EFF ontvang NG Kerk ‘hartlik’ en praat oor landsake

Die volgende artikel het op 19 Januarie 2018 op Netwerk24 verskyn.

Die drie van die NG Kerk is Nelis Janse van Rensburg, Dirkie van der Spuy en Gustav Claassen.

Dit laat ’n mens dink aan die gebeure aan Bloedrivier: die Boere het gedink hulle sou goeie verhoudinge kon bewerkstellig deur gesprekke.

************

EFF ontvang NG Kerk ‘hartlik’ en praat oor landsake | Netwerk24

19 Januarie 2018

Netwerk24

Julius Malema, EFF-leier, skud Vrydag hand met ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk se Algemene Sinode. By hulle is nog leiers van die EFF en die kerk wat ’n gesprek oor aktuele landsake by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, gehad het. Foto: Facebook

Leiers van die NG Kerk is Vrydagoggend “hartlik ontvang” toe hulle in Johannesburg met Julius Malema en ander lede van die EFF-leierskap vergader het.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, het na die gesprek gesê dis deel van die kerk se veldtog om met alle politieke groeperinge in die land te vergader. Die uitreikpoging het reeds verlede jaar begin.

“Ons wil kyk hoe ons betrokke kan raak by aktuele gesprekke, dit help fasiliteer en na watter rol ons kan speel om probleme in die land te help oplos. As kerk het ons ook belang by van die sake (wat bespreek is).”

Volgens Claassen het die gesprek Vrydag by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein gewentel om kwessies soos misdaad, armoede, korrupsie en geweld in die land.

“Ons is baie hartlik en in ’n goeie gees ontvang, en het standpunte met mekaar gedeel.”

Volgens Claassen was die doel met die gesprek nie publisiteit nie, maar welwillendheid en om mekaar beter te leer ken. “Ons wou ook weet wat die EFF meen die kerk se rol in landsake is.”

Claassen sê hulle hoop op latere opvolggesprekke met die EFF en ander politieke groeperings.

Die EFF se woordvoerder kon nie Vrydagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

5 thoughts on “EFF ontvang NG Kerk ‘hartlik’ en praat oor landsake”

  1. Totsiens NG Kerk. Jul het jul standpunt geneem sonder om enige lidmaat te ken. Die bybel leer ons om onderskeid te tref. Verraaiers

  2. Nie een predikant het destyds met die grensboere weggetrek nie. Dt klink amper asof die Vader hulle uit ons midde wou wegkry. En ek begin vandag al hoe meer besef hoekom.

  3. Wat se die NGK nou in 2023 nadat Malema gese het Hy is Christus? Gaan hulle hom weer besoek?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui