Word ons Godsbeskouing só geïnfiltreer?

Vir die agtergrond, kyk Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021.

*********

Word ons Godsbeskouing só geïnfiltreer? | Netwerk24

Deur T.C. Breitenbach, Uitenhage

28 April 2021 05:00

Ons sou die menings oor God as vrou kon ignoreer as dit nie daarvoor was dat dit die Nuwe-Testamentiese waarheid daaromtrent ernstig aantas nie.

Dit is deur Jesus Christus self dat ons God as Sy, en ons, Vader leer ken.

Enkele voorbeelde: Hy leer Sy dissipels om in die gebed God as Vader aan te spreek. In sowel Getsemane as aan die kruis spreek Jesus God as Vader aan. Christus sê hy vaar op na Sy Vader en wys daarop dat in die huis van Sy Vader daar baie wonings is. Hy is bestem om langs Sy Vader op Sy troon te sit. In die Apostolicum verwys ons na God as Vader. Genoeg vir eers – daar is talle verdere voorbeelde.

Jesus bring groot duidelikheid oor die geslagtelikheid van God. Waarom dié pogings om Christus se getuienis te verwerp? Wat is dan die probleem? Ag ons Sy getuienis as onbetroubaar met onsself as beterwetend? Watter soort persoon ag hom-/haarself ’n Christen en twyfel oor Jesus se uitsprake?

Die verdagmakende twyfel oor God se geslagtelikheid as dié van ’n vrou of “heilige prisma” bring die protestant in ware Christene na vore. Tas ons nie met dié vals beskouings die eer van die Drie-enige God aan nie?

“New Agers” is aanhangers van die gewaande en okkultiese vrouegod (-in) Gaia. Word ons Godsbeskouing deur dié denke geïnfiltreer? Ignoreer gerus die twyfelsaaiers wat God as vrou voorstel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui