Die Bybel oor die besnydenis

Inhoudsopgawe

  1. Instelling
  2. God wil Moses doodmaak
  3. Dawid “besny” 200 Filistyne
  4. Afskaffing
  5. Doop vervang besnydenis
  6. Bewys teen evolusie
  7. Gesondheidsvoordele

Instelling

God het die besnydenis met Abraham ingestel toe hy 99 jaar oud was (Genesis 17). Dit was nadat Hagar se seun, Ismael, gebore is en een jaar voor Isak gebore is (Genesis 21).

Die besnydenis het as teken gedien dat Israel die volk van God was:

Genesis 17: (7)…Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. (8)Ek gee aan jou en jou nageslag die land waar jy as vreemdeling woon, die hele Kanaän, as ’n blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.” … (10)…elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word. (11)Julle moet besny word aan die voorhuid… (12)elke seun onder julle van ag dae oud moet besny word. Dit geld vir elke lid van die manlike geslag onder julle … (14)Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.”

Die agtste dag is nie toevallig nie:

It is of significant medical importance that male circumcision be carried out on the eighth day after birth since the level of vitamin K is highest on this day and vitamin K plays a pivotal role in regulation and control of the important clotting factors in the coagulation pathway that helps in stopping bleeding.

Uit Haematological Basis of 8th Day Male Child Circumcision in The Holy Bible, (Sep 2017).

Bible Fact: Circumcision on the 8th day of life was stated before the discovery of science

God wil Moses doodmaak

In Eksodus 4:24-26 lees ons dat God Moses wou doodmaak waarskynlik omdat hy nie sy seun besny het nie. Kyk Genesis 17:14 hierbo. Nadat Sippora hulle seun se voorhuid afgesny het, het God hom met rus gelaat. Omdat Joodse babatjies op agt dae besny is, was Moses hoogs waarskynlik besny voor die farao se dogter hom in die rivier gekry het.

Dawid “besny” 200 Filistyne

Op die onderwerp van besnydenis: In 1 Sameul 18:20-‬27 lees ons dat Saul sy dogter, Mikal vir Dawid as vrou gegee het. As huweliksvergoeding moes Dawid 100 voorhuide van die Filistyne vir Saul bring. Saul se gedagte daarmee was eintlik om Dawid deur die Filistyne te laat omkom. Dawid het dit egter oorleef en het toe 200 voorhuide gebring.

Afskaffing

Alhoewel die besnydenis ’n baie belangrike gebruik was in die Ou Testament, is dit baie duidelik afgeskaf in die Nuwe Testament.

Handelinge 11

(3)“Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.”

Hierdie gaan nie noodwendig oor die besnydenis nie, maar wys hoe die Jode hulle aanvanklik afgesonder het van die ander volke.

Handelinge 15

(1)Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: “As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie.” (2)Toe Paulus en Barnabas hulle daarteen verset en in ’n heftige meningsverskil met hulle betrokke geraak het, is daar besluit dat hulle twee en nog ’n paar ander van die gemeente na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan in verband met hierdie vraagstuk.

(5)maar party van die gelowiges wat vroeër Fariseërs was, het na vore gekom en gesê: “Die bekeerlinge moet besny word en aangesê word om die wet van Moses te onderhou.” (6)Die apostels en die ouderlinge het toe bymekaargekom om hierdie vraagstuk te bespreek. (7)Na ’n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my lankal uit julle geledere gekies het om die evangelie aan die heidennasies te verkondig sodat hulle kan glo. (8)En God, wat die harte ken, het dit bevestig deur die Heilige Gees aan hulle te gee net soos aan ons. (9)Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. (10)Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies ’n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? (11)Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.”

Handelinge 16

(3)Omdat Paulus vir Timoteus met hom wou saamneem, het hy hom besny. Dit het hy gedoen ter wille van die Jode wat in daardie gebied gewoon het, want hulle het almal geweet sy pa is ’n Griek.

Dit is baie duidelik dat Paulus vir Timoteus besny het, nie uit geloofsoortuiging nie, maar ter wille van ander. Dit is presies dieselfde beginsel as waarvan ons lees in 1 Korintiërs 10:24-33 waar ons in sommige gevalle nie vleis moet eet wat aan ’n afgod geoffer is nie.

Handelinge 21

(21)Hulle het gehoor dat jy al die Jode wat onder die heidene woon, leer om van die wet van Moses af te sien. Jy sou hulle geleer het om nie meer hulle kinders te laat besny nie en om nie die Joodse gebruike te onderhou nie.

Romeine 2

(25)Die besnydenis het waarde alleen as jy die wet van Moses onderhou. Maar as jy die wet voortdurend oortree, is jou besnydenis niks anders as onbesnedenheid nie.

(27)Ja, iemand wat kragtens sy afkoms ’n onbesnedene is, maar tog die wet onderhou, sal jou selfs veroordeel, vir jou wat met wetsvoorskrifte en besnydenis en al die wet oortree.

Romeine 4

(10)Wanneer het dit gebeur? Toe hy reeds besny was of toe hy nog onbesnede was? Dit was nie toe hy besnede was nie, maar toe hy nog onbesnede was. (11)Hy het die besnydenis as ’n teken ontvang. Dit is ’n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was. Die doel daarmee was dat hy die vader sou wees van almal wat glo al is hulle nie besny nie. Hulle word dus ook deur God vrygespreek deurdat hulle glo. (12)Ons voorvader Abraham sou ook die vader wees van dié besnedenes wat nie net besny is nie, maar ook glo, soos hy geglo het toe hy nog onbesnede was.

1 Korintiërs 7

(18)As iemand reeds besny was toe God hom geroep het, moet hy die teken van sy besnydenis nie ongedaan probeer maak nie. As iemand ’n onbesnedene was toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie. (19)Dit kom nie daarop aan of iemand besny is of nie, maar wel of hy die gebooie van God onderhou.

Galasiërs 2

(3)Hoewel Titus, wat saam met my was, ’n Griek is, is hy nie gedwing om hom te laat besny nie.

(12)Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis.

Galasiërs 5

(2)Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. (3)Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou.

(6)In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.

(11)Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat ’n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. (12)Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman!

Galasiërs 6

(12)Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik ’n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie. (13)Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het.

(15)Of ’n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ’n nuwe mens is.

Efesiërs 2

(11)Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. Van geboorte was julle heidene, en julle is “onbesnedenes” genoem deur dié wat hulleself “die besnedenes” noem, al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam.

Filippense 3

(2)Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; pas op vir daardie betekenislose besnydenis! (3)Ons het die ware besnydenis, óns wat God deur sy Gees dien, óns wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie.

(5)ek is op die agste dag besny, van geboorte ’n Israeliet, uit die stam Benjamin, ’n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ’n Fariseër,

Kolossense 2

(11)Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens.

Kolossense 3

(11)Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.

Doop vervang besnydenis

Kleindopers glo dat God ’n verbondsgod is en daarom het die doop die besnydenis vervang. Vir meer hieroor, kyk Die Bybel oor die doop.

Bewys teen evolusie

Die besnydenis is waarskynlik die beste bewys daarvoor dat eksterne faktore nie die mens se DNS kan verander nie. Vanaf 1896 vC word Joodse seuntjies besny en tog word alle nuwe Joodse seuntjies met voorhuide gebore. Kyk DNS kan nie deur eksterne faktore verander word nie.

Gesondheidsvoordele

Vandag is daar mense wat besny word omdat daar geglo word dat dit gesondheidsvoordele inhou.

1 thought on “Die Bybel oor die besnydenis”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui