Wie is Harry Ironside?

’n Agnos het eenkeer vir Dr. Harry Ironside (1876–1951) uitgedaag vir ’n debat oor agnostisisme teenoor Christenskap. Ironside het gesê dat hy aan die debat sal deelneem mits die agnos die volgende twee mense sal saambring:

  1. ’n Man wat onder die invloed was van slegte gewoontes wat veroorsaak het dat hy ’n patetiese lewe gely het en wat soos handomkeer verander het nadat hy ’n agnos geword het.
  2. ’n Vrou wat karakterloos was, ’n uitvaagsel was, ’n swak selfbeeld gehad het en weggekruip het vir die samelewing. Nadat sy ’n agnos geword het, het haar lewe omgekeer, sy het gerehabiliteer en ’n goeie posisie in die samelewing ingeneem.

Ironside het belowe om 100 sulke mense saam na die debat te neem wat hulle lewens verander het nadat hulle Christene geword het.

Die agnos het toe besluit om nie verder aan die debat deel te neem nie.

English

An agnostic once challenged Harry Ironside to a debate on agnosticism versus Christianity. Ironside said that he would take part in the debate on one condition: that the agnostic bring the following two people with him:

  • A man who had been under the influence of destructive habits that had caused him to live a pitiful life, but whose life was dramatically transformed after becoming an agnostic.
  • A woman who had been immoral, a social outcast, suffered from low self-esteem, and had hidden herself from society. After becoming an agnostic, her life was turned around, she was rehabilitated, and she attained a respected position in society.

Ironside promised that he would bring 100 such people to the debate—people whose lives had been transformed after becoming Christians.

The agnostic then decided not to proceed with the debate.

********

Bron

  • Random Reminiscences From Fifty Years of Ministry, deur HA Ironside. New York: Loizeaux Bros., 1939.

Kliek hier om op internet te soek

1 thought on “Wie is Harry Ironside?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui