65 maak beswaar teen bevriesing van gay besluit

Kyk ook:

Hier volg die name van 65 teoloë in die NG Kerk wat ’n brief geskryf het aan die kerk se moderamen waarin hulle sterk standpunt inneem daarteen om die gay-besluit op te skort hangende die appèlle.

Onderteken deur teologiestudente, proponente, predikante, en teoloë van die NG Kerk:

(alfabeties gelys)

  1. Prop Willem Bakkes
  2. Ds Peet Bester (NG Kerk Franschoek)
  3. Prof Hendrik Bosman (Fakulteit Teologie, US)
  4. Ds Bianca Botha (NG Kerk Kuilsrivier Digtebij)
  5. Prof Julie Claassens (Fakulteit Teologie, US)
  6. Dr Murray Coetzee (Fakulteit Teologie, US)
  7. Dr Auke Compaan (NG Kerk Skuilkrans)
  8. Ds Dieter du Bruin (NG Kerk Mooivallei)
  9. Prop Magriet de Villiers (Fakulteit Teologie, US)
  10. Ds Riaan de Villiers (NG Kerk Grootte Kerk)
  11. Ds Calvyn du Toit (doktorale student, UNISA)
  12. Dr Leon Fouché (NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen)
  13. Dr Willem Fourie (Fakulteit Teologie, UP)
  14. Prof Alphonso Groenewald (Fakulteit Teologie, UP)
  15. Dr Frits Gaum (oud-redakteur van die Kerkbode)
  16. Prop Laurie Gaum (Sentrum vir Christelike Spiritualiteit)
  17. Jeanine Hepburn (teologiestudent, UP)
  18. Ds Liena Hoffman (NG Kerk Stellenbosch-Noord)
  19. Ds Erik Immelmann (NG Kerk Halfweghuis Midrand)
  20. Ds Plantjie Janse van Rensburg (NG Kerk Vosburg)
  21. Dr Chris Jones (Fakulteit Teologie, US)
  22. Prof Louis Jonker (Fakulteit Teologie, US)
  23. Willie Korb (teologiestudent, UP)
  24. Ds Henk Kotzé (NG Kerk Uitsig-Bloemfontein)
  25. Dr Manitza Kotzé (Departement Geloof en Teologie, UWK)
  26. Dr Niekie Lamprecht (NG Kerk Oos-Kerk)
  27. Dr Johan Laubscher
  28. Prof Jurie le Roux (Fakulteit Teologie, UP)
  29. Prof Christo Lombaard (Department Filosofie, Praktiese en Sistematiese Teologie, UNISA)
  30. Ds Eugene Malan (NG Kerk Port Elizabeth-Hoogland)
  31. Ds Nadine Maletzki (NG Kerk Alexanderbaai)
  32. Nadia Marais (Fakulteit Teologie, US)
  33. Ds Marius Maree (NG Kerk Welkom-Wes)
  34. Prof Sias Meyer (Fakulteit Teologie, UP)
  35. Dr Arno Meiring (NG Kerk Skuilkrans)
  36. Ds Liese Meiring (NG Kerk Skuilkrans)
  37. Prof Piet Meiring (Fakulteit Teologie, UP)
  38. Prof Johan Meylahn (Fakulteit Teologie, UP)
  39. Ds Ronel Meylahn (NG Kerk Universiteitsoord)
  40. Prof Julian Müller (Fakulteit Teologie, UP)
  41. Dr Retief Müller (Fakulteit Teologie, US)
  42. Prof Ian Nell (Fakulteit Teologie, US)
  43. Prof Nelus Niemandt (Fakulteit Teologie, UP)
  44. Prop Carike Noeth (doktorale student, US)
  45. Christian Oberholzer (teologiestudent, UP)
  46. Dr André Odendaal
  47. Prop Hennie Pienaar (Queer Christian Leaders Front)
  48. Prop Helgard Pretorius (doktorale student, US)
  49. Prop Wayne Renkin
  50. Ds Monty Sahd (NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen)
  51. Ds Rudolph Scharneck (NG Kerk Greytown)
  52. Marius Schoombie (teologiestudent, UP)
  53. Ds Sunelle Stander
  54. Ds Yolande Steenkamp (NG Kerk Lyttelton)
  55. Dr Charlene van der Walt (NG Kerk Maitland)
  56. Louis van der Riet (doktorale student, US)
  57. Prof Christo Thesnaar (Fakulteit Teologie, US)
  58. Prop Elzanne van der Westhuizen (NG Kerk Stellenbosch-Sentraal)
  59. Francois van Tonder (teologiestudent, UP)
  60. Ds Nina Müller van Velden (Fakulteit Teologie, US)
  61. Prof Danie Veldsman (Fakulteit Teologie, UP)
  62. Lulani Vermeulen (Good Work Foundation)
  63. Prof Pieter Verster (Fakulteit Teologie, UP)
  64. Prof Robert Vosloo (Fakulteit Teologie, US)
  65. Prof Cas Wepener (Fakulteit Teologie, UP)

In opsomming:

  • Fakulteit Teologie, UP: 12
  • Fakulteit Teologie, US: 12

Hier volg ook ’n koerantberig oor hierdie aangeleentheid:

‘Meer liefde in hof as kerk’

Deur Jean Oosthuizen, 28 November 2015 23:08

‘n Groot groep teoloë – onder wie die NG Kerk se voormalige moderator, prof. Nelus Niemandt – het nou tot die gaydebat in die NG kerk toegetree met skerp kritiek teen die kerkleiers vir hul hantering van dié kwessie.

In ’n skerp bewoorde brief beskuldig 65 teoloë en predikante die algemene sinode se moderamen (ASM) daarvan dat hulle die menswaardigheid van gay mense op ’n “skreiende wyse” aantas deur die algemene sinode se besluit te bevries.

Die groep bevraagteken of dit nodig is om die algemene sinode se besluit om gay predikante toe te laat om te trou, op te skort net omdat beswaarde lidmate appèl daarteen aangeteken het.

Die meeste van die NG Kerk se dosente aan die kweekskole in Pretoria en Stellenbosch het die brief onderteken. Verder is daar ook predikante van Gauteng, die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, en KwaZulu-Natal asook gay predikante en proponente, jong predikante en teologiestudente wat die brief onderteken het wat Vrydag aan die kerk gestuur is.

Hulle sê hulle neem die vrymoedigheid om direk aan die kantoor van die algemene sinode te reageer op “?’n besluit wat vir talle lidmate pyn en verontregting tot gevolg het”.

Hulle bevraagteken die kerk se regsmening dat daar “geen ander keuse was” as om die besluit voorlopig op te skort nie.

Volgens regsadvies wat die ondertekenaars van die brief ingewin het, is daar verskeie alternatiewe opsies wat die kerk kan oorweeg wanneer daar beswaar teen ’n sinodebesluit is.

Die NG Kerk se aktuarius, dr. Johan van der Merwe, het in ’n besprekingsessie by die Stellenbosse kweekskool toegegee daar is teenstrydige regsmenings oor dié saak.

‘n Senior advokaat met wie Rapport gepraat het, meen ook die moderamen se besluit is oop vir kritiek. “Ek weet nie waar hulle die gesag gekry het om die besluit te stuit nie.

“Die huidige grondwetlike bedeling steun swaar op die begrippe billikheid, regverdigheid en deursigtigheid.

“Is dit nie ironies dat daar meer liefde en respek vir mense in ons howe is as in die kerk nie?” het die regsgeleerde, wat om professionele redes nie geïdentifiseer wou word nie, aan Rapport gesê.

Diegene in die kerk wat ten gunste is van die algemene sinode se besluit oor gayverbinte­nisse, is ook woedend omdat die kerk nou, volgens hulle, “sensuur” toepas op die verdere bespreking van homoseksualiteit in die NG Kerk.

Hulle wys daarop dat ’n spesiale webwerf waar lidmate inligtingstukke kon aflaai en elektronies inteken om op die hoogte te bly van die proses, in opdrag van die kerk se leiers van die internet verwyder is hangende die appèlproses.

Dr. Retief Müller, verbonde aan die Stellenbosse kweekskool, het op Facebook geskryf sensuur en homofobie is gepaste bedmaats en in dié geval is daar beslis sensuur.

Die NG Kerk se algemene sekretaris, dr. Gustav Claassen, sê egter die inligting is van die kerk se webwerf afgehaal omdat die ASM as die liggaam wat die appèlle moet hanteer hom nie kan kontamineer nie.

“Hy kan nie ’n pro- of anti-standpunt propageer nie. Dit sou sy posisie kontamineer om as appèlliggaam op te tree,” sê Claassen.

Volgens die kerk se eie regsadvies kan die appèlle egter slegs deur die volgende algemene sinode hanteer word en nie deur die ASM nie.

Intussen stroom die besware van kerkrade wat teen die algemene sinode se besluit gekant is steeds in.

Rapport verneem daar is reeds meer as 80 sulke besware ingedien. Claassen sê hy hou nie telling van die besware nie. “Party gaan na die kerk se Algemene Taakspan Regte (ATR) toe.”

Die ondertekenaars van die brief sê hul besorgdheid is veel groter as die hantering van die algemene sinode se gaybesluit.

Hulle vrees dat die hantering van die gaykwessie ’n presedent in die NG Kerk skep wat kan veroorsaak dat besluite in die toekoms deur ’n enkele ontevrede lidmaat ondermyn kan word.

Hulle sê dit is hoogs problematies as besluite van die algemene sinode outomaties opgeskort word die oomblik as daar appèl aangeteken word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui