hy wil glo. Die feit dat sy sieninge oor die algemeen in lyn is met die Bybel, is bloot toevallig.

5. Bewaring van die Evangelie

Selfs nog belangriker as Skrifgesag, is wat die Skrif leer. Dit sê nie net dat homoseks verkeerd is nie, maar dit sê waarheen dit lei.

In 1 Korintiërs 6:9-10 staan: (9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.

Dus is jou meisie nie net verkeerd nie. Sy help in ’n mindere of meerdere mate mense verder die verderf in deur haar opinie.

Om dié lewenspatroon goed te keur waarvoor die evangelie ontwerp is om jou van te red, is om die evangelie teë te staan en vernietiging te bevorder. Ek kan nie sien hoe jy kan voortgaan met die diepste en kosbaarste vereniging van siele en liggame wat op die planeet onder mense bestaan nie.

*********

As God sentraal in jou lewe staan sal jy nooit ’n romantiese verhouding met ’n meisie begin voor jy nie weet wat haar verhouding met God is nie. Haar siening oor die teologiese kwessies van die dag, gaan ’n baie goeie barometer daarvoor wees.

(34)“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. (35)Ek het gekom om tweedrag te bring
“ ‘tussen ’n man en sy vader
en tussen ’n dogter en haar moeder,
tussen ’n skoondogter en haar skoonmoeder;
(36)ja, ’n man se huismense sal sy vyande wees.’ (37)“Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. (38)Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.

(Matteus 10)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui