Die doop in perspektief

Kyk ook:

Kliek HIER om die dokument “Die doop in perspektief” af te laai.

Boodskap van die outeur van “Die doop in perspektief”:

Tussen gelowiges wat in Jesus Christus glo, Hom bely as Verlosser en dus Sy dissipels/kinders is, is daar ’n haas-ongekende verskeidenheid van “verstane” rondom die sakrament van die doop. Dit het my vroeg reeds getref hoe verskillende Bybelgedeeltes aangehaal word om ’n spesifieke verstaan te ondersteun, sonder om die res van die Skrif in ag te neem. Mettertyd het ek besef hoe belangrik hierdie gesegde is: “Skrif verklaar Skrif”.

Oorweeg bv. hierdie vrae:

  • Johannes het met die doop van bekering gedoop. Waarom móés Jesus dan deur Johannes gedoop word?
  • Het Johannes enige heidene tot bekering en geloof in God gelei?
  • Kan die doop iets vir jou saligheid doen, of is dit net ’n teken?
  • Is jy verlore as jy nie gedoop is nie?

Daar is ook worstelinge en misverstande met verskillende vertalings:

  • Kan die doop jou sondige natuur wegneem? (Voordat u te haastig antwoord, sien asb. Kol 2:11&12 in die Nuwe Afrikaanse Vertaling van 1983 {NAV});
  • Maak die doop dat jy ’n nuwe lewe lei? (Sien NAV Rom 6:4.)
  • Kan ’n suigeling “glo en hom laat doop”? (sien Ou Afr. Vertaling 1933/53 {OAV} Mark 16:16.)

Hierdie verhandeling is nie om enige van my medegelowiges wat dit anders verstaan, aan te val of hulle integriteit te bevraagteken nie. Ek probeer om sommige van die kwelvrae waarmee ek self ook geworstel het, op te klaar en in perspektief te stel deur die lig van die hele Skrif (Ou en Nuwe Testament) op die onderwerp te laat val. Ek probeer om al die kleiner stukkies van die groter legkaart sinvol by mekaar te laat aansluit en inpas.

Ek bid dat hierdie studie vir u bo alles sal wys hoe God Sy beloftes volhardend nakom, en hoe Sy liefde, lankmoedigheid en genade die mens, wat Hy na Sy ewebeeld geskape het, agtervolg.

Groete

Gideon Aggenbag

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui