Wie is Dirkie van der Spuy?

Kyk ook:

Dirkie van der Spuy was voorheen by Moreletapark gemeente.

In 2008 het Moreletapark Johan Strydom afgedank omdat hy openlik gay was. Johan Strydom het egter Moreletapark hof toe geneem en die saak gewen (Kyk Gay wen teen kerk).

Tydens die 2015 Algemene Sinode is Dirkie van der Spuy as assessor (ondervoorsitter) verkies.

Na die sinode ten gunste van gays besluit het, het Moreletapark gemeente ’n duidelike besluit teen die gay-besluit ingeneem (kyk Standpunt van die Kerkraad van Moreletapark Gemeente oor homoseksualiteit).

Dirkie het egter ’n baie neutrale standpunt ingeneem in die pastorale brief en video wat deur die sinode uitgereik is (kyk 2015 NGK homoseksuele besluit en Nelis Janse van Rensburg en Dirkie van der Spuy oor die 2015 NGK homoseksuele besluit (10 Okt 2015)).

Kyk ook Nelus Niemandt kry wind van voor waar Dirkie maar redelik diplomaties was oor Nelus Niemandt se progay uitlating in Julie 2015.

Somerset Morkel het soos volg op Facebook gereageer op Dirkie van der Spuy se reaksie op die gaybesluit:

DIE NG-KERK AS LEUEN-KERK….MET ‘N SPYSKAART… 3,36 min

12 Oktober 2015

[Met mooi, demokratiese, slinkse keuse-taal en dualisme sommer ingebou…Die sleepsel van die slang is duidelik hierin..]

Die leuengees van die Satan soos dit in die NGK manifesteer is duidelik uit die video hieronder.

Mens is erg teleurgesteld in Dirkie vd Spuy (ex-Moreletapark NGK) sommer van die begin van sy mededeling op die video.

Hy dwaal ook, en erg so.

Hy weet van beter, maar hy het ingekoop in die kompromie-denke om van die NG Kerk ’n humanistiese mens-georienteerde ‘spyskaart-kerk’ te maak –

– mense kan kies wat hulle wil doen, “niks word afgedwing nie” en hy is “gemaklik daarmee”.

Mama mia!

Die kerk is nie veronderstel om ’n demokrasie met ’n spyskaart oor wat waarheid is vir wie, wanneer en hoe ookal nie, te wees en ‘navorsing’ (á la die nuwe moderator) te doen oor dinge wat in die Woord duidelik is nie.

Die Kerk moet die waarheid verkondig, anders is dit nie meer kerk van Jesus vd Woord nie –

– maar het ’n sosiale klub geword, ’n restaurant met ’n keuse op die spyskaart.

Hulle Jesus is ’n ‘ander Jesus’, en hulle evangelie is ’n ‘ander evangelie’ – sonder bekering, sonder oproep tot bekering voor die kruis van Christus.

Dit is akademiese taal in mooi ‘demokratiese’ woorde wat die leuengees weerspieel en wat God uitsluit en Sy Woord misken –

– asof daar ander opsies buite die Skrif (of selfs daarbinne) kan wees wat deur ‘navorsing’ ontsluit kan word.

Dis dwaling, ‘plein en simpel’ (om hierstaanek se woorde aan te haal by Die Algemene Sinode van 2015 besluit God is ’n leuenaar.)

Ek wou vir Dirkie van der Spuy ’n brief skryf om te vra waarom hy nie sommer net bedank het as Assessor toe die besluit deur die Algemene Sinode geneem is nie.

Ek hoef egter nie – hy het hier sy standpunt klinkklaar gestel – en dit is nie die standpunt van ’n man van die ware Christus wat by die Waarheid van God se Woord staan nie, soos hy voorheen gedoen het, toe hy nog ’n rots vir die waarheid was nie.

Die tragiek daarvan wil mens laat huil – omdat hy nou deelneem aan die misleiding weg van God se Woord af en mede-verantwoordelikheid vir die verdediging daarvan neem.

Hy is nou soveel ’n werk vir bekering terug na die ware Christus as wat die Sodomiete en Vrymesselaars in die NG Kerk self is.

*******

Later het Somerset Morkel ook ’n amptelike ope brief aan Dirkie gestuur: Ope brief aan Ds Dirkie van der Spuy

Dit lyk egter nie of Somerset se ope brief gehelp het nie, want ’n ruk daarna het Dirkie as assessor, weer op ’n video verskyn saam met die moderator, Nelis Janse van Rensburg, waar hy baie neutraal was oor die gay kwessie in die NG Kerk, terwyl gemeentes regoor die land sterk standpunt inneem teen die gay besluit (kyk NG gemeentes teen 2015 gaybesluit):

Nelis en Dirkie oor Missionale Transformasie, eenheid en ons pad met selfdegeslagverhoudings

In November 2016 is die besluit van 2015 omgekeer. Dirkie het in ’n epos sy dankbaarheid oor hierdie besluit aan ’n binnekring van mense gestuur. Die epos het uitgelek en vir die epos is hy erg gekritiseer deur die progays. Vir meer hieroor, kyk:

In Januarie 2018 het hy, Nelis Janse van Rensburg en Gustav Claasen in gesprek getree met die EFF ontvang NG Kerk ‘hartlik’ en praat oor landsake. Dit was, om die minste te sê, naïef.

Kyk ook

1 thought on “Wie is Dirkie van der Spuy?”

  1. Ai soos Paulus gese het – die skille moet eers van mense se oe afval.

    Jesus het gekom om liefde te gee: aan al die manne wat vroom in die kerk sit en ontrou is aan hulle vroue, aan die vroue wat geld bo geluk stel, aan die kindertjies wat verwaarloos is (van liefde) en hulle identiteit daardeur verloor…..ja Jesus het gekom om almal te red selfs die gay mense! En die fariseers hou vergaderings en verwerp die paar wat vir hulle will liefde offer………… Slegte situasie in die Afrikaanse kerke vandag

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui