In watter Bybel lees Johannes 14 dan so?

In watter Bybel lees Johannes 14 dan so? | Netwerk24

Deur Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

19 Mei 2021

Ek vind altyd prof. Nico Koopman se Godsdiens Aktueel interessant en insiggewend. Ek het dus met belangstelling sy skrywe (12.05) oor die Hemelvaart gelees.

Tot ek gekom het waar hy skryf: “Johannes 14 sê daar is baie woonplek in die huis van ons Hemelse Ouer”. Ons Hemelse Ouer? Regtig? Vanwaar hierdie nuwe Bybelvertaling wat van Hemelse Ouer praat?

My eerste gedagte was dat dit kom uit die nuwe 2020-vertaling waar die nuwe liberale, postmoderne teologie sy neerslag miskien al gevind het. Maar toe ek dit gaan naslaan, vind ek dit praat van “In die huis van my Vader is daar baie woonplek”.

Nou wonder ek of prof. Koopman vir ons kan meedeel uit watter Bybel hy Johannes 14 aangehaal het.

Of is dit miskien ’n nuwe liberale en postmoderne Bybel wat net by die Stellenbosse kweekskool gebruik word (vanwaar hy kom) en waarvan ons op voetsoolvlak nog niks weet nie?

Of is dit maar net deel van hierdie nuwe seisoen van dwaalleer en Bybel-verdraaiing om God te “ontgender” en by die moderne feministiese teologie in te pas?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui