Genesis in die Chinese karakters

Dit is opvallend hoe baie Sjinese karakters ooreenstem met die gebeure in Genesis.

Dit is vir my ’n goeie aanduiding dat die Sjinese ook familie is van Noag en sy vrou, en van Adam en Eva – daarom dat daar soveel ooreenkomste is met hulle skryftaal en Genesis.

Mense wat skepties is kan seker sê dat dit niks bewys nie – die Jode in ballingskap kon dit van die Sjinese geleen het. Indien dit wel so is, wonder ek egter of die Sjinese nog daardie mites het. Indien nie, maak dit nie sin dat hulle hulle mites verloor het terwyl die Christene dit behou het nie.

’n Baie goeie manier om ’n Sjinees aan die Evangelie bekend te stel kan wees om die persoon te vra waar hierdie woorde vandaan kom en of hy/sy weet dat dit met die Bybel ooreenstem. ’n Vriend van my het hierdie vir ’n vriend gestuur wat sendingwerk in Sjina doen. Die volgende was die sendeling se reaksie: “Ek ken al van daai karakters en die storie agter dit. Dit is ’n oulike tool om die nuus vir ouens te verduidelik. My favourite is geregtigheid! Dryf die punt huis toe :-)”

Hier volg ’n paar voorbeelde:

Gees

alt + alt + alt + alt + alt + alt = alt

Hemel + Bedek + Water + Reën + drie persone + Towenaar (“worker of magic”) = Gees

(Heaven + Cover + Water + Rain + Three Persons + Worker of magic (or power) = Spirit)

  • Gen 1:2 Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

Die drie persone in die Sjinese karakter is baie interessant. Dit verwys heel moontlik na die Drie-eenheid.

Om te skep

alt
Stof + Praat + Lewendig + Loop = Om te skep

  • Gen 1:3 Toe het God gesê…
  • Gen 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het.

Hierdie dui aan hoe God geskep het – uit stof en deur te praat.

Tuin

alt
Stof + Asem + Twee mense + Omring = Tuin

  • Gen 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het.
  • Gen 2:25 Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie
  • Gen 3:23 Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit…

God het die eerste twee mense, Adam en Eva, uit stof geskep en hulle het in die tuin van Eden gewoon. Ons kan aflei dat die tuin omring was omdat God hulle later uit die tuin gejaag het.

Verbied

alt
Twee bome + God = Verbied/Waarsku

  • Gen 2:16-17 Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.“

Begeer

alt
Bome + Vrou = Om te begeer

Vrou + Geheim + Mond = Begin van sonde

  • Gen 3:6 Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.

Duiwel/Verleier

alt
Geheim + Man + Tuin + Lewendig = Duiwel

Duiwel + Bome + Bedek = Verleier

  • Gen 3:1 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?“

Agt + Persoon + Lewe + Vaartuig = Boot

  • Gen 8:16 “Gaan uit die ark uit, jy en jou vrou en jou seuns en hulle vrouens”

Dui duidelik op Noag se ark waarop agt mense was.

Toring

alt+alt+alt=alt+alt=alt+alt = alt

Mensdom + Een + Mond = Verenig + Gras = Onderneem + Klei (stene) = Toring

  • Gen 11:1 Die hele wêreld het net een taal gepraat.
  • Gen 11:3 Hulle het op ’n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.” Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.
  • Gen 11:4 Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons ’n stad met ’n toring waarvan die punt tot in die hemel reik… “

Hierdie herhinner baie aan die toring van Babel.

Regverdigheid

alt + alt = alt + alt = alt

Hand + Lans = my + Skaap = Regverdigheid

  • Openb 5:12 uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.“
  • “Regverdig” in Openb 15:4, 16:5, 19:2, 19:11.

In die Bybel word baie na Jesus verwys as die Lam wat geslag is en wat ook regverdig is.

Kyk ook

Chinese characters

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui