Legitimasie van diensleraars op 29 Maart 2021 – Stefaan de Jager vra omverskoning

Vir agtergrond oor hierdie Facebookgesprek, kyk Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021.

**********

Stefaan de Jager (op Facebook)

16 April 2021

LEGITIMASIE VAN DIENSLERAARS OP 29 MAART 2021

In ’n vorige plasing oor hierdie legitimasiegeleentheid, het ek met sekere opmerkings wat twee leraars tydens die betrokke diens gemaak het verskil. Dit is ongelukkig so dat die plasing soos `n veldbrand versprei het, soveel so dat dit in die media beland het en daarmee natuurlik ook die baie wanpersepsies wat daarmee saamgaan. Die Dagbestuur van die Kuratorium het met my kontak gemaak en hul ongelukkigheid uitgespreek dat ek nie eers met die Kuratorium oor die aangeleentheid gepraat het nie.

Ek besef dat ek die saak anders kon hanteer het. Ipv om dit op sosiale media te plaas, moes ek maar eers met die Dagbestuur van die Kuratorium daaroor gesels het, aangesien die twee leraars hulle ook daar moet kan verantwoord. Ek het die plasing dus verwyder en vra om verskoning vir die wanpersepsies wat hierdie plasing geskep het.

My bedoeling was nie om ds Thirion en dr van den Munchof verdag te maak of hulle te verneder nie, daarom vra ek hulle ook om verskoning as hulle dit dalk so mag beleef het. Al sou ek en die twee leraars nie oor alles saamstem nie, moet ons altyd persoon en saak van mekaar skei. Dit het vir my eerlik oor die saak gegaan, maar terugskouend moes ek hulle ook maar eers self gekontak en met hulle gesels het.

Ek is dankbaar vir die Dagbestuur van die Kuratorium wat my genooi het vir `n gesprek oor hierdie gebeure, asook oor teologiese opleiding in die algemeen. Ek het die uitnodiging met dank aanvaar en gevra of die twee leraars nie ook deel van die gesprek kan wees nie. Ek glo dat dit `n band kan lê wat groter is as ons verskille. Die toets is nooit of ons oor alles saamstem nie, maar of ons mekaar liefhet, al verskil ons.

Chris Visser

Ds Chris Smith se bydrae op Predikante Kollegas se Groep is belangrik in die debat…

Ons mis die punt. Die eintlike probleem!

Dit gaan nie in die eerste plek oor die twee leraars nie. (Hulle is vir die meeste onbekend)

Dit gaan oor ‘n bekommernis oor die Fakulteite en kerk leierskap (Hierdie funksie is tog deur hulle gereel)

1. Daar is nie meer vertroue in die teologiese fakulteite nie, omrede:
A. Hul werkswyse – hul ondersteun dikwels beleid wat strydig is met Sinode besluite.
B. Hul hantering van studente wat meer konserwatief is en by belydenisskrifte wil bly

2. Daar word blykbaar ook geleer dat jy nie die werklike fisiese opstanding van Jesus hoef te glo nie. Net dit wat verstandelik aanvaarbaar is, word erken (geen ruimte vir wonderwerke nie)

Wanneer hierdie probleem aangespreek word, sal mense weer vertroue kry en nie so krities na die funksionering van fakulteite kyk nie.

Daniel Louw

Chris, absoluut!!! Baie dankie vir hierdie toevoeging. Die kuratorium (deur Frederick Marais) het net weereens gewys dat daar ’n kloof is tussen ons en hulle. Ons het geen vertroue in hulle nie.

Pieter Cloete

Is dit nie maar ’n manier van die Kuratorium om mense wat van hulle verskil en probleme met by ons teologiese fakulteite uitwys, stil te maak nie? Stefaan, jy het geldige kritiek gelewer. STILMAAK GAAN NIE DIE DWALINGS LAAT VERDWYN NIE.

Daniel Louw

Stefaan, ek dink jy was te haastig. Hoe kan Frederick Marais nou vir jou sê dat jy eers met hulle in gesprek moes tree nadat hy reeds die twee dames in die openbaar verdedig het? Dit is hoekom jy dit in die eerste plek in die openbaar gedoen het. Stap 1 van Matteus 18 is reeds baie lankal verby in die NGK. Enige koffiegesprek met hulle sal ’n totale mors van tyd wees. Daar is ’n sekere vasgelooptheid tussen behoudendes en liberales in die NG Kerk. Hulle verkrag God se Woord en dan is hulle vreeslik vinnig om slagoffer te speel as hulle aangevat word.

Willie Du Plessis

Dit bly maar vreemd dat die Dagbestuur van die Kuratorium soos ’n soort koukus van ’n regerende groep funksioneer. Elkeen moet blykbaar in sy spoor trap en geen eie opinie oor die funksionering van die kerk uiter nie. Dit grens waarskynlik aan politieke dissipline.

Daniel Louw

Daar is nog iets wat ek wil sê:

Beide Melanie en Jana is op Facebook. Hulle kon baie maklik enige misverstand uitgelig het.

Melanie kan nie veel in haar verweer sê nie. Haar woorde: “dat God drie-enig háár verbond bevestig, of sý verbond, hoe jy dit ook al sien.” is baie duidelik en verder is dit ’n algemene tendens onder liberales om na God in die vroulike vorm te verwys.

Jana kon haarself maklik verdedig het en gesê het dat die prisma na die drie-eenheid verwys en die lig wat opbreek in verskillende kleure op ’n manier na God verwys. Sy kon gesê het dat sy nie bewus was van die konnotasie aan hindoeïsme nie. As sy sou lieg is dit op haar gewete.

HULLE HET EGTER VERKIES OM NIE IN GESPREK TE TREE NIE!

Mens kan redeneer of sosiale media die plek daarvoor is. My vraag is: hoekom nie. Ons leef vandag in ’n kultuur waar dit nie vreemd is om hierdie tipe gesprekke in die openbaar te hê nie.

Rheinier Nel

Wat vreemd opval is dat dit blyk dat die 2 dames betrokke die kura aangestel het pro bono as advokate???

Somerset Morkel

Die legitimering met die onBybelse teologie wat daar verkondig is, is in die openbaar op sosiale media versprei.

Wat in die openbaar gesê is, kan in die openbaar bespreek en weerlê word.

Stefaan de Jager moet nie te haastig wees on verskoning te vra nie – hoewel mens sy bereidheid daartoe kan waardeer.

Die enigste vraag in wese is of sy kritiek geldig was, wat dit wel was.

Die kuratore probeer nou intimideer.

Dit is die gevolg van hul gebrek aan toesig & die toelating van vals leer, iets wat nie van gister af kom nie.

Maar dit is goed dat mens die voortgaande geestelike verval in die NGK kan sien, sodat ander daarteen gewaarsku kan word.

Henk Zeeman

Die vraag is of daar geen uitgebreide geleentheid tot gesprek geskep kan word nie, veral rondom die kwessies wat hier ter sprake gekom het? Ek sou seker belangstel in so iets.

Daniel Louw

Henk, wat sou jy hoop om met so ’n gesprek te bereik?

SJ Theron

Daniel Louw die Afdwalers moet vasgevat word!!

Henk Zeeman

Daniel, ek is so pas terug gekeer in Suid-Afrika na lang verblyf as predikant in Nederland. Ek sou wou hoop dat ek nog iets van die ‘kinderlike’ vertroue in die Heilige Gees sou herberg. 🤭

Jan Louw

Henk Zeeman ek was onlangs betrokke in gesprekke met die kerkleiers wat by die legitimasie teenwoordig was. Ek het ervaar daar is in wesentlike sake geen gemeenskaplike grond tussen ons oor nie. Hierdie mense kyk met n ander oog na alles waarin ons glo en wat vir ons belangrik is.

Ons behoort aan dieselfde kerk maar teologiese gesprekke met hierdie mense is frustrerend en nutteloos.

Wolf Cilliers

Ek twyfel sterk of die kuratorium enigsins sou reageer as daar nie so groot reaksie op Stefaan se pos was nie.
Andere se reaksie op die legitimasie het nie so wyd getref soos Stefaan s’n nie en ek twyfel sterk of die kuratorium hulle gekontak het.

Dis nie die eerste keer dat sulke tipe reaksie oor uitsprake van dominees of lektore ontstaan nie. My gevoel is dat nie in een van daardie vorige gevalle eers met die kuratorium of watter betrokke oorsigtelike liggaam of kantoor gepraat is nie.

En selfs al sou Stefaan nou eers met die kuratorium gaan praat het en toe dié antwoorde by Frederik Marais gekry het as dit wat hy in die koerant gegee het dan sou dit nog steeds nie verhoed dat Stefaan dit te kon plaas op sy FB nie.

Hy sou ook kon byvoeg dat al met die kuratorium gepraat en dat x, y en z hulle antwoord aan hom was.
Nee wat, vir te lank is daar al te veel die nodige inligting van lidmate weerhou.

Ek onthou hoe n ander Marais, nl. prof Ernie Marais my vertel het hoe sy skrywe van kommissie notules van kommissievergaderings deur kerkleiers letterlik in die nag agteraf verander is as dit getik was om die volgende dag in die sinode te dien.

Voorts was die hele aangeleentheid in die openbaar en het die kuratororium of kweekskool dit boonop ook versprei op sosiale media. Daarom moet hulle nie verbaas wees as mense in die openbaar daarop reageer nie.

Chris Visser

Op die Predikante Kollegas groep word die gebeure ook op verskillende vlakke bespreek. Interessant en belangrik vir my is die bydraes van Ds Chris Smith daar.

Andries Louw

Ek het gemengde gevoelens hieroor. Adrio König het n boek geskryf getiteld “Die evangelie is op die spel” waarin hy grondige kritiek gelewer het teen sommige dosente op grond van wat hulle in die openbaar gesê het en op skrif in publikasies kwytgeraak het. Hy is toe deur die dekaan en kuratorium van UP se teologiese fakulteit opgeroep vir n gesprek waarin hy erg verkwalik is. Niemand weet egter hoe die gesprek verloop het nie, behalwe hulle wat betrokke was. Ek is seker daarvan hulle kon hom nie op enige stelling in sy boek verkeerd bewys nie en verder glo ek dat hy met groot vrymoedigheid vir die waarheid vd evangelie getuig het. Die vraag het egter by vele van ons in die lug bly hang: wat het hy verkeerd gedoen? Moes hy met elkeen vd dwaalleraars eers gaan praat het ? Om wat te bereik ? Sy bekommernis het gehandel oor heterodokse, onevangeliese en onbybelse uitsprake deur verskeie teoloë wat in die openbaar uitgespreek en/of gepubliseer is. Sy doel was om gewone gelowiges bewus te maak van die groeiende tendens by teoloè om af te dwaal en die rooi ligte aan te skakel. Die aandrang om liewer persoonlik te praat is in wese “n poging om debat en kritiek dood te smoor. Eknis egter oortuig dat Stefaan die geleentheid goed sal.gebruik om vir die waarheid te getuig en die dwaling weereens te bestry.

SJ Theron

Andries Louw moes die Kuratorium ni eers die “afdwalers” vas gevat het ni…nou is hy met God wat ons ten alle tye moet verheerlik met waarheid ….op die agterstoep!!!🧐

Stan Theron

As gewese lid van die kuratorium vir sondom ’n dekade het die dekaan en universiteit reelings getref buite oorleg met kuratorium gaandeweg aanpassings gemaak wat o.a. die kuratorium beperk het, soos die kuratorium al hoe meer die meer liberale nuwelinge se inloed en leiding aanvaar het ook op ander kerklike vlakke bemerk hoe die meer konserwatiewe studente, dosente en leraars eenkant geskuif word as probleme. Hulle het in daardie oogangsjare ook klaagtes onverhoord en overantwoords ontvangen blykbaar ignoreer. Hiervan is ’n bekende hooggeleerde in Brittanje ’n voorbeeld. Hoe meeer die kerk “kollegialisties” geneig het hoe minder het die eintlike kerk, seggenskap prys moet gee. Die verskeie moderators word deur kerk en pers nou gesien as “non-katolieke pouse” wat namens die hele gemeenskappe spreek en regeer. Kom ons vra hersien van die kerkorde (wat ’n soort wet word) hersien word in die lig van die Sinode van Dordrecht waar Gereformeerdes hulle internationaal eenheid gevind het. Ons hel met uiters-liberale en humanistiese Westerse persone en groepe heul verflou ons op baie vlakke, o.a. om die WOORD wereldwyd uit te dra – hieroor kon ek sedert 1975 al liries word – nou word baie van die kerklike werk sonder ring- of kerklike toesig gedoen o.a. die wonderwerke wat in verre Asi-e plaasvind, een hiervan is sigbaar by www.facebook.com/groups/601200737327882 (Foto swt Agelo se Moses in akl)
Kan ’n prent van buitelug wees

Chris Visser

‘n Goeie artikel om oor die onderwerp te lees. Is it biblical to refer to God as God the mother?

Twee uittreksels..?

God does not have literal gender, why does it matter if He is called Father or Mother? In brief, because God the Father is a biblical term (e.g., 1 Thessalonians 1:1), and God the Mother is not. The idea of “God as mother” usually comes to the fore when discussing issues of gender equality and gender roles as defined in the Bible. The Bible teaches that men and women have different yet complementary roles. Both men and women are made in God’s image (Genesis 1:28) and are equal before God, both in sin and salvation. However, God, for His own purposes, has designated men to be leaders in the home and church; and He holds men responsible for how they exercise their authority. Since God is the Ultimate Leader, His position is best conveyed in masculine terms such as Father and King (rather than Mother and Queen). God the Father and God the Son are both masculine titles, and the Holy Spirit is consistently referred to with masculine pronouns. God has revealed Himself as male, and He is referred to by male pronouns throughout the Bible. To call God “Mother” is unbiblical.

En

It is reported that a well-known Bible translator was approached by someone who felt that the translation he was working on should use feminine pronouns to refer to God. The translator asked if feminine pronouns should be used to refer to the devil as well: “Resist the devil and she will flee from you.” That rejoinder was not well-received.
Unfortunately, in our society many mothers do reflect the loving, caring, and providing nature of God better than fathers who have often failed to live up to their God-given responsibilities. Many people would testify that they have trouble with the concept of God as Father because they associate Him with their absent or abusive human fathers. The solution is to get to know God the Father as He really is, not to substitute Him with God the Mother.

Gerhard Potgieter

Stefaan de Jager – mooi so. En reg so. Maar jou verantwoordelikheid teenoor waarheid voor God as sy aangestelde dienaar moenie op die agterstoep land nie. Soos Luther gesê het of dalk nie – maar steeds waar. Hier staan ek! Laat my dink aan daardie teks – SOVER DIT MOONTLIK IS – lewe in vrede met almal. Laat weet my privaat hoe dit afgeloop het. Jy en jou rol soos God jou geroep het is belangrik en ek gee om. Vrede en maak mooi!

Jorries Jordaan

Gerhard Potgieter.. totaal onnodig om nou hare te gaan staan en kloof hieroor..

Gerhard Potgieter

Jorries Jordaan God het hieroor hare gekloof. Of jy nou daarvan hou of nie. Dit is die crux. Waar staan jy? Maar met respek – ek stel regtig nie belang om te weet nie. Die opinies van rasistiese regse Afrikaners en hulle conspiracy twak rakende enige i… Wys meer

Gerhard Potgieter

Jorries Jordaan Now just a further caution as you have made the mistake before. NEVER mention me in a comment or reply. I WILL use those opportunities to expose your heresy without fear or favour.

Giel van Zyl

Sterkte Stefaan, bid vir jou.

Stefaan de Jager

Giel van Zyl, waardeer dit, baie dankie!

Jorries Jordaan

Gerhard Potgieter hou jou opienie vir jou self en los maar die arrogansie niemand skrik vir jou nie. Gaan vang nou maar n koue stort… of dalk eers n haan.

Fanie Vermaak

Ek is nie ‘n teoloog nie, maar het volmondig saam gestem met jou beswaar Stefaan want jy was, en is reg. Ek is egter teleurgesteld dat iemand verskoning vra as hy die waarheid soos die Skrif ons leer verdedig het…

Pieter De Jager

Stefaan de Jager Maroela-media het ’n skrywe van ’n sekere Prof Kobus Kok van die Evangeliese Teologiese fakulteit in België geplaas betreffende jou kritiek op die prediking tydens die afgelope legitimasie plegtigheid. Ek sal graag jou kommentaar wil hoor op die prof se uitlatings. Ek glo hy is genader deur die Dagbestuur van die kuratorium. Of sal jy eers met die prof. en dagbestuur in gesprek wil tree voor jy n antwoord in die openbaar oorweeg?

Jorries Jordaan

Ek ken nie die detail nie maar ek glo na so mooi bewoorde brief is dit aanvaar. As bemarkings expert kan ek jou verseker sosiale media is ook maar net wat dit is… sosiale media of soos die engele se.. gossip.. en moet mense dit ook maar met n knippie sout vat en aanvaar waarvandaan dit kom.

Jaco Hanekom

Dis nou mooi Stefaan. Ek hou baie hiervan. Sterkte.

Karen Maré

As dit slegs om die saak gegaan het, hoekom dan hoegenaamd die leraars se name noem? Voel vry om jou opinie op facebook te lug oor God se geslagtigheid – dit sal wel more verdwyn saam met die res van die patriargale riool. Maar jou idee van “mekaar liefhet” is verwronge as jy nie eers ordentlik kan jammer se nie. “As hulle dit dalk so beleef het” impliseer hulle reaksie was die probleem. Die probleem is jy wat diensleraars se name noem, en hulle beskuldig van afgodery. Dis disrespekvol en getuig van adolessente konflik hantering.

Gert Badenhorst

Karen Maré en na wat klink hierdie verkleinerende diagnose van jou?

Pieter De Jager

Karen Maré ’n Saak sonder ’n persoon is soos ’n voorskrif van ’n psigiater sonder ’n pasiënt. Stefaan de Jager het as bybelse eksegeet, sy plig gedoen deur aan twee vroulike predikers hulle swak en onbeholpe skrifuileg uit te wys. Dit sou tot die verspreiding van kwaadaardige wanpersepsies onder ldmate lei. Die gemeentes moes daarvan bewus gemaak word.

Die saak waarom dit gaan en die persoon wat die saak na vore bring, kan nie geskei word nie. In die wetenskap van die teologie praat ons van die sinoptiese evangelies waar één saak deur verskillende persone belig word. Faan het een helder kant van die waarheid belig ooreenkomstig sy geaardheid en persoonlikheid. Profete van God sal altyd kwaadaardige vergroeisels in die liggaam van Christus moet uitwys wat soos kanker in die liggaam van Christus kan groei en dit by die naam noem: In hierdie geval, AFGODERY. Wanneer dit om die waarheid gaan moet geneesheer en pasiënt, saak en persoon, eksegeet en bybelbron, almal in volle lig gestel word.

Toesmeerdey en lief-jou-woordjies hoort nie by die waarheid wanneer lewe en dood op die kansel uitgewys moet word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui