Kleindoop hét betekenis

Jan Louw

Daar is baie mense wat beweer dat die kleindoop of verbondsdoop on-Bybels is en nie werklik kwalifiseer as ’n doop nie. Hulle beweer dat slegs die bekeringsdoop gesien kan word as doop. Hierdie gedagte strook egter glad nie met die volgende getuienis nie.

Een van die lede van ons Bybelstudiegroep was ’n onderwyser. Hy het in 1982 onderwys gegee vir ’n dogter van wie hy al vergeet het. Hierdie dogter is nou al ’n volwasse dame met kleinkinders. Noem haar maar Elsie.

Elsie ontmoet haar onderwyser na 4 dekades en sy vertel haar verhaal. Sy het swanger geword op skool en op aandrang van haar ouers moes sy met die man trou, alhoewel sy nie van hom gehou het nie. Sy het twee kinders by die man gehad wat sy gedoop het.

Elsie het by die okkulte/satanisme betrokke geraak. Een van die voorskrifte waaraan sy moes voldoen was om haar kinders te offer. Haar kinders het egter nie gekwalifiseer om geoffer te word nie omdat hulle gedoop is. Later het Elsie weer ’n kind gekry wat nie gedoop is nie. Daar is toe van haar verwag om die kind by ’n satanistiese ritueel te offer.

Hulle het vir haar ’n mes gegee waarmee sy haar kind se keel moes afsny. Met die mes in haar hand het sy gedink aan die woorde van haar onderwyser wat vir die klas gesê het hulle hoef nie vir die duiwel bang te wees nie. Op die ingewing van die oomblik het sy haar kind gegryp en met hom weg gehardloop.

Haar seun is vandag 32 jaar oud. Hy weet van alles en hy is ’n Christen. Elsie het nog die mes waarmee sy haar kind moes offer in haar besit.

Dalk kan ons by die duiwel gaan leer wat die krag van die bloed van Christus is. Onthou by die doop word die naam van die Drie-enige God oor ons uitgeroep. Die sakramente is defnitief nie net ’n teken nie, maar ook soos die Kategismus sê ’n seël waardeur die belofte van die evangelie beseël word. Die belofte is dat God ons vanweë die enige offer van Christus, wat aan die kruis volbring is, vergewing van sondes en die ewige lewe uit genade skenk.

Rosaria Butterfield

Rosaria Butterfield, wat voorheen lesbies was, skryf in haar boek, The Secret Thoughts of an Unlikely Convert, p 19-20, die volgende oor haar doop:

Rosaria, have you ever repudiated your baptism?

I said that I never thought about my baptism, not once. My mom keeps in a box the little white dress that she dressed me in and the church bulletin that announced my baptism. I knew my godparents, although I have never had a spitirual god centered talk with them about it. Why is my baptism important, I wondered. I was an infant. Again, it was not something that I chose but rather, it was an imposed symbol of my family culture and heritage

Hierdie gedagte dra op die ou einde by tot haar bekering.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui