Wie is Harry Ironside?

’n Agnos het eenkeer vir Dr. Harry Ironside (1876–1951) uitgedaag vir ’n debat oor agnostisisme teenoor Christenskap. Ironside het gesê dat hy aan die debat sal deelneem mits die agnos die volgende twee mense sal saambring:

1. ’n Man wat onder die invloed was van slegte gewoontes wat veroorsaak het dat hy ’n patetiese lewe gely het en wat soos handomkeer verander het nadat hy ’n agnos geword het.

2. ’n Vrou wat karakterloos was, ’n uitvaagsel was, ’n swak selfbeeld gehad het en weggekruip het vir die samelewing. Nadat sy ’n agnos geword het, het haar lewe omgekeer, sy het gerehabiliteer en ’n goeie posisie in die samelewing ingeneem.

Ironside het belowe om 100 sulke mense saam na die debat te neem wat hulle lewens verander het nadat hulle Christene geword het.

Die agnos het toe besluit om nie verder deel te neem aan die debat nie.

Uit Challenge By An Agnostic To Debate Dr. Harry Ironside, Agnosticism vs. Christianity.

1 thought on “Wie is Harry Ironside?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui