‘Ons is ’n Belydeniskerk’: Weet die teologiese fakulteite dit?

‘Ons is ’n Belydeniskerk’: Weet die teologiese fakulteite dit?

In hierdie video gebruik Dubois getuienisse van teologiese studente wat by die NG Kerk se teologiese skole gestudeer het (kyk die bylaag hieronder).

Dit is baie duidelik dat die teologiese fakulteite (of kweekskole) nie net faal om goeie opleiding te gee nie, maar om selfs die geloof van baie studente te roof.

Dit is baie belangrik om te besef wie die vyand is. Dit is NIE die universiteite nie. ’n Mens kan nie enigsins verbaas wees oor die rigting wat sekulêre universiteite tans inslaan nie. Die vyand vind jy binne die geledere van die NG Kerk self. DIE VYAND IS DIE KURATORIUMS!!! Hulle is besig met verraad. Hulle moes al lankal ’n rooi vlag opgesteek het en gesê het dat die NGK opleiding ’n probleem is onder sekulêre universiteite. Ons vind egter die teendeel: die kuratoriums verdedig die teologiese fakulteite. Dus stem hulle saam met hierdie drogteologie. Kyk byvoorbeeld:

Op 7 September 2021 was Dubois in gesprek met Frederick Marais om hierdie aantygings te bespreek. Kyk Kommentaar: Dubois du Toit in gesprek met Frederick Marais wat ’n skakel na die Youtube video bevat en ook kommentaar lewer op hierdie gesprek.

Bylaag A: Getuienisse

Die volgende is uittreksels van getuienisse van teologiese studente wat in die video voorgelees word (kyk 20m44s):

01, 02, 03, 04, 05, 06, 07, 08, 09, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48

[01] Met hierdie in my hart, gaan studeer ek in die jaar 2009 teologie aan die hand van Universiteit van Pretoria, sonder enige wete van die stigma wat toe alreeds oor hierdie fakulteit geheers het. Groot was die ontnugtering, en soos ek hier sit, kan ek nie onthou presies watse professor wat gesê het of wanneer nie, toe ek uitvind dat die evangelie uit die Woord uit kom nie deur die mentors wat aangestel is, geglo word nie. Inteendeel verwerp word as kinderstories.

[02] Ek wou kwartaalliks opskop, want dit wat ek glo God in my hart geplaas het was aan gekrap en hamer, bevraagteken en tot as simpel beskou. Die maagdelike geboorte was uitgelag, die opstanding was gesien as iets wat ons nie aan kan vashou nie. Elke Bybel verhaal was daar ‘n duidelike vraagteken agter geplaas. So het Jesus stukkie vir stukkie vir my verdwyn.

[03] Ek het ‘n vriend gemaak wat dieselfde tyd as ek teologie geswot het, na die eerste 6 maande het hy opgeskop, en dit juis oor die. Die kerk het daardie dag ‘n ongelooflike predikant verloor. Omdat daar professore was wat met hulle liberale modder skoene oor iemand se heilige hart geloop het.

[04] Ek is hierdie jaar 12 jaar klaar studeer. As enige iemand my tans vra moet hulle gaan teologie gaan studeer, kan ek nie ander as om nee te sê nie, want is die seer en bevraagteken van elke deel van my wese die moeite werd vir enige iemand?

[05] Daarom treur ek vir my NG kerk. Die kerk wat ek so lief is voor. Want hoe het die gebeur? Hoe het ons toegelaat dat daar waar mense geleer moet word om die evangelie te verkondig gebombardeer word deur liberale teologie, die uitskeer van die Bybel en die “breinspoel” van studente? Hoe laat ons mense ons toekomstige predikante so vernietig?

[06] I, xxxx, went into Stellenbosch Theology Faculty at the beginning of 2017 with the hopes to grow closer to Christ, His Word and to be equipped for the ministry of the Gospel, yes, even to take this Gospel to the ends of the world. This however did not happen through the theology faculty (the Dutch Reformed Kweekskool) but rather was kindled through my attendance to our local church, daily time in God’s Word and the sanctifying power of the Holy Spirit. What I was met with at the Kweekskool was sorely disappointing. For three years straight, those of us who held to the fundamentals of the Christian faith (e.g., Penal substitutionary atonement, biblical inerrancy and the veracity of the resurrection of Christ) had to fight for our faith as we found many of our professors denying these things.

[07] Vir enige iemand wat nie Teologie geswot het deur Stellenbosch Universiteit in die laaste vier jaar nie, sal dit ‘n skok wees om uit te vind dat 80% van die fakulteit nie in die opstanding of maagd geboorte van Jesus glo nie. Meer skokkend as dit, glo amper almal in die fakulteit (student en lektore) dat homoseksualiteit nie ‘n sonde is nie, en dat seks voor die huwelik in meeste situasies regverdig kan word. Baie min eerstejaars sal saam stem wat gesê word in vierde jaar. Die fakulteit kry dit egter reg om in minder as drie jaar die studente se manier van dink so te kondisioneer dat daar feitlik geen beswaar gemaak word teen stellings soos “Queer teologie is n beter lens om die Ou Testament te verstaan, as die lense van teoloë soos Calvyn” in ‘n vierde klas nie. Daar is dus 3 hoof probleme wat ek kon identifiseer in my jare by die kweekskool – (1) Die materiaal wat aangebied word, (2) Die metode om studente te “brainwash” en (3) Die doel van die kweekskool.

[08] There is no doubt that the Kweekskool at Stellenbosch University is through and through liberal. They teach liberal theology and hold to liberal theological assertions. It must be stated from the outset that this is in fact a religion but a very foreign religion to historic Christianity and to the Christianity of the early church, the patristics, the great medievals, the reformers, the puritans, the Dutch divines and modern day evangelicals.

[09] Dit wat tans in die fakulteit aangebied word, sal meeste mense wat onbewus is oor wat aangaan ongelooflik skok. Ek sou dus waarsku, dat wie ook al hierdie lees, en nie weet wat vir student geleer word nie, hulself reg maak, want dit is meer as net dwaalleer, die materiaal is Godslasterlik.

[10] I was doing the BDiv programme at the Kweekskool but had such a shocking experience in second year Old Testament that I decided to change to a Bth in order to one less year. I am grateful to the Lord I am able to study my MDiv in the U.S. with just a Bth and I believe this is His gracious providence. Anyway, the teaching which left me shocked and appalled was that of a man names xxx.

[11] Na vier jaar se klasse in Nuwe Testament kan ek twee hoof redes identifiseer waarom die Nuwe Testament aangebied word – (1) Om ’n groep Akademici op te lei met koppe vol kennis, maar wat geestelik arm is en/of (2) Om ’n groep Dominees op te lei wat nie in sonde of die bonatuurlike glo nie.

[12] In my vierde jaar het ek besef dat die eintlike doel met die “Historiese konteks” in die fakulteit is om sonde te regverdig. “Homoseksualiteit is nie ‘n sonde nie want Paulus bedoel iets anders in sy konteks”. Die skeiding tussen ons konteks en die Bybelse konteks word so ver van mekaar af geskei dat feitlik niks in die Bybel meer van toepassing is op ons nie.

[13] Further, xxx said that Jesus isn’t in the Old Testament! How about that! The Word of God in Luke 24:27 says this: “And beginning with Moses and all the Prophets, he interpreted to them in all the Scriptures the things concerning himself.” Jesus, who is God, interpreted to the disciples on the road to Emmaus the things concerning Himself in the Old Testament.

[14] Die blote gedagte dat daar dominees opgerig word met hierdie tipe dwaalleer maak my ongelooflik bang vir die toekoms van die NGK. Sodra die goed wat ek gehoor het in my Ou Testament klasse, gepreek gaan word in kerke, gaan die NGK by die fondasies geruk word, totdat daar niks meer staan nie.

[15] Net soos in die Nuwe Testament departement is daar twee strome van denke in die Ou Testament departement. Aan die eenkant is daar dosente wat die geskiedenis van die “Ancient Near East” vir studente leer. En die rede waarom ek se ANE, is omdat daar meer uit die Apokriewe geleer word, as die Ou Testament. Dit het baie duidelik geword dat die Apokriewe en die OT op die dieselfde vlak gesien word – N historiese boek. Ek glo die Ou Testament departement is daar om die fundamentele oortuigings van student stelselmatig af te breek. “Die Bybel is net ‘n historiese boek, nie God se woord nie, dit beteken dus dat niks in die OT regtig gebeur het nie – Geen Adam en Eva, geen vloed, geen Rooisee, ens., ens.”. Hierdie tipe dwaalleer is weereens postmoderne denkwyse, en kan gevind word in die liberale teologie van Duitse teoloë in die 1900’s.

[16] We received readings in xxx about a gender-queer reading of the Old Testament and we constantly debated with xxx about the true meaning of the text and how xxx was reading her ideas of transgenderism and queer theology into the text. At the theology faculty you can make up any interpretation you want of the text as long as you don’t claim yours is the authoritative meaning of what the author was saying, then you get shunned to the side.

[17] Die ander groep binne in die Ou Testament departement is sonder enige twyfel die groep wat die meeste dwaalleer en Godslasterlike materiaal aanbied. Die groep gebruik feministiese en ander LGBTQ lense om die Bybel te lees, en verwerp sodoende meeste van wat die OT leer as patriargaal. In hierdie klasse is ons geleer hoe om die Bybel met ‘n “Queer lens” of ‘n postkoloniale lens te lees. Hierdie tipe lense soek “gemarginaliseerde” karakters in die Bybel en probeer vir hulle ‘n stem gee – want “God is aan die kant van die gemarginaliseerde en onderdrukte”. Hierdie klasse het elke “intersectionality” ondersoek en as “Bybelse Teologie” geleer.

[18] Prof. xxx: He believes one can be a Christian and still worship African spirits and ancestors and denies the sole mediatorship of Christ. Further, xxx believes we shouldn’t evangelize Muslims but rather ecumenize with them because we all worship the same God. He teaches missiology and in his class we never learnt about preaching the Gospel, evangelizing the lost or reaching lost and dying sinners for Christ.

[19] Omdat die kweek die evangelie nie beskou as kragtig en die enigste weg om mense te red nie, kan daar nie verwag word dat Missiologie enigsins mense leer om die evangelie te deel nie. Daar is baie van dieselfde “Social Justice Gospel” elemente in die eerste twee jaar van Missiologie. Maar die eintlike missie van die kweek deur middel van Missiologie is om Studente te oortuig dat alle gelowe op dieselfde vlak is, en dat Jesus nie die enigste weg is nie. Ek het dit in my derde jaar begin besef en in my vierde jaar is ek oortuig dat die Missiologie departement bestaan om studente te oortuig dat Islam (en ander gelowe) en Christendom dieselfde God aanbid.

[20] Maar daar word geen instruksies gegee oor hoe om die evangelie te deel met Moslems of Boeddhiste nie, dit word eintlik ontmoedig. In vierde jaar het ons leesstof bestaan uit argumente waarom alle gelowe dieselfde god aanbid. Daar is vir ons vertel dat Islam, Christendom, Boeddhisme, ens. Eintlik maar op dieselfde pad is na God toe.

[21] Dit [Sistematiese Teologie] was aangebied asof hierdie fundamentele doktrines van die Christen geloof opsioneel is en dat die kerk van ouds hierdie goed geglo het, maar dat die modern kerk nie noodwendig sulke doktrines hoef te glo nie. ‘n Mens kon ook optel dat die dosente nie regtig hierdie doktrines glo nie, en dat hulle bloot die klasse aanbied omdat hulle moes.

[22] There is a professor called xxx at the theology faculty who has a very charismatic personality and therefore many students are attracted to xxx. I remember xxx praying to God as ‘mother’ and encouraging students to stop reading theology and to read liberal philosophers like Charles Taylor instead.

[23] One of xxx (including a few other students) hardest times at the theology faculty was with our encounter with xxx. xxx is relatively new at the Kweekskool, but xxx is probably the worst heretical teacher of them all. I do not use the word heresy lightly. I affirm God’s sovereignty in salvation, yet I do not think my Arminian brothers are ‘heretics.’ Heresy is a belief which will damn one’s soul to eternal condemnation. Heresy is holding to a belief which is so wrong that it will lead one to hell. Heresy does not refer to minor disputes within evangelicalism such as whether women can be deacons or not or even whether one holds to infant or believers’ baptism. Heresy is holding to a belief that denies the fundamentals of the faith which ought to be held in order to receive salvation.

[24] In our very first class with xxx, xxx wrote on the board: Jesus ≠ The Logos. xxx told us that Jesus is not the Logos (or Word of God). Rather, Jesus was merely a man who only became the Christ when he was baptized at the Jordan. Jesus, xxx said, shows us how we can all be inhabited by the Christ which is a divine spark.

[25] Die ander groep binne in die Nuwe Testament departement verteenwoordig ‘n groep binne Nuwe Testament studies wat bekend staan as die “Jesus Seminar”. Mense soos John Dominic Crossan en Bart Ehrman is groot voorstanders van hierdie tipe teologie. Ek het dus in my derde en vierde jaar stellings gehoor soos “Jesus is nie God nie”, “die opstanding is nie waar nie”, “die maagdgeboorte het nooit gebeur nie”.

[26] Further, xxx gave us readings by New Testament scholars who read the Bible through a stoic Gnostic lens. They view the Holy Spirit not as a person, such as the Bible proclaims, but as a divine spark inherent in the material universe. xxx also told us to never get into a pulpit, said God is not Almighty, denies the NT speaks of the divinity of Christ.

[27] On top of Gnosticism, xxx teaches that Jesus was merely a creature and was created by God. xxx even personally told me that xxx thinks it is idolatry to worship Jesus as God! This is blatant Arianism, an early church heresy condemned at the council of Nicaea, which teaches that Jesus was created by God before all ages.

[28] Further, Prof. xxx: Calls the Holy Spirit ‘it’ because xxx is scared of offending those who see the Holy Spirit as the ‘daughter’ in the Trinity. xxx believes you can assign whatever pronoun you want to God even though the Holy Spirit is described as a Person and also the ‘Spirit of Christ’ in the NT.

[29] xxx, xxx, believes in the universal fatherhood of God and the universal brotherhood of man. This is a classical belief in the liberal religion – that we are all children of God and that all religions lead to the same destination. Thus, we need not unify over truth but over our common ‘faiths.’

[30] Die een groot probleem wat ek met Praktiese teologie gehad het is dat studente nooit geleer is om te preek nie. Dit is baie kommerwekkend omdat meer as 90% van my klasmaats in die bediening ingaan. Die swak eksegetiese metodes wat geleer is in NT en OT gepaard met ’n gebrek aan homeletiek los my met geen ander gevolgtrekking as – dat die kweekskool geensins bestaan om die kerk te verryk met opgeleide dominees wat die Woord van God kan lees en preek nie.

[31] Die tweede probleem met Praktiese Teologie wat ek kon identifiseer is dat meeste van die dosente glo in die “Social Justice Gospel”. Hierdie oortuigings is wat meeste van die dosente dryf om die “evangelie uit te leef”. Dit is uiters problematies om goed te hoor soos “dit is eenvoudig nie genoeg om die evangelie te preek nie” of “sonder sosiale verandering beteken dit niks om die evangelie te deel nie”. Hoewel ek saam stem dat daar ‘n praktiese deel is aan om die Here te volg – hy roep ons immers om ons naaste lief te he. Glo ek nie dat die evangelie niks beteken as dit nie gepaard gaan met sosiale verandering nie.

[32] In my vierde jaar het ons in ons Geskiedenis klas dieselfde sê goed gehoor as wat ‘n mens by ’n Rhodes must fall of BLM optogte sou kon verwag. Dat Geskiedenis deur die witman geskryf is en dat ons Geskiedenis moet “decolonize”. Hierdie sentimente is die fondasie van Critical race Theory se oorlog teen geskiedenis en dit is hartseer om te sien hoe die teologie fakulteit vir sulke goed val.

[33] Ek het ook gehoor dat die kurrikulum verander is met betrekking tot inhoud van kerk geskiedenis. Eerste en tweede jaars leer nie meer oor die eerste kerk of die Reformasie nie. In hul pogings om kerkgeskiedenis te dekoloniseer het die fakulteit besluit om eerder Afrika kerk geskiedenis aan te bied – Wat dit ook al beteken.

[34] Before I close, a final word must be said about the confusion over gender and homosexuality in the theology faculty. It is far worse than many people think. There have been people who have gone into the theology faculty and have been persuaded by their peers and others (Professors?) that they are gay or queer etc. The theology faculty sees this as a form of fighting for ‘justice’ in this day and age.

***

[35] Op Twitter:

Julie Claassens: “One of the best students I’ve ever had. So proud.

Ashwin Thyssen: “Bible Trouble was my first intro into queer theology. I was doing Old & New Testament 234 (Gender and Bible), with Julie. That course changed my life. One of the best decisions I made.

Op Facebook het Peter Nagel ook vir Ashwin geluk gewens met: “Congratulations, Ashwin…great to have you on board!

***

[36] Die vraag op meeste lesers se lippe teen die tyd sal ongetwyfeld wees “hoe kry die fakulteit dit reg?”. En dis is ‘n vraag wat ek konstant moes vra in my vierde jaar. Hoe kry die fakulteit dit reg dat niemand meer geskok is as daar gesê word dat Jesus se opstanding het nooit gebeur het nie, of dat ons nou ‘n Queer lens moet gebruik om die Ou Testament te verstaan, of selfs dat Jesus en Mohammed na dieselfde God verwys. Die antwoord op hierdie vraag is dat die Kweekskool se metode van “brainwashing” uit gedink en verfyn is oor die jare. Die leser sal agterkom dat ek verwys na my eerste twee jare by die kweekskool en dan my laaste twee jare, asof my tyd by die kweek in twee verdeel is, en dit is amper so. Daar is ‘n duidelik skuif in wat gesê en geleer word van ‘n mens se derde jaar af, in vergelyking met die eerste twee jare. Die beste voorbeeld wat ek hiervoor kan gee is die padda in die pot water.

[37] Onverdraagsaamheid: Die tweede metode wat die kweekskool gebruik om hul ideologieë en liberale teologie af te druk op studente is onverdraagsaamheid. Ek het hierdie metode eers in my finale jaar besef, siende daar gereeld vir ons gesê is dat almal se opinies verdra word en dat almal se mening as gelyk beskou word. In die eerste paar jaar van my studies het ek goeie punte gekry vir my take en toetse, alhoewel ek nie altyd saam gestem het met die werk nie, en ek het nooit gevoel asof ek gepenaliseer word vir wat ek glo nie.

[38] In my vierde jaar het ek egter punte verloor vir my geloofsoortuigings en in sommige gevalle is daar vir my gesê dat ek nul sou kry indien ek weier om van die take te doen op die voorgeskrewe maniere.

[39] Dit het baie duidelik geword in my finale jaar dat die verdraagsaamheid wat ek gesien het in my eerste 2 jare by die kweek ‘n fasade was, en dat teologieë en idees wat nie saam stem met die liberale agenda van die kweek nie, verwerp en bespot word.

[40] Daarom treur ek vir my NG kerk. Die kerk wat ek so lief is voor. Want hoe het die gebeur? Hoe het ons toegelaat dat daar waar mense geleer moet word om die evangelie te verkondig gebombardeer word deur liberale teologie, die uitskeer van die Bybel en die “breinspoel” van studente? Hoe laat ons mense ons toekomstige predikante so vernietig?

[41] Hierdie verwerping en bespotting het van die lektore af geloop na my medestudente toe. Ek kan aan honderde kere dink wat ek uitgejou of verwerp is as gevolg van stellings soos “Jesus is die enigste weg na God” of “Ek dink nie dat die swartbewussyns beweging waarde tot die verstaan van die evangelie in Suid Afrika voeg nie”. In my finale jaar by die kweek het ek ’n handjievol vriende gehad, nie omdat ek ‘n introvert is of omdat ek nie met my medestudente wou vriende wees nie. Ek is verwerp en gebrandmerk as ‘n radikale konserwatiewe Christen, en dus moes ek vermy word.

[42] So waar het dinge verkeerd gegaan? Dit is my mening dat die kweekskool se grootste fout was om nie meer as die Kerk se fakulteit gesien te word nie, maar eerder die Universiteit s’n. Die dag wat die Universiteit se mening en sê meer gewig gedra het as die kerk s’n, met betrekking tot wat geleer word, het die kweek sy Bybelse fondasie verloor.

[43] Ek het vroeër genoem dat daar twee tipe studente gevind kan word in die kweek – die groep wat wil preek in die kerk en die groep wat wil navorsing doen en die akademiese rigting wil volg. In vorige jare is die opbou en heiligmaking van God se kerk as die hoofdoel van hierdie twee groepe gesien. Dit is immers die doel van enige teologie fakulteit – om die Here te dien, deur die Here se mense op te lei. Die kweek het vir jare die opbou van God se kerk as hoofdoel gesien, Dominees is opgelei om te preek sodat God se mense kon groei in die Woord. Diegene wat in die Akademiese rigting wou gaan, het so gemaak met die oog om die kerk te dien met hulle intellektuele gawes. Die kweekskool het hierdie visie heeltemal verloor, die kerk is nie meer die doel nie, omdat die kerk nie meer ‘n plek het in die teologie fakulteit Stellenbosch nie.

[44] Ek kan dit met sekerheid sê, want na vier in die kweek sou ek nie geweet hoe om die Bybel te lees of hoe om te preek, as ek nie selfstudie gedoen het nie. Daar word baie goed gekweek maar jong bome wat God se woord getrou preek is nie een van hulle nie.

[45] If there are any true believers in Christ and the Gospel at the theology faculty who are Professors, my question to them is this: how can you continue to yolk yourself to those who teach things which could lead people into an eternity apart from Christ in hell? I call on you to leave and to help further the cause of Christ and the Gospel elsewhere in these important times.

[46] If we truly love God and the Bible and we believe that man is saved by grace alone through faith alone in Christ alone, how could we send anybody to the Kweekskool to be corrupted by doctrine which may lead them and others to eternal condemnation?

[47] writing my testimony concerning this faculty because I believe eternal life is at stake and this is the most important matter in the whole world. How can we be okay with allowing people to study under a type of theology which will keep them and others from life eternal? I can see nothing more unloving than this.

[48] Al doen die kerk ‘n goeie werk om die wat buite is te bereik en om plek te maak vir elke persoon, is ek bevrees ons het soos die profeet Jesaja sê, ons silwer het lood geword. Was ons bier nie met water bederf nie? Want ons het toegelaat dat die wêreld bepaal hoe ons as kerk leef terwyl dit presies anders om moet wees – die kerk moet bepaal hoe die wêreld leef.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui