Nelis Janse van Rensburg en Dirkie van der Spuy oor die 2015 NGK homoseksuele besluit

In die volgende video lewer die moderator, Nelis Janse van Rensburg en die assessor, Dirkie van der Spuy, kommentaar op die 2015 NGK homoseksuele besluit:

Algemene Sinode 2015 – Selfdegeslagverhoudings (10 Okt 2015)

Hier is wat Dirkie van der Spuy gesê het:

Kyk, daar is al by verskeie vorige sinodes standpunte geneem oor selfdegeslagverhoudings. Ek dink wat hierdie vergadering betref, het daar ’n volgende tree bygekom: dat daar openheid en ruimte is dat gay leraars ook nou in die bediening bevestig kan word en dat leraars betrokke kan wees by die bevestiging van ’n “civil union”. Dit is nie ’n huweliksbesluit nie. Met ander woorde, ek dink iets van ’n groter openheid na die selfdegeslagverhoudingsgemeenskap. Ek dink wat my gerusstel is juis die feit dat daar ook ruimte is vir kerkrade wat verskillend daaroor dink, wat die Skrif anders interpreteer, wat voel daar is nie ruimte vir ’n leier om in ’n selfdegeslagverhouding te leef nie. Daar is ruimte vir kerkrade om hulle eie praktyk te orden, hulle eie huisreëls saam te stel in die lig van die skrif soos wat hulle oortuig is en gewetens gerustheid daaroor het. Ek dink nie hierdie is ’n dwang wat mense van mekaar af wegstoot nie. Ek dink hier is wel ’n openheid gegee vir groter aanvaarding vir mense wat in selfdegeslagverhoudings wil lewe maar geen kerkraad word gedwing. Geen besluit word afgedwing op kerkrade wat maak dat hulle nie hulle eie beginsels soos wat hulle dit in die skrif sien kan handhaaf nie.

Dit is jammer dat Dirkie van der Spuy hierdie akkomoderende houding inneem oor homoseksualiteit. ’n Mens het gedink hy is behoudend.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui