Ope brief aan Hennie Pienaar

Kyk ook:

Die moderator van die NG Kerk, Nelis Janse van Rensburg, se erkenning dat hy progay is (kyk Nelis Janse van Rensburg erken hy is progay), het ’n hele debat ontketen. In reaksie daarop het Chris van Wyk die brief My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte geskryf wat verdere bekgevegte veroorsaak het. In ’n Facebookgesprek het Hennie Pienaar iemand beskuldig daarvan dat hy ’n vrees vir homoseksuele mense het. Dit het André Bekker genoop om hierdie ope brief aan Hennie te skryf:

**********

Ope Brief aan Prop Hennie Pienaar

Dit is gepas om hierdie skrywe aan jou te rig in die lig van Kerkbode, 2 Oktober 2018, se artikel Hou By Waardes Van Seisoen Van Menswaardigheid, Vra Predikante.

Jy noem mense graag homofobies. Daarom wil ek jou gerusstel dat ek nie ’n oorheersende en sinlose vrees vir homoseksuele het, en hulle verseker ook nie haat nie. Hoe kan ek, terwyl ek self was waar jy steeds tans is, en ek jou wêreld verstaan en ken. Die Heilige Gees het my oortuig dat die wêreld waarin jy jou steeds bevind téén God en Sy gebod is. Dit het my tot bekering gelei en laat wegdraai van die sonde. Deur God se herskeppingswerk het Hy my ’n nuwe hart en begeertes gegee.

Nie alleen het God my georiënteerdheid tot dieselfde geslag verander nie, maar ook my georiënteerdheid tot die ouderdomsgroep na wie toe ek aangetrokke was. Jy sien, ek was ’n homoseksuele pedofiel. En God het ook daardie komponent van my oriëntasie kom verander. Net soos jy, het ek nie hierdie homoseksuele-pedofiliese oriëntasie gekies nie. Jy verwys mos graag daarna dat ’n mens se oriëntasie jou kern identiteit is.

Uit diep ervaring kan ek met jou gesels. Ek het empatie met julle en uit liefde sal ek jou en andere aan Jesus wil voorstel. Dis ’n liefdesdaad om jou teen jou verdorwe toestand en die ewige dood te waarsku. Hoe kan my bekommernis oor jou ewige bestemming, ’n onrealisties vrees vir jou wees? Hoe kan dit haat wees? Jy het die aktivistiese sosio-politieke agenda se ideologie, taktieke en taalgebruik aanvaar maar, jou siel in die proses verkoop. Wat baat dit jou om die hele wêreld te win maar aan jou siel skade te ly?

Vir lank het ek met die leuen geworstel, wat die samelewing mee geïndoktrineer word, dat ’n mens met jou spesifieke oriëntasie gebore word. Dit het daartoe gelei dat ek die navorsing begin bestudeer het. Groot was my verrassing toe ek ontdek dat biologiese oorsake nie deterministies van aard is nie. Ek wil aan jou die uitdaging stel om vir my die navorsingstuk te bring wat ONOMWONDE aantoon dat enige mens met sy spesifieke oriëntasie gebore word. Maar kom ek spaar jou die moeite. Jy sal dit nie vir my kan bring nie, aangesien dit nie bestaan nie.

Toe ek by die leuen van “so gebore en kan nie verander nie” verby kom, toe kon die Here met sy Herskeppingswerk begin. My identiteit het ek in Christus gevind en aan die opstandingskant van die kruis het lewe in oorvloed begin, en het ek gevind dat “die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus my vrygemaak het van die wet van die sonde en die dood.” Solank ek wandel na die Gees volbring ek nie die werke van die vlees nie. Al die eer aan die Here.

Hennie, as “liefde is liefde” vir jou geld, kan jy vir my een goeie rede gee hoekom dit nie ook vir ’n homoseksuele-pedofiliese oriëntasie geld nie? Mag so ’n persoon aan jou kerk behoort en sal hy deur jou aanvaar word of is jy homopedofobies?

Jy en Prof Jaun Nel reken daar is geen verband tussen homoseksualitiet en pedofilie nie. Nou verduidelik vir my wat gebeur dan in ’n homoseksuele-pedofiliese oriëntasie!? Het ek dit gekies? Was ek so gebore? Hoekom is jy selektief en is net jou eie spesifieke oriëntasie-samestelling aanvaarbaar en onder andere homoseksuele pedofilie nie?

Jy weet hoe julle progay persone (jy is mos bekend met jou mede-aktiviste soos Neels Jackson se standpunte) liefdeloos en onverdraagsaam is teenoor diegene wat as homoseksuele pedofiele identifiseer. Hulle is mos die “siese”, die skuim van die aarde.

Hoe nou gemaak? Hulle bestaan en wat moet met hulle gebeur? Is hulle in jou kerk welkom. Sal jy net so vir húlle gayregte in die kerk veg tot dit ook gedikriminaliseer is en nie meer as ’n afwyking gesien word nie ,of sal jy hulle soos melaatses behandel?

Hoe kan dit jou goedkeuring wegdra, as julle uitlatings hierdie spesifieke groepering homoseksuele mense seermaak en hulle tot selfmoord dryf, as julle hulle minag en nie respekteer nie, as julle hulle oordeel en liefdeloos teen hulle optree?

Uiteindelik moet julle erken dat Jesus na ons randfigure uitreik en wanneer ons Jesus ontmoet, sê Hy vir ons “daar is dan nou geen veroordeling meer vir die wat in Christus is nie. Gaan en sondig nie meer nie sodat iets ergers nie dalk met jou sal gebeur die.”

Die randfigure gaan vóór julle deur die noupoort wat na die ewige lewe lei. Voorwaar is daar min wat dit vind. Die smal weg van kruis opneem en Christus te volg. Die weg waar ek niemand – selfs nie my afgod van “ek, my en myself” bokant die Here Jesus Christus mag liefhê nie.”

Groete

André Bekker

2 Oktober 2018

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui